Knysna-brand: Gesin sterf toe hulle vlug

Tony, Madré en Michael Johnston. Foto: Facebook

Die polisie het bevestig die drie mense wat Woensdag in die verwoestende brand in Knysna gesterf het, was ʼn jong egpaar en hul seuntjie.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se honde-eenheid is omstreeks 11:50 na die toneel tussen Sedgefield en Karatara ontbied. “ʼn Man, vrou en kind se liggame is in die veld ongeveer 50 m van hul woning aangetref. Dit lyk asof die drie mense probeer het om van die brand te vlug, maar toe deur die rook en vlamme oorval is,” het Pojie gesê.

Hy het gesê die gesin se huis en voertuie is heeltemal in die brand verwoes. Volgens Pojie was die man 30 jaar oud en sy vrou 28.

Pojie wou nog nie die oorledenes se name bevestig nie. Hulle is egter intussen op sosiale media as Tony en Madré Johnston en hul seun, Michael, geïdentifiseer. Pojie het gesê die voorval word deur die polisie ondersoek. Hy het gesê die polisie is bewus van bewerings dat die vrou swanger was, maar het gesê dit kan nog nie bevestig word nie.

James-Brent Styan, woordvoerder van die minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, het Donderdagoggend gesê daar word humanitêre steun aan tussen 8 000 en 10 000 inwoners van die groter Knysna-gebied gegee. Hy het gesê die woonbuurte wat die ergste deur die brande geraak is, is onder meer Brenton-on-Lake, Brenton-on-Sea, Knysna Heights, Brakenhill, Belvedere Heights, Greenfield, Eastford en Jood se Kamp. Volledige evaluering van die skade word deur die loop van die dag gedoen.

Teen laat Donderdagoggend was brandbestryders steeds besig om die brand te blus. “Berigte van sommige mense wat ontruim is wat besig is om na die ontruimde gebied terug te keer, is ʼn saak van kommer. Dit word nie aanbeveel nie en plaas ekstra druk op die nooddienste wat tans op die toneel besig is,” het Styan gesê. “Inwoners sal in kennis gestel word wanneer dit veilig is om na die gebiede wat vroeër ontruim is, terug te keer.”

Styan het gesê die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit het intussen bevestig ongeveer 827 informele behuisingstrukture is tydens gister se storm verwoes. Humanitêre steun word aan 2 502 mense oor die hele munisipale gebied gegee. Daar word ook tans aandag geskenk aan die verskeie kragonderbrekings in die stad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Anton ·

…ai…sterkte aan almal…en dankie vir al die mense wat help…

Leeutjie ·

Ek is sommer lus en bars in trane uit!! Hierdie berig en al die moorde wat deesdae gebeur is net te erg!

Denker ·

Leeutjie- dit is alles die wonderwerke wat oom Angus beloof het wat na sy biddag sal volg!

Stella ·

Dis nou tragies,siestog om so dood te gaan moes erg gewees het,,wonder wat het deur die ou seuntjie se kop gegaan daai vreeslike oomblik,hy het nie verstaan wat aan die gang is nie! Baie jammer om soiets te hoor

Lou ·

Baie jammer … op die foto lyk hulle baie gelukkig. Pragtige mense.

Hannetjie ·

Genade maar dit is sad…Wat n pragtige gesin om so te moet sterf. .mens kan net wonder Wat die verskriklike brande veroorsaak het. .RIP

Marietta ·

Brandstigting. 4 manne is op heterdaad betrap in Mosselbaai en PE met 5 liter petrolkanne

natashia ·

Innige simpatie aan ieder en elkeen wat geraak is deur die wrede vlame. Baie hartseer van die jong gesin dis verskriklik om te dink wst die arme gesin moes deur maak.

Adrie Hoffmann ·

Dis so hartseer – omdat my beste vriendin daar naby bly en ek kontak met haar hou besef ek hoe angsbevange die mense moes wees, dis net verskriklik!

JK ·

Mense moet minder worry oor Zille se skorsing en meer na die brande en mense rondom dit aandag gee war daar lewensverlies is van oud en jonk.
Ons dink aan hulle almal en bed vir hulle.

Sjoe ·

Trane trane trane, sterkte aan jul familie, sjoe dit is hartseer.

JK ·

Jammer vir spel foute – moet wees waar daar en bid vir hulle

Amanda Owen ·

Watter tragiese storie – daar is nie woorde om die geliefdes te vertroos….. Mag Vader julle styf in SY arms toevou xxx

Emma Van Der Merwe ·

My skoonsus, Madré Johnston was ongeveer 8 maande swanger met n pragtige baba seuntjie. Michael Thomas Johnston sou gister sy 3rde verjaarsdag gevier het. Madré het reeds vroeg oggend bure gewaarsku van die brand en planne vir ontruiming gemaak. Min het ons geweet hulself sou nie dit uitmaak nie. Die bos en natuur was hul lewe. As Siviel ingenieurs het beide self aan hierdie huis van hul gebou. Ons familie het die mooiste juwele verloor en gaan hul vir ewig mis.

Nanette ·

Ai, my hart breek! Mag Jesus sy vrede en liefde oor jou en julle familie uitstort en vir julle troos bring. Baie sterkte.

Pat Allen ·

My innige simpatie! Ervaar pyn om te dink dat hierdie mooi egpaar so vinnig deur die vlamme oorweldig was. Bid vir reën vir die hele omgewing. Here ons weet dat die prins van hierdie wereld is verantwoordelik. Hy het gekom om te steel, slag en beroof. Jesus, help asseblief.

Heila Lutske ·

My innige simpatie met jul almal met die verlies van so n mooi gesin.

Marieta Voges ·

My hart gaan uit na julle familie, ek bid vir vertroosting vir julle in hierdie hartseer tyd.

Gerda ·

Dit is baie tragies. Sterkte aan al hul geliefdes. Mag Jesus jul versterk en vertroos.

Tamsyn ·

My inninge simpatie aan jou en ook die rus van julle familie baie baie sterkte :-( hou julle in ons gebede

Deon Koen. ·

Ons innige simpatie aan jou en die familie, Emma van der Merwe.

Ander Annie ·

My innigste simpatie aan julle. Dit is onbeskryflik hartseer en tragies. Baie sterkte.

Petro ·

Emma ek is so innig jammer vir julle verlies. Sterkte aan julle deur hierdie moeilike tyd.

Peanut ·

Baie baie sterkte vir jul in hierdie hartseer tyd mag Jesus jul vas hou en vertroos. Rus in vrede Tony, Madre en Michael baie hartseer arme mense

Myrna Nortje ·

Pragtige gesin en mense. Absoluut tragies. Harte gaan uit na hul naasbestaandes.

Nettie ·

@Emma, my hart breek vir julle en die trane drup sommer so op my hande soos ek sit en tik. Mag God jul gesin en familie, asook Madré se gesin, vriende en familie veilig toevou in Sy groot hande van genade. Mag julle vertroosting vind in die woorde van so baie wat saam met julle rou. Dit is so hartseer en dit moes ‘n baie wrede dood gewees het om te sterf … ‘n Mens verstaan nie altyd die vrae en die seerkry in die lewe nie, maar ons sal seker eendag die volle prentjie sien. ‘n Pragtige gesin is geheel en al uitgewis. Mag julle berusting en aanvaarding vind …. dalk nie nou nie, maar eendag … Weet dat daar ‘n hele gemeenskap is wat aan julle dink en wie vanaand vir julle sal bid, al ken ons julle nie eens persoonlik nie.

nicci.doula ·

Emma, ek het nie woorde nie. My hart huil saam. Baie sterkte! x

Andrea ·

Dis verskriklik! Ek is so jammer vir julle! Ook vir almal wat deur die brand geraak word, mens en dier en pragtige woud.

Hilary ·

My sincerest sympathy at this tragic loss of an entire family. May your family be granted peace at the knowledge that they are all together ?

Vreeslik ·

Nettie ja dit is absoluut hardseer en n wrede dood. Plaas hy vat sy groot hande en doen iets sinvol ipv sulke onverstaanbare wreedheid en smart.

Willem Grobler ·

Wat ‘n verskriklike verlies! Ek het nie woorde nie – alles wat ek wil sê klink so ontoereikend …

Zelda Smith ·

Baie jammer vir julle verlies… Mag God julle die Krag gee vir wat voorle.

Annaline Hendrickse ·

My innigste simpatie aan die families wat geliefdes verloor het tydens die brande. Mag God julle trooster wees.

Johanna ·

Dis ongelooflik hartseer. ongelooflik. RIV pragtige mensies. Diepste simpatie met familie en vriende.

Elsabe ·

So tragies en hartseer. Alle simpatie aan die familie. Ek kan my nie indink waardeur die familie moet gaan nie. Mag die Here julle bystaan met die seer.

Hartseer ·

O liewe genade daar is nie woorde nie. My hart gaan uit na almal wat geraak is deur die vreeslike ramp.

Jorrie Jordaan ·

Ai! So tragies dat 3 jong mense in die fleur van hul lewe hul lewens moes verloor.
Innige simpatie en sterkte aan die families !

m ·

Wat n tragedie. Sterkte aan die familie wat dit moet probeer verwerk.

Tamsyn ·

Western cape has been Hit with a storm as well as fire in the past few days .My Prayers go out to all affected and to all volunteers , firefighters , medical personnel , disaster management teams ect assisting families in this Blaze (Knysna & surrounds) as well as in Cape Town with the Storm that hit :-( ! I’m devastated by the loss of this beautiful young family my condolences to there families this is heartbreaking

Nettie ·

@Tamsyn – the worst seems to be over, weather-wise. It is just the aftermath and extreme temperatures that we have to clean up and bear with – in Worcester, a lot of structural damage was suffered (as in many parts of the W-Cape), but our municipality are cleaning up at neck-break speed. My hat off to all of those who assisted last night with evacuating people, kerbing damage and today with the cleaning up process, as well as to those brave fire fighters in Knysna, Plett and surrounding areas, attempting to fight that terrible blaze. To everyone reading here, I am pleading: donate money, non-perishable food stuffs, clothing, water, housing/under-roof where and when you can. Contact your local municipal offices – they’d be able to assist with details. And please, DO NOT forget the pets and animals that were also affected: they also need food, blankets, shelter – whatever you can give. I know some supermarkets have jumped in on the assistance project by setting up “dropping spots” for donated stuff. Let us stand together in difficult times!!!

Ai ·

Innige meegevoel aan die oorledenes se familie. Dis so hartseer. Het nie eers meer woorde vir al hierdie dinge nie.

Here asb gryp in.

Miena ·

Hartverskeurend !! My opregte en innige simpatie met die pragtige gesin se geliefdes. Ek is só jammer oor julle enorme verlies !!

Tannie ·

Ai, my hart nou so seer… Dis eintlik 4 mense wat dood is – die ongebore babatjie tel ook as ‘n mensie.

Alicia ·

Skielik is my groot probleem so klein… Sjoe dis hartseer. Baie sterkte aan almal wat geraak word deur die brand.

Petro ·

Dit is hartverskeurend. My hart gaan uit na almal betrokke, wat help, wat seergekry het, wat alles verloor het en families wie familielede verloor het. Mag God hulle styf vasdruk teen sy Vaderbors en vertroosting en berusting bring. Alicia ek stem saam met jou skielik lyk my probleem glad nie eers noemenswaardig nie.

Eunice ·

My hart is baie seer. ek ken nie eers die mensies nie.. die kindjie en ek het gehuil. Ek wil nie eers so daaran dink wat hulle moes deur gaan nie. Ek is bitter, so bitter jammer vir hulle. So mooi gesin met die mooiste seuntjie. Mag die Liewe Heer net saam julle gaan deur die swaar tyd. Baie sterkte.

treurgrond ·

Ek sit voor my rekenaar en daar is trane in my oe. Jammer aan die familielede. Jis ek is in trane oor die familietjie wat net gevat was….

Dienks ·

Ons harte gaan uit na elkeen wat deur hierdie groot trauma moet gaan, die mense wie se families geraak is deur die brand, asook die mense wat agterbly omdat ‘n geliefde nie die brand oorleef het nie. Mag Jesus julle almal styf vashou en ons bid vir spoedige ingryping van Hom wat water en vuur kan beheer. … en regtig Deon Koen?… om jou oor so iets te bekommer?

Jane ·

Dit is te wreed om waar te wees. ‘n Hele ou gesinnetjie, mamma pappa en babatjie .. siestog seker nog probeer hardloop om weg te kom van die vlamme en die ou kleintjie te beskerm. EK IS SO JAMMER vir die familie .. my hart gaan uit na julle toe .. BAIE sterkte en ons is so geweldig jammer vir hierdie verskriklike groot verlies! Niks kan dit beter maak nie.

san ·

HULLE MOET DAAR WAAR HULLE VERMOED DIE BRAND ONTSTAAN HET DAAI MENSE AANKLA VIR MOORD DIS UITERSE NALATIGHEID. STERKTE AAN DIE FAMILIE. EN AL DIE ANDER MET DIE GROOT VERLIES.

Liza ·

Dis verskriklik, my hart gaan uit na almal toe…….sterkte aan almal daar. Vuur en water ek het ‘n vrees daarvoor…..

Duifie ·

So so so jammer… Baie sterkte aan hulle familie en geliefdes.

H? ·

Ons innige meegevoel met jou familie se verlies, ons ken julle nie maar ons dra jou hele familie op in ons gebede.

Catryn ·

Sterkte aan die families vir julle verliese ….

Dis baie baie hartseer

w ·

Gister was ek heeldag so depressief. Heeldag gehuil oor die brande .. so geworstel met God. En ek kry antwoord deur middel van WA. Oraloor word God uitgeskakel. Skole. Parlement. Oraloor. Kids wie nie meer lyfstraf kry en nog baie dinge. Die ateiiste regereringsamptenare sal nooit wakker skrik. Hul stel net belang in selfverryking. Ek sien daagliks hu ouers hul kids se oortredinge wegsteek of goedpraat. Hoe kan ons verwag om Hulp Van God te ontvang. ?

Rus sag ·

Ai wat kan ‘n mens sê. Rus sag groot seun, by mamma en pappa en liewe Jesus. Baie liefde vir julle al het ek julle nie geken. Mooiste gesiggie. My seuntjie is net so oud soos jy. My hart is so seer vir jou liewe seun en gesin. Bitter bitter hartseer

Helesti ·

Het in ‘n artikel (Despatch News) met verdere inligting gelees dat die mamma 8 maande swanger was, en dat dit Woensdag klein Michael se 3de verjaarsdag was… My gebede en simpatie gaan uit na hul familie en naasbestaandes.

Thea Erasmus ·

Ek het eenvoudig net nie woorde. My hart is stukkend. Dit kon my kinders gewees het. Hoe troos jy? ” Here, asb droog hulle geliefdes se trane af en omring hulle met u genade en nabyheid.”

Tina du Toit ·

Ug, dis tragies. My hart is in stukke. Sulke mooi mense so tragies moes sterf. Baie sterkte aan hierdie mooi gesin se families en vriende. Mag God julle dra in hierdie hartseer tyd. R.I.V mooi mensies.

madels ·

Dit is hartverskeurend! Kan nie myself indink hoe erg dit vir hulle moes wees om so te sterf nie, vuur is so gevaarlik wanneer dit uit beheer brand.. Mag die Here hulle hele familie diep vertroos…:-(

Henrietta ·

Innige meegevoel aan AL die Familie en Vriende. Ons hou u almal in ons gebede …. ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.