Knysna tot rampgebied verklaar, brande woed voort

ʼn Brand wat smeul in die Knysna-gebied. Minstens ses mense is in die brande dood en duisende moes hul huise ontruim. Foto: AP Photo/Halden Krog

Knysna is Vrydag tydens ʼn spesiale raadsvergadering tot ʼn rampgebied verklaar ná die verwoestende brande wat sedert Woensdag daar woed en nou ʼn bedreiging vir inwoners van Buffelsbaai en Plettenbergbaai inhou.

James-Brent Styan, woordvoerder van Anton Bredell, die minister van plaaslike regering en omgewingsake, het gesê inwoners op plase in die Buffelsbaai-omgewing moes as voorsorg die gebied in die vroeë oggend verlaat.

Styan het Vrydagaand aangedui dat 85% van die brandlyn in die Eden-distrik onder beheer is, maar dat stormsterkte winde wat vir die naweek voorspel is, ʼn gevaar inhou dat die brande weer kan opvlam. Die fokus is tans om Plettenbergbaai en Buffelsbaai te beveilig.

Sowat 500 brandbestryders is op die toneel in die Eden-distrik.

Die dodetal weens die wegholbrande staan tans op ses. Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van SANParke, het gesê duisende mense moes die gebied verlaat en meer as 500 huise is vernietig.

Intussen is verskeie aksies van stapel gestuur om die inwoners van Knysna wat alles verloor het by te staan.

Die koeriermaatskappy DHL het bevestig dat hy gratis noodsaaklike voorraad soos nie-bederfbare kos, komberse, klere en noodhulpvoorraad aan die streek sal versprei. DHL het landwyd 39 punte waar mense nie-bederfbare kos en ander noodvoorraad kan aflewer.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die diensorganisasie Solidariteit Helpende Hand het ook gister aangekondig dat hulle hul noodfonds uitgebrei het om hulp aan die mense in die Knysna-omgewing te bied.

“Hier is mense wat niks oor het ná die brand nie en nêrens heen het om te gaan nie. Tog het hulle gehelp om vure dood te slaan en mekaar te red.

“Ons het alles nodig, die soort goed wat ʼn mens as vanselfsprekend sal aanvaar: ʼn tandeborsel, komberse – want dit is winter – en selfs water. Party mense het voor die vure uitgevlug met net hul onderklere en pajamas aan. Sommige mense het niks, regtig niks,” het Anton du Plessis, ʼn inwoner, vroeër aan Maroela Media gesê.

Lees ook: [Video] Smeulende onderbos dalk rede vir Knysna-brande

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

CHARL VAN STADEN ·

EK STUUR WAT EK HET VIR JULLE VAN DIE NOORD-WES STERKTE VIR ELKE EEN DAAR. DANKIE DHL EN ANDER WAT HIER WYS HOE MENSE KAN SAAMKOM. WELL DONE TROTS SUID AFRIKAANS

Wimpie ·

Ook Namibie is besig om voorrade in te samel vir Knysna slagoffers. Tans is Tsumebers in Noorde van Namibie besig met n insameling wat Maandag af gelewer gaan word. Wesbank Transport sal dit verniet vervoer. Wens ons kan meer ore beteik om meer te kan gee. Ek myself gaan Maandag alle insamelings vanaf Tsumeb vervoer na Windhoek. As iemand nog het kan hulle my kontak op +264812054800

Apie ·

Weet nie hoe waar dit is. Ek bid vir al did mense daar, ook vir die wat hulp verleen en die brande bestry.??

al ·

Baie dankie vir al hierdie engele wat Knysna help. Ons is trots Suid-Afrikaans – ons Suid-Afrikaners kon nog altyd saamstaan wanneer ons gedwing word.

Maya Roon Joubert ·

AMEN! Self het ek niks maar is in gebed vir al mede Suid Afrikaners ongeag kleur of ras elkeen wat hul huis, dak, kombers of brood verloor het! Vra vir GOD se genade!

Pokkel ·

Kan mense nie anonieme skenkings maak nie. Moet hulle name nou op die skenkings pryk soos die tiendes koeverte in die kerk. Dis ‘n skande dat hulle in so ‘n hartseer tyd shine probeer vang. Sê maar net.

Morne Young ·

Akkomodasie by Wildernis Hotel beskikbaar SLEGS vir behoeftige persone asb.044 8771110 Ons borg die akkomodasie.

Dirkie ·

Tyd om nederig te word mense. Dit wys jou net wat beteken al jou besittings: NIKS. More sit jy net met ‘n onderbroek aan jou lyf en besef jy het regtig niks gehad om oor hoogmoedig te wees nie.

foxi ·

Dankbaar vir al die hulp. Weet enige-iemand of die olifante erens in die Knysna bos veilig is?

Christene Schoonbee ·

Weet enige iemand om die gebied waar die Knysna olifante is ook gebrand het, inwoners in Davieshof, Secunda n bejaarde oord het gister gevra of iemand kan terug voer gee

Wikus ·

Ek is baie jammer vir die mense.Sal help. ?????????? Hoeveel bereik hul?Soos die Boere se droogte.???

joe ·

Hierdie is brandstigting. Dis die begin van oorlog. Sees wakker

Sarel ·

Ek is geneig om saam met jou te stem Joe. Ons gaan alles verloor en eers dan sal ons saam kan staan.

Charmaine ·

Die trokke word nou ge “hijack”en besteel. Moet nou begelei word. Mense dit het in Mosselbaai op paar plekke gebrand, dan George, Knysna, Sedgefield, Plettenbergbaai tot in PE …… Brenton on Sea en Brenton on Lake, Belvedere ensovoorts. Dit is soos 25 brande daar wat terselfde tyd op verskillende kolle begin het ???? net in Knysna area.

t ·

Ons het ook die audio boodskap op WhatsApp gekry van hulp trokke wat gekaap is en leeg gesteel is. Hulle het ook reeds 4 bevestigde brandstigters in hegtenis geneem.

Lida ·

Wikus die droogtehulp moes deur die regering hanteer word en is gesteel. Hierdie totaal en al iets anders en die skelm regering het niks daarmee te doen nie dankie tog.

Charmaine Griffiths ·

My kommentaar is verwyder. As jul wil weet wat hier aangaan – Algoa FM facebook Dis nag!

Jan ·

Soos vroeër vanjaar met die brande in die WesKaap, is die realiteite ook in Knysna en omgewing met ons.

Rox ·

Vanmiddag op nuus was daar onderhoud gevoer met een van die manne en hy het gese dat hulle wel brandstigting vermoed.

Alida ·

Sarel hoe wil jy meer saamstaan as nou. Wat het jy afgelaai by die optelpunte? Die HELE SA staan saam. Daar gaan daagliks lorrievragte goedere na die gebied. Gratis vliegkaartjies, gastehuise en hotelle word oopgegooi. Lees die berigte en kyk hoe staan ons saam en JZ het nog nie een sent bygedra nie. Wat wil jy nog he moet ons doen om “saam te staan” se my asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.