Kovsies-taalbeleid dalk na konstitusionele hof

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Solidariteit en AfriForum se regspan het vandag aansoek gedoen by die konstitusionele hof om verlof om te appelleer teen die hoogste hof van appèl se uitspraak oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Die instellings vra die hof om die UV se besluit om ʼn nuwe taalbeleid te aanvaar, ter syde te stel.

Die aansoek volg ná die uitspraak van die appèlhof op 28 Maart 2017 ten gunste van die UV se nuut aanvaarde taalbeleid waarvolgens Engels met infasering vanaf 2017 ten koste van Afrikaans die enigste primêre taal van onderrig word.

“Teen die agtergrond van die grondwetlike opdrag om diversiteit, insluitende taalkundige diversiteit, te bevorder, asook die verskanste reg tot onderrig in ʼn taal van keuse wat redelikerwys uitvoerbaar is, argumenteer Solidariteit en AfriForum dat die UV-raad nie integrasie in klasverband en transformasie van die universiteit kan bereik deur Afrikaanse onderrig te skrap nie,” het die organisasies in ʼn gesamentlike persverklaring gesê.

In sy uitspraak het die appèlhof toegegee dat die stadige verwydering van die posisie van Afrikaans as taal van onderrig ʼn regmatige bron van kommer is en dat verskille oor die taalbeleid van die universiteit tot ingewikkelde grondwetlike vrae aanleiding gee.

“Solidariteit en AfriForum meen dat hierdie standpunte ruimte skep vir sukses met die aansoek om appèl tot die konstitusionele hof. Die twee instellings se regspan is gereed om ten gunste van die reg van Afrikaanssprekende studente op Afrikaanse onderrig in dié hof te argumenteer.  Daar word gretig op die konstitusionele hof se besluit gewag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JC ·

Dankie julle!! Moenie vergeet dat in die lig daarvan; en in die lig v/d FEIT; dat sekere tale uniek is tot sekere spesifieke etniese/kultuur/rasgroepe; dit beteken dat indien die feit tot sy logiese gevolgtrekking gevoer word (en die waarheid daarvan kan definitief nie weerle word nie) dit beteken dat die uv DIREK diskrimineer teen Afrikaners/Afrikaanses(bruin en witmense) op grond van RAS.

Net my beskeie bydrae Alana, maar ek meen tog dis die moeite werd om van kennis te neem, tensy dit soos in die HHA onder ‘n ideologiese mat gevee word.

John ·

Waar is ‘n Afrikaanse universiteit in SA? Hier woon tog ook Afrikaanssprekendes. Dis eintlik heel eenvoudig. Of is dit nie ‘n demokratiese land nie? Word daar teen die taal of eerder teen die mense wat die taal besig, gediskrimineer?

jaco ·

AP Akademie is whites only. Dit behoort aan die whites only Afrikaanse Protestantse Kerk. Tragies dat daar nog sulke instansies in SA is. So ‘n zogenaamde “kleurling” met ‘n nie-wit velkleur maar wat Afrikaans praat, mag nie daar studeer nie.

Rudi ·

So die howe wat besig is om Afrikaans uit te skop moet nou regverdig daaroor besluit. Transformasie se ander naam is Afrikaner illiminasie

jaco ·

Ek was in die ou SA op skool toe die oorwegend Afrikaanssprekende Nasionale Party nog geregeer het. Engels was ‘n VERPLIGTE vak tot in matriek. So ek weet nie in watter land al hierdie moaners teen Engels skoolgegaan het nie. Verstaan hulle dan nie Engels nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.