Laerskoolmeisies spuit ander leerders met middel in

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn voorval bevestig waar drie laerskoolmeisies medeleerders met inspuitnaalde geprik en ingespuit het.

Volgens Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het die voorval Vrydag by die Laerskool Mooifontein in Kempton Park plaasgevind. “’n Gr. 4-leerder het inspuitnaalde skool toe gebring en sy en twee maats het toe glo ander kinders daarmee begin prik en inspuit.”

Bodibe het gesê die gr. 4-meisie se ouers het intussen gesê hul dogter het per ongeluk haar suster se sak skool toe gevat en gesien daar is inspuitnaalde, gereed vir inspuitings, in. “Ongeveer 28 kinders is geprik of ingespuit en hul ouers is onmiddellik in kennis gestel en aangeraai om hul kinders na dokters te neem vir dringende behandeling.”

Daar is as voorsorgmaatreël medikasie aan leerders toegedien, onder meer antiretrovirale middels. “Van die kinders het egter negatief op die medikasie reageer en begin braak terwyl ander ʼn maagaandoening gekry het.”

Volgens Bodibe was die inspuitnaalde gevul met ʼn hormoonbehandelingsmiddel. “Die inspuitings is na ʼn laboratorium gestuur vir toetse.” Hy het gesê daar word berading aan leerders by die skool verskaf.

Die skool se beheerliggaam het intussen ook met dissiplinêre optrede teen die oortreders begin. ʼn Saak is ook by die polisie aanhangig gemaak teen die eienaar van die inspuitnaalde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Koos1 ·

Nee Melanie, hier kan jy nie die skool blameer nie, eerder die ouers en haar (ouer?) suster, wat die goed laat rond lê het.

CAROL ·

Koos1 – hier gaan ek 100% saam jou stem. Hierdie kom van die ouers af.

Samantha ·

Niemand is ingespuit nie, die leerders is slegs geprik met die naalde.

Marie salzwedel ·

Daar staan in die berig geprik en ingespuit……

Blits ·

Samantha, sit jou lees bril op en lees die einde van paragraaf 1 en paragraaf 2 waar dit gesê word dat die kinder GEPRIK en INGESPUIT is

Magaretha van heerden ·

Pril is net so goed soos inspuit want Aids/hepatitis ens word so oorgedra Ek sal rasend wees as dit my kind of kleinkind is. Hulle sal almal getoets moet word sodat daar gekyk word of die gedeelde naalde besmet is tydens die oefening! Die kind sowel as die suster moet gestraf word. Wat van die skool wat nie toesig hou oor wat die kindes doen nie.

Neeeee Melanie! ·

Hoe kan jy die skool die blaam gee?
Dis OUERS wat nie weet wat hulle kinders doen nie!
Moet die skool nou elke kind se skooltas uitpak?
Dan gaan ouers soos JY weer kla oor hulle reg op privaatheid.
Ag nee man! Dis ouers se plig om hulle kinders maniere te leer – skool leer jou kind lees en skryf

Bekommerde Mamma ·

Ai ek moet werk omdat my man nie meer salaris verhogings of bonusse kry nie. Maar ek bid dat dinge sal verander sodat ek my dogtertjie eendag tuis-onderrig kan gee. Want ek SAL ‘n beter werk as die skole en onderwysers doen. My kind sal veiliger wees en daar sal meer dissipline wees en dan praat ek nie eens van aandag nie.

Netso bekommerde juffrou... ·

Nee wat. Jy is bitter onregverdig. Ek is n juffrou van formaat. Ek is betyds by die skool, handhaaf ten alle tye dissipline en daar is altyd orde. Ek is ook n vakspesialis met ‘n M-graad. Het sedert ek begin skool hou het nog nie een druipeling gehad nie, my vakke Wiskunde en Rek. So nee… dink nie jy gaan n beter juffrou wees as wat ek is nie. En, ek weet beslis dat daar nog baie is wat soos ek trots is op my werk.

MM ·

Net so bekommerd Juffrou = stem 100% saam met jou – die dinge wat kinders vandag weet en sien / hoor is verskriklik – maar as discipline by die huis toe gedien word – en daar mag geen dissipline by die skole toe gedien word nie – en ek praat nie van aanhoudende gepraat van – stop dit / moet dit nie doen nie / DISSIPLINE – PAK OP SY TYD sal dit beter gaan = kinders doen vandag net wat hulle wil en se vir almal wat hulle wil – die probleem le by die Regering – PAS DISSIPLINE TOE (nie doodslaan nie – DISSIPLINE) Pak op sy tyd het nog nooit en sal NOOIT enige skade doen nie .

Siek en sat onnie ·

Dis nonsens. Ouers moet kinders respek en disipline leer by die huis. Hoe is die skool verantwoordelik???? Ons mag nie net in kinders se tasse krap nie. Moet ons elke kind vra het jy iets gevaarlik? In any way na baie jare in onderwys het ek die volgende geleer: kinders doen by die skool WAT HULLE BY DIE HUIS SIEN!!!

Lida ·

Is jy n opgeleide onderwyseres? Het jy al voorheen skool gehou? Hoe weet jy dat jy meer bevoeg is om skool te gee?

Bekommerde Mamma ·

Ja ek weet daar is goeie onnies en nie almal kan onder dieselfde kam geskeer word nie. Sesjariges hang hulleself in in badkamers, meisies word verkrag op skoolgronde, drank en dwelms is oral te kry, nou dit? Jammer Bekommerde Juffrou ek voel nogsteeds my kind is veiliger by my en tuis-onderrig sou beter gewees het. Sterkte met jou werk.

Karma ·

@Netso bekommerde juffrou – êrens hierbo: jy is duidelik ‘n gekwalifiseerde en belangstellende onderwyseres wat in ‘n ordentlike dorp/stad-skool in (waarskynlik) gegoede of voorstedelike buurt werk. Jy weet nie hoe gaan dit by hierdie plaaslike, oorbevolkte, ou NGK of sendingstasie-skole in bv. Putsonderwater nie. Die dinge wat kinders dáár (en seker maar orals in sekere skole) doen, sal jou hare orent laat staan.

Tuiskool mamma ·

Ons het ‘n geloofstap geneem en begin tuiskool. (Tuiskool kan amper gratis plaasvind as jy internet toegang het, jy kan dus baie skoolgeld spaar) Baie opofferings is gemaak maar dit was die beste besluit ooit, net spyt dat ons dit nie van die begin af gedoen het nie. Daar is fantastiese onderwysers wat dun gesaai is en patetiese stelsels wat hulle hande soms afkap, dit tersyde. Daar was vir my ook gese dat ek nie gekwalifiseerd is om my kind te skool nie maar dit is snaaks hoe hy met ‘n ongekwalifiseerde mamma nou akademies BAIE beter vaar as wat hy met ‘n klomp gekwalifiseerde onderwysers gedoen het. Kwalifikasies sonder passie en/of ‘n behoorlike ondersteuningstelsel help ‘n kind niks.

·

Gr 4 is kinders van 10. Sterkte met hul aankla van poging tot moord. Gr4 is baie klein. Ek kry hul almal jammer. As hul geweet het hoe gevaarlik dit is, glo ek nie hul sou dit gedoen het nie. Sterkte vir almal.

Theresa ·

Wil ook graag weet – het die 3 die 28 rustig gekrap en gespuit of was dit ‘n gejagery om hul gevang te kry? Hoe is dit moontlik dat al daardie kinders benadeel kon word deur 3 ander sonder dat toesighouers/leerlingraad iets kon angterkom? Indien van die 28 saamgespeel het?? …

Arno ·

28 Kinders????? En hier het ek gedink kinders is bang vir spuitnaalde????

MissDemeanor ·

Jy weet Melanie ek stem saam jou. Hoekom moes 28 kinders geprik geword het voor iemand dit stopgesit het. As die onderwysers wakker was dan kon hul ma die eerste geval al hierdie kind beetgekry het en die i spuitings by haar afgevat het. Ek wonder watse “hormoon middel” dit was. En om nou vir die kinders ARVs te gee…dis nogals erg. Slegte newe effekte, maar Vigs is erger!

Tanya ·

Ek is sprakeloos. Stomgeslaan. Ongelooflik! Ek het sowaar nie woorde nie. Elke dag wanneer ek ‘n nuwe berig lees, dink ek dit kan seker nie erger gaan as die keer nie, dan kom daar iets en slaan my voete onder my uit.

Tammy ·

Dink dis tyd, dat laerskole en hoerskole in die gauteng….meer advies van groepe soos new matix, wat waarsku teen drugs en naalde ens. In skole toe laat,om te leer, waarvoor om op te pas voor. Maar,kaap skole laatGroepe soos hulle toe maar, toe ek in gauteng moes kom woon jare terug, wou die hoerskool waarin ek was nie,New matix, die chritelike waarskuwings groep, toegelaat het nie, omdat hulle oorbelle& tattoos gehad het& dan het hulle juffrouens& mnre ook gewonder hoekom selfmoorde&drugs op skoolgronde gebeur. was selfs deur n seun op gronde verkoop, wat hul van geweet het maar, omdat hy al 2-jr agter gebly het in matriek, vir goeie rugby, was hy nie geskors nie want, dit gaan mos vir skoolhoofde,net oor die geld&oor hulle naam. So hulle probeer baie male goed weg steek vir ouers…soos kennis stop om by kind uit te kom&nou spuit laerskool kind, ander met n naald,onwetend dat dit op neer gekyk gn word& sy dalk net dokter-dokter wou speel a.g.vGEEN KENNIS wat gebring word i.v.m naelde&siektes oordraagbaar kan wees ens nie.,onderwysers het nie tyd om kinds,al daai goed, anders as vak, te leer nie.die hoof van elke skool is verantwoordelik, dat groepe soos daai toegelaat word,dat die skool nie te vol is soos die 1 waar ek was, dat ek vir 3-jr van daar wees, nooit die skool lied hoef te gesing het…

janas ·

Geen toesig meer by skole.
Ons kleinseun (gr.rr) is in die skool deur ‘n leerling (gr. 4) met ‘n sigaret op sy arm geband terwyl die onderwysers gesit en koek eet en tee gedrink het. Nie een van hulle was eers bewus wat die kinders op die speelgrond gedoen het nie.
Nou doen ek home schooling met hom en hy is meer gelukkig en geniet dit.
No more tears and worries.

Foxi ·

Ooh goeie genade…..die wêreld se mense het mal geword……..

Elsie ·

Maklik om skole die skuld te gee, nee wat hoekom le die naalde in die eerste plek rond, is die Gr4 kind nie geleer dit is gevaarlike goed dis nie speelgoed nie, in die eerste plek is dit die ouers se plig om kinders te leer dat dit nie speelgoed is nie, sy het per ongeluk haar suster se sak gevat nou waarvoor het sy nie per ongeluk haar ma laat weet sy het die verkeerde sak of ten minste kantoor toe gegaan of na die klasonderwyser toe gegaan en gese ek het per ongeluk nie my tas maar my suster sin en hier is naalde en inspuitings in nie, dit is nie die skool se plig om jou kinders maniere te leer en dit wat jy as ouer vir jou kinders moet leer tussen reg en verkeerd gevaarlik en nie gevaarlik is nie in die skool se hande te los nie, more is al die koerante weer vol onderwysers rand kinders aan maar kinders kan maar onderwysers aanrand dan word onderwysers geskors, maniere dissiplinie word by ouerhuise aan kinders geleer, dit wat kinders doen by skole sien hulle sekerlik by hulle ouerhuise of maaitjies en dink dit is reg as hulle dit ook doen, hou op altyd fout vind by skole en onderwysers, die wat se monde groot is oor die skole gaan hou jy skool en sien of jy dit kan handhaaf soos onderwysers dan praat ons weer, Leer jou kinders by huis van reg en verkeerd

Nou-toe-nou ·

Dankie Elsie, ek stem volmondig saam. Jy verdien ‘n roos!

Net nog n mamma ·

Jy verdien die grootste boks sjokolade! Presies wat ek gedink het. Ek is met n mamma en nie n onderwyseres nie. Kyk as my kind ee van die was wat gesteek was sou ek gekook het. As dit my kind was wat dit gedoen het sou sy een helse pakslae gekry het en dan so my ander dokter ook omdat dit rond gele het. Skole leer ons kids van dwelms en siektes en al die gevare ens. Maar eers van Gr6 af. Daardie dogtertjie het soos jy sê dalk heel onskuldig net gespeel maar heel duidelik is daar geen bewusmaking gewees oor wat kan gebeur as sy met dit speel nie. As die ouers weet daar is sulke goed in hul huis moet hul mos die dogtertjie waarsku… geen skool kan 800+ kinders tenvolle vir 8 ure elkeen dop hou nie. Dissipline begin by die huis!

Konteks ·

Is sy nie dalk net 10 jaar oud en oningelig soos wat die gemiddelde 10-jarige maar is nie? Sak per ongeluk gevat. En toe lekker stout gewees en ‘n klomp maats vir die snaaksigheid daarmee geprik. Dink nie sy behoort behoorlik te weet HOE om iemand in te spuit nie! Wat het van ons geword dat so iets nou ontaard in dissiplinêre stappe en ‘n oor-en-weer modder gooiery oor hoe sleg die discipline in die skole en by huise is?

Zana ·

Ek is bevrees van die mense se kommentare wys dat hulle weereens die pot mis-sit. Onderwysers takel nou ñ vrou af wat meen haar kind is veiliger by die huis. Ja, ek dink dit was CJ Langenhoven wat gesé het dat jy mense kan huur vir jou kind se onderrig, maar jy self is vir hulle opvoeding verantwoordelik as ouer. Standerd 2, en hulle prik 28 ander kinders? Het dit in pouse gebeur? Of in die klas? En hoe vat dit so lank dat 28 onskuldige kinders aan HIV blootgestel kon word voor iemand dit agterkom? Of het hulle met die naalde gehardloop soos op ñ perd gedurende ñ oorlog? Nee. Ons land, en elke fasset van hom is in sy glory in oor daar geen opvoeding by die huise meer is nie. Ouers teel voort en gee nie ñ flenter om waar sy of haar kind karakter opdoen nie. My hart gaan uit na die kinders en ouers wat hier deur aangeraak is. Ek sal ongelukkig sè dat of ñ kind braak of nie, die medikasie moet aangaan om die risiko van besmetting te verminder, hoe moet jy ander alternatiewe soek vir voeding. Gaan lees gerus wat gebeur daagliks in ons skole, julle wat die klippe wil gooi dan praat ons weer. Is daar goeie onnies? Beslis. Van die beste ter wêreld dink ek, maar ongelukkig is ons in ñ land waar maak nie saak jou posisie nie, jy is verkeerd.

Ada ·

Tuisonderrig is die antwoord met sport klubs sodat ons kinders kan wegkom van die gemors en nog steeds sport kan be oeffen.

Spook ·

Ek moet eerder nie kommentaar lewer nie, ek is vreesbevange om my kind elke dag skool toe t stuur, nie die onderwysers nie maar die ander kinders is wat my bekommerd maak.

m ·

Daar is net geen disipline en orde in skole nie. Kyk hoe gaan dit. Dit raak net erger. Duidelik is nie almal nie daar vir geleerdheid nie. Ek is so bly is ek nie in die onderwys nie want ek weet nie hoe cope hulle met hierdie onopgevoede kinders nie. Sterkte aan die onderwysers mens kan ma net bid vir julle en hoop vir die beste.

Pippa ·

My kind is in n privaat skool en dit werk goed vir ons. In haar vorige skool het die dissipline wat ons by die huis afdwing en die tekort aan dissipline by haar skool met mekaar gebots. Die onderwyseres was ook n bron van irritasie met haar alewige beterwetery. Ouers en die onderwysers/onderwyseresse moet n stelsel van oop kommunikasie volg en dit sal bogenoemde kwessies aanspreek.

Juffrou ·

Hou op om fout te soek by die onderwysers. Ons hande is afgekap teen die reels van die departement. Ons word ook self geboelie deur die Leerders en ouers. Werk liewers saam met ons as teen ons. Indien die Skoen jou pas – sorg dat jou kind nie n boelie is nie en dat jou kind gedissiplineer word tuis.

Lizanda ·

Daar is geen beheer oor kinders in skole nie PUNT. Onderwysers kan maar op en af spring, my kind is ‘n paar jaar terug op ‘n sportveld tydens pouse met ‘n mes gesteek en die skoolhoof was bekommerd oor een ding en dat dit tog net nie in die plaaslike koerante moet verskyn nie, daar was daardie betrokke dag nie ‘n enkele onderwyser op speelgrond diens nie, een van die leerling het dit gaan aanmeld by Ontvangs.
Weereens Onderwys is lankal nie meer wat dit was nie, en ouers kan nie verantwoodelik gehou word vir wat tydens skoolure gebeurnie!

Maggie van Zyl ·

So ‘n paar dinge.. “Bodibe het gesê die gr. 4-meisie se ouers het intussen gesê hul dogter het per ongeluk haar suster se sak skool toe gevat en gesien daar is inspuitnaalde, gereed vir inspuitings, in..” Waarom het haar suster naalde in haar sak, en waarom is die ouers so non-chalant daaroor..
Dit is jongetjies, hulle het dit gesien, gevat en gespeel. stout, baie stout, maar ek is oortuig daarvan dat hulle nie die moontlike newe-effekte of verstaan, of eers daaraan gedink het nie. Hulle het geweet wat hulle doen is verkeerd, maar nie tot so ‘n mate dat dit selfs moontlik tot iemand se dood kan lei nie.
Soos genoem, opvoeding kom uit die huis, en volgens die ouers se skynbare reaksie, is hulle nie streng nie, anything goes.
Maar belangrik, die onderwysers kan nie geblameer word nie. Alle regte / magte is van hulle ontneem. Selfs wanneer hulle met van hierdie klein “monsters” wat totaal en al geen respek vir enigiemand het nie, raas, word hulle oor die kole gehaal., Die ouers kom in skool toe en van die onderwysers is al hul werk kwyt, bloot omdat hulle met die kinders geraas het.. praat nie eens van slae nie.
Ek kry onderwysers in vandag se samelewing baie jammer. Soos die seun wat nou die dag met die plastiek pyp op sy hand geslaan is… eerlikwaar … Ons was gereeld op die hande en boude met houtliniale en passers gevoeter, haha.. en hier sit ons vandag. Grootmense met maniere.

‘n Onderwyser se man ·

My vrou gee onderwys in n engels medium skool, en kyk, ek weet nie hoe sy dit uithou nie. Ek weet sy het n passie vir wat sy doen, maar steeds. Ek dink nie ouers sien altyd wat aangaan nie. Daar is absoluut geen dissipline nie, die kinders gaan aan asof die wêreld aan hulle behoort. As sy vir hulp van die skoolhoof vra, is dit haar skuld dat die kinders nie luister nie. Dit is baie duidelik dat baie, miskien die meeste kinders, n snaakse op opvoeding tuis kry. Kinders sal sommer sê dat hulle n reg het tot onderwys, en ja dit is so, maar dan moet die kinders ook luister en respek vir die arme onderwyser hê wat sy of beste gee. Ek dink ook nie almal weet watse ure onderwysers werk nie. Daar gaan aande verby wat my vrou sit, boeke merk, assessrings skedules uitwerk, punte op die rekenaar intik, die punte uit druk (op eie koste), skoolvakansies sit een voorbereiding doen vir volgende jaar! Ouers moet sorg dat hulle kinders tuis leer om onderwysers te respekteer, en ouers en onderwysers moet as een wees wanneer die liewe bloedjies stout is. Moenie altyd die onderwysers blameer nie. Haal bietjie eers die balk uit jou eie oog…

Helena ·

God het ons geseen met kinders en dit sal altyd ons verantwoordelikheid bly om ons kinders op te voed. Ons kan nie die blaam probeer verskuif nie. Wat ons liewer moet doen is om die onderwysers te help om hul werklas minder te maak en hulle te ondersteun in hul poging om ons kinders vir die lewe toe te rus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.