Landdros wil eers video van betoging sien voor borgtogbesluit

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Geboue is aan die brand gesteek by UKZN tydens betogings in September 2016 (Foto: @moloisrj, Twitter)

Elf studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal wat Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn het, sal nog 10 dae agter tralies moet spandeer voor ʼn besluit oor hul aansoek om borgtog geneem word.

Landdros Mamsy Boikhutso het die borgtogverhoor verdaag sodat sy die beeldmateriaal kan sien waar die staat aanvoer dit wys hoe die 11 verdagtes klippe en bottels op 22 September gooi tydens betogings by die universiteit se Pietermaritzburg-kampus.

Staatsaanklaer Pet Davids het aan die volgepakte hof gesê die staat staan borgtog teen, aangesien eiendom van die universiteit en studente in gedrang sal wees indien die studente vrygelaat word.

Sy voer aan dat daar vrede heers by die universiteit sedert die 11 in hegtenis geneem is, en lesings duur normaal voort. Sy hou vol indien die beskuldigdes vrygelaat sou word op borgtog, is daar ʼn risiko dat die universiteit weer moet sluit.

“Hul gedrag is nie die optrede van studente nie, maar kriminele aktiwiteit,” het Davids bygevoeg.

Sy het gesê die staat beskik oor beeldmateriaal wat wys hoe die elf persone klippe en bottels na die polisie en motorvoertuie gooi.

Mazwi Dlamini, vir die studente, het gesê om hulle in aanhouding te hou is ongrondwetlik en is nie in belang van geregtigheid nie, aangesien die beskuldigdes studente is. Hy het gesê die staat het nie bewyse dat die beskuldigdes universiteitseiendom beskadig het nie.

“Ek sal eers die beeldmateriaal moet sien sodat ek ʼn behoorlike besluit kan neem,” het Boikhutso gesê. Sy het die saak tot 10 Oktober uitgestel.

Studente wat die verrigtinge bygewoon het, het hul misnoeë uitgespreek oor die uitstel.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nita ·

So, volgens Dlamini kan jy maak wat jy wil want jy is m student. TWAK! Niemand moet verder toelaat dat die stert die hond rondswaai nie.

Lance ·

Neewat laat hulle maar sit vir n rukkie …sal hulle die wereld se goed doen.

Johann ·

11 uit hoeveel in totaal op die Kampus? Maar wag maar. Aprtheid…Jan v Tiebeeck die tannemuis…almal se skuld.

CHRISTA ·

Gee daai Landdros ‘n Bells!!! Ek hoop die ander Lannddrosse leer by haar en volg in die toekoms haar voorbeeld!!

Cherokee ·

Re:
Sy het gesê die staat beskik oor videomateriaal wat wys hoe hulle klippe na polisie en motorvoertuie gooi.

Lank lank terug, dekades gelede, is ‘n vrou (kort nadat ek haar ontmoet het) met ‘n klip dood gegooi in haar kar terwyl sy en haar man van Johannesburg na Carletonville gery het. As ek reg onthou het dit gebeur op Zuurbekom.
Die klag moet (nie behoort nie maar mòet) verander word na poging tot moord.

Danie ·

En as hulle studente is moet hulle geen toegang kry tot enige tersiêre instelling in suid afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.