Landelike beveiliging – regering doen te min te laat

Argieffoto

Argieffoto

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het sy kommer oor landelike veiligheid in die Vrystaat uitgespreek en gesê dat ʼn imbizo oor landelike beveiliging nie gaan help nie.

“Daar moet ʼn nuwe plan gemaak word, plaasaanvalle het gedurende die eerste drie maande van 2017 teen ʼn ongekende koers toegeneem en is ʼn reusekrisis,” het hy gesê.

Wessels het Donderdag in ʼn debat in die Wetgewer oor die begroting van die departement van polisie, paaie en vervoer gesê dat plaasmoorde dikwels gepaard gaan met geweldige wreedheid, waar oumense met ysters gebrand word, gate in mense se koppe geboor word en slagoffers vir ure op die grusaamste wyses denkbaar gemartel word voor hulle vir dood agtergelaat word.

Hy het ʼn beroep op boere gedoen om hulself en hul gesinne te beveilig en weerbaar te maak teen sulke aanvalle. “ʼn Nuwe plan vir hierdie tipe misdade en daadwerklike optrede is nodig. Die regering doen te min te laat wat dit betref,” het hy bygevoeg.

Wessels het ook die eerlike en hardwerkende lede van die Suid-Afrikaanse polisie bedank vir hulle harde werk. “Ten spyte van moeilike en gevaarlike werksomstandighede en ʼn geweldige tekort aan hulpbronne en ondersteuning is daar steeds eerlike polisiemanne en -vroue wat die gemeenskap dien tot die beste van hulle vermoë.

“Die departement moet verder gaan as sy jaarlikse prestasieplan en die inligting wat hy versamel daadwerklik gebruik om die hulpbron-tekorte by polisiestasies op nasionale vlak aan te spreek om polisielede in staat te stel om die gemeenskap van die Vrystaat beter te beveilig,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AL ·

Dis verby skokkend – dat mense so wreedaardig vermoor word. Daar is geen regverdiging vir sulke siek dade nie. Ons moet nie gaan lê nie. Staan sterk, bemagtig jou en jou gesin en wees ten alle tye paraat.
Ons weet dat die Regering se stilswye en apatiese houding duisende woorde spreek.

Anton ·

Ekskuus? Die regering doen niks, zilts, boggerall in teendeel, ek dink hulle hits dit aan.

Pork Chop ·

Eendrag maak mag. As die Afrikaner weer kan saamstaan kan dinge gebeur. Niemand anders gee om nie. Die massa moorde word toe gesmeer op ons boere. Waar is die ou manne wat ons kan lei in die stryd? Ons word openlik gewaarsku ons sal op ons plek gesit word. Dis nou genoeg.

Johannes van Staden ·

Anton jy is reg . Soos met die krag soos met die water en nog BAIE ander voorbeelde skrik die anc te laat wakker ….nooit proaktief nie altyd reaktief ….iets moet eers gebreek wees voor daar mos iets verkeerd is het ons mos nou al so baie gesien

Arno ·

Ons moet saamstaan en nie net koerante lees en niks doen nie die nuus wat ons elke dag hoor is skokend dink jouself in in so situasie asb man mense wat kan ons foen en wat gaan ons doen of gaan niemand niks doen nie maak planne en maak julself weerbaar om meer te begin dis skokend om die koerant te lees en elke keer moet ons lees;moord en roof op plase beveilig julself . Kan iemand net help asb

Erick ·

Boere kan miljoene der miljoene rande vir wild betaal maar kan nie ‘n private sekuriteits weermag op die been bring om hul mense en hulle self te beskerm…

Landbou ekonoom ·

Beslis is nie alle boere ryk nie, inteendeel. Maar ja party boere moet baie meer doen om hulself veiliger te maak.

Boerseun ·

Erick, ek stem dat daar gekyk moet word na privaat polisie/securiteits mag.

Maar ek gaan wel se die ouens wat geld uit wild maak bly nie eens op hulle plase nie en hulle is maar min en is kop in een mis met Cyril (so moet nie verwag hulle gaan help nie). Hoekom kan elke Afrikaner Boer nie sy 10 rand vir dit gee in stede van “lost causes” soos universiteite in howe gaan baklei of skole vir Nkandla kinders te bou?

m ·

Boere moet begin besef hulle is absoluut op hulle eie genade oorgelaat in hierdie land. Beveilig julle self en wees maar net paraat. Dis interessant hoe hierdie gemors die bejaarde boere teiken want hulle weet julle kan nie veg teen hulle nie. Dis maar die plaaswerkers wat baie mooi uitpraat oor wat op die plase aangaan, hulle is deel van al hierdie aanvalle hulle sorg dat al die nodige inligting uitgegee word. Mense wat so alleen bly moet nog meer paraat wees.

Helen ·

Ja en beskerm jy jouself en jou gesin en dood een of verjaag hom van jou grond af word jy vervolg? Nou hoe nou?

Ek vertsaan nou nie so mooi nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.