Legendariese SA musikant kanselleer optredes  

Hugh Masekela. Foto: ANA.

Hugh Masekela, legendariese Suid-Afrikaanse jazz-musikant, het alle onmiddellike verpligtinge

gekanselleer as gevolg van sy stryd teen prostaatkanker. Masekela (78) het die publiek vir privaatheid gevra.

Hy het ook gesê dit is die enigste verklaring wat hy in die openbaar oor sy siekte sal maak.

“Ek het my verpligtinge vir die onmiddellike toekoms gekanselleer. Ek het al my energie nodig om my stryd teen prostaatkanker vol te hou,” het Masekela gesê.

Masekela word al sedert 2008 behandel vir dié siekte.

Masekela sou op 4 November saam met Zimbabwe se Oliver Mtukuduzi opgetree het by die Hugh Masekela Heritage Festival in Soweto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frikkie (Nie pienk) ·

Sjoe, groot skrik gevang toe ek die opskrif lees. Ek het dadelik aan Steve gedink!!

Boerseun ·

Wel Steve is tot in NZ bekend, klink vir my soos n wereld beroemde legende

Marianne ·

May God strengten you, my prayers too the most talented man I had the honour too meet.

E.K. - ek sê net! ·

Ai dis jammer! Manne asb, julle moet, net soos ons vrouens, gereeld gaan vir “check-ups”.

Etienne ·

Hugh het al in 2008 geweet van die probleem,toe my PSA te hoog was het ek dadelik ‘n uroloog geraadpleeg en toe urinering moeilik word op ‘n donderdag is ek die volgende Maandag geopereer.
Net ‘n premere operasie (uitskilling) maar alles was toe skoongemaak,nou a tien jaar en als OK.
Gereelde diens laat selfs ‘n motor aan die loop hou.

Daleen ·

Briljante artikel! Hoop ons sien meer sulke eg Suid Afrikaanse artikels hier op Maroelamedia. Trots op julle!

Leahim ·

Ek het ook eerste aan Steve gedink ek is nie vertroud met Masekele se werk nie.

Saarkie (Pienk) ·

70 Jaar as jy geukkig is en as jy baie sterk is 80.
Groot gees, vir die aanhangers van sy musiek n wereld legende is besig om te groet.
Bid vir hom en sy mense. Sterkte Hugh ” may we hear your music forever.”
Peace to you Sir.

Frankie ·

Steve is net in Suid Afrika en onder sommige Suid Afrikaanse expats ‘legendaries’.

Die Kiwis hou nie van sy musiek nie en hulle hou nog minder daarvan dat hy ‘n politieke agenda het.

Ja, ek weet – Steve probeer die wêreld bewus maak van die stille volksmoord van blankes en boere maar enige Kiwi wie oud genoeg is om die Rebelle All Black toer te onthou sal vir jou sê dit het families, vriende en die land in twee geskeur. Vir ‘n land en nasie vir wie ‘fanau’ (familie) – en nasionale eenheid duskant heilig is, glo ek nie hulle stel belang om betrokke te raak by ‘n ‘post -aparteid probleem’ nie.

Sommige SA immigrante sal vir jou sê dat veral die ouer Kiwi garde steeds dink dat die meeste blanke SAner immigrante in NZ vlak grafte in hulle agterplase in SA gehad het. En dat dit vir baie SAners – veral die in die kleiner landelike dorpies, jaaaare vat voor die ouer Kiwi gemeenskap hulle aanvaar en vertrou.

Wat musiek talent en internasionale erkenning vir daardie talent betref : om Steve met Mnr Masakela en te vergelyk is soos om ‘n huiskat met ‘n leeu te vergelyk..

Mnr Masakela is ‘n wêreldbekende jazz musikant onder ernstige musikante,, jazz – en musiek liefhebbers van vele nasionaliteite – en hy het ‘n string internasionale pryse en erkennings agter sy naam….

Gert Coetzee. ·

Ek vind dit absoluut verbasend dat n man met al jou kennis en insig nie weet dat in die maori taal gebruik hulle nie n f soos in jou fanau nie.

Nicolaas ·

Frankie, jy gaan aan asof die eilandjie NZ ‘n belangrike land is. En asof enige iemand wat nie van jazz hou nie, behoort te weet wie Masekela is. Hy is dalk ‘n legende vir jazz liefhebbers, wie ek persoonlik dink ‘n klein minderheid is soos die eilandjie New Zeeland. Steve Hofmeyr is beslis nie legendaries nie, maar Masekela net so min

Connie ·

Aai ou Frankie, die NZders weet nie eers waar hulle vandaan kom nie. Regtig? Kon jy nie ‘n beter voorbeeld gebruik het nie? Pleks probeer jy ook iets doen teen plaasmoorde. Dit is ons elkeen se plig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.