Lephalale-plaasaanval: ‘Grusaamheid moeilik om te verwerk’

JJ (Poem) Lamprecht. Foto: Verskaf

JJ (Poem) Lamprecht. Foto: Verskaf

Meer as drie weke nadat Poem Lamprecht (89) op ʼn jagplaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo dood is nadat hy met ʼn staalvoorwerp aangerand en geskop is, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons is almal maar nog baie stukkend oor wat gebeur het,” het Madeleine Human, Poem se kleindogter, Maandag aan Maroela Media gesê. “Elke keer as oupa hartdokter toe moes gaan of as sy gesondheid bietjie gelol het, was ons bekommerd dat hy dalk een oggend nie gaan wakker word nie. Maar dat hy op so ʼn gruwelike manier weggeruk moes word … Dit maak dit baie moeilik om [sy dood] te verwerk.”

Maroela Media het vroeër berig Poem en sy vrou, Kotie (76), is omstreeks 21:30 die aand van 29 Oktober 2016 in hul rondawel op die plaas oorval. Volgens Human was dit egter nie haar oupa wat die deur oopgemaak het soos daar vroeër beweer is nie. “Die sekuriteitslig buite het aangegaan en Kotie het gaan ondersoek instel. Sy het die houtdeur van die huis oopgemaak, maar die veiligheidshek was nog gesluit,” het Human gesê.

Sy vertel dat die persoon buite vanuit die donker homself in Afrikaans as Hannes geïdentifiseer het, die egpaar se kleinseun wat vroeër die aand daar gekuier het. Kotie het die hek oopgesluit, terwyl Poem uit die kamer gesê het hy is op pad. Dit is toe dat drie aanvallers die huis binnegestorm het.

Die aanvallers het Poem se hande vasgebind en hom met ʼn staalvoorwerp, vermoedelik ʼn pyp, aangerand. Hy is ook verskeie kere geskop. Die aanvallers het Kotie ook aangerand en haar aan die diefwering voor een van die vensters vasgebind. Die boosdoeners het daarna met ʼn onbekende bedrag kontant en ʼn vuurwapen gevlug.

Volgens Human kon Poem daarin slaag om homself los te wikkel en het met sy knipmes na Kotie gekruip om haar te help. Hy kon egter nie regop kom om haar los te sny nie en is voor haar voete dood. Kotie moes deur die nag aan die diefwering vasgebind staan totdat Poem se dogter, Monica, hulle die volgende oggend gevind het. Monica het gaan ondersoek instel nadat die familie die egpaar nie in die hande kon kry nie.

Human het gesê niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie, maar die familie bly hoopvol dat die aanvallers binnekort vasgetrek sal word. Ao. Frans Mokoena, woordvoerder van die polisie, het gesê geen nuwe inligting oor die saak is tans beskikbaar nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Intussen bly Kotie sedert die aanval by ʼn vriendin in die dorp en het nog nie besluit of en wanneer sy sal terugtrek plaas toe nie. “Daar is ʼn moontlikheid dat een van haar seuns by haar op die plaas sal kom bly, maar alles was nog so deurmekaar ná die aanval dat sy nog nie regtig kans gehad het om ʼn besluit te neem nie. Tyd sal leer wat vorentoe gaan gebeur,” het Human gesê.

“Vir Oupa Poem was daar nooit ʼn ander plek waar hy wou wees as die plaas nie. Hy was ʼn boer in murg en been en niks sou hom ooit kon wegskeur van die plaas af nie. As hy net vir twee dae moes weggaan om die dokter te besoek, het hy knorrig geraak en wou net terug plaas toe. Ons het hom langs die dam op die plaas begrawe, sodat hy kan rus op die plek waar hy op sy gelukkigste was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Alet Coertzen ·

Dis maar ok in nuwe SA. Almal doodstil nou, maar net nog een. Maar die Vader SAL hulle volg en oordeel. Jou dag gaan kom

Hoe tragies ·

Boosdoener is nou ‘n MOORDENAAR. Het die DA of ANC of EFF gebel en hulle simpatie betuig? O nee hulle is nog agter die doodskismanne aan. Druk nog Themde vir die volgende hofverskyning. Rus in Vrede oom Poem, gaan rus daar waar jy gelukkig was, raak weer deel van die aarde waarvoor jy lief was. Jou LEWE tel, nie die manier waarop jy doodgemaak is nie. Hulle sal hulle straf kry.

Simon ·

Dit is tog opvallend met die vergelyk in van die twee sake.
In een geval is die slagoffer hard handing maar sonder bloukolle gehanteer en is hy slegs geestelik getruamatiseer en lewe hy agterna nog om op bedrieglike wyse sy aanklagte te formuleerste. Dit kry die hoogte aandag van die vervolgingsgesag en die media.

Die teenstelling is waar iemand so hard handing behandel is dat hy daaraan dood is.
Hieraan word weinig aandag gegee deur vervolgings-owerheid en die media.
Iets is ernstig verkeerd hier in die gewaande “demokrasie” wat Suid Afrika genoeg word.

Lynette Kruger ·

Waar is menswaardigheid vir die oom. Hoe moet familie voel oor die oom se dood.
Dan huil die man wat in n kis gesit word. Hy het niks oorggekom nie, hy is nie doodgeslaan nie. Hy lewe. Wat het hy op n ander man segrond gesoek. ……. En ons word kwalik geneem dat vreemdes aangetree word op ons eie woonplekke.

Ruby ·

Ek is so hartseer dat die oom so moes gaan :-(

Baie sterkte aan die tannie.

Beesblaas ·

Ons sit met die beste eks-polisie manne in die wereld tussen ons. Is dit nie tyd dat ons ons eie mense beskerm?

Karen van Zyl ·

Hoekom het ons nie al lankal nie? Ons doen niks vir mekaar nie.

Maria Van Dieweeck ·

Ja Lynette. Wat hul gedoen het is verkeerd, maar almal het dit saam veroordeel. Nou is die goeie mens wreed dood en die arme tannie en familie? Nou swyg die media…en dit moet verander! Bid vir die familie van oom Poem.

Christelle ·

so sal daar n tyd vir ons ook kom want ons word stadig maar seker warm gemaak.soos in n pot en wanneer ons begin kook dan is dit te laat. Vir baie van ons sal ditte laat wees en vir ander sal daar hulp kom…mens slaap nie meer nie almal vergeet so vinnig van al die moorde. dis hartverskeurend elke dag om op te staan en sommer reeds te weet vandag.op maroela of ander nuus uitsaai plekke terwyl ons rustig geslaap het was daar geweld wat jou hare sal laat reis wat jou na jou asem sal laat snak. Ek sal niemand vergeet wat so lelik. en wreed dood is nie. Binnekort sal daar vir ons redding kom…alles in die wereldis n gemors God gaan binnekort kom en die wereld sal geoordeel word en die pyn n kners van tande. Rus sag oom dit was onregverdig dat jy so dood.moes gaan my trane rol oor jou

Louise ·

Dis wreed wat hier gebeur het, jammer om te hoor van julle groot verlies en baie sterkte vir julle en RIV Oom Poem.

Kobus ·

Jammer die aanval was nie op video nie. Dan kyk ons of dit ook so baie media dekking kry soos die ouens met die doodskis

Andrea ·

Wat v fotos? Kan dit nie ook gedeel word nie? Ek weet dit sal seker moeilik v die familie wees, maar as familie v slagoffers toestemming gee dat moordtoneelfotos gedeel mag word op sosiale media, kan.mens hierdie platforms gebruik om almal te laat sien wat gebeur met ons mense

Lizanda ·

Maar nee, ons se nogsteeds jammer na 10 dae oor die doodskis debakel, maar geen haan kraai oor hierdie twee onskudige oumense….en hoe hulle gemartel, en vermink is nie, ek jammer se, daai dag is verby!

Rot ·

“Sy vertel dat die persoon buite vanuit die donker in Afrikaans homself as Hannes geidentifiseer het, die egpaar se kleinseun wat vroeer die aand daar gekuier het.” ???

Theresa ·

Innige simpatie met die familie! Wat ‘n tragiese einde. Leidraad: Dis mense wat die naam van die kleinseun ken en dit misbruik het om toegang te verkry? Uiters gemeen en doelbewuste misleiding. Ek hoop van harte hierdie moordenaars word baie gou opgespoor!

Melanie ·

Elke keer wat ek lees van ‘n boer wat wreed vermoor is wil ek ons hemelse Vader vra hoekom?Wat het die oumense gedoen selfs ander blankes dat hulle so uit die lewe geruk is,net ons Vader weet die rede.Plaasboere moet hulself beveilig al kry hulle mense om die plase tebewoon en daar tewerk sodat hulle nie kwesbaar is nie.Mag die familie berusting kry en die owerhede die skuldiges vinnig aankeer.

Basjan ·

Kan julle asb begin sê of die aanvallers wit of swart is. Ons hoor altyd van die wit mense wat dit en dat doen aan swarted, maar by plaasanvalle is hulle rasidentiteit onbekkend.

Asjas ·

Wil ek ook weet, veral aangesien dit in Afrikaans gepraat het en self Hannes genoem het. Ek vermoed nie vuilspel nie maar sou ook graag die ras van die moordenaars wou weet.
Ek dink baie belangrikke inligting gaan verlore waarmee die publiek kon help. Kan die Tannie nie ‘n beskrywing gee en dit word in die media geplaas om op die uitkyk te wees nie?
Hierdie mense pleeg moord in die nag en more werk hy op jou plaas of in die tuin maar ons sal nooit weet nie.
Ek vermoed nie vuilspel nie want ons raak al hoe meer veiligheidsbewus en oplettend, hulle moet nou aan ander maniere dink om in te kom en dit is nie die eerste keer wat ek van die slenter hoor nie.

Simon ·

Asia’s,
Jy beweer twee maal in jou kommentaar dat jy nie vuilspel vermoed nie. Nou wat is dit dan wel?
Of weet jy nie wat met vuilspel bedoel word nie?

Duidelik was hier vuilspel gebesig !!!!!!!

Wally Walters ·

Het gesien hoe boere die hulp van n Drone kan gebruik om plaas aanvalle te fnuik voor jy erens heengaan of as jy terug kom van dorp word die drone gevlieg om verdagtes en verdagte voertuie op die plaas op te spoor.Kan help met veediefstal en die plaas werkers se doen en late ook dophou.

pieter ·

Wally,dit werk baie goed, maar almal kan dit nie bekostig nie

Tanya ·

Hoe tragies. Hoe is dit moontlik dat soveel blanke mense daagliks vermoor word sonder enige haan wat daaroor kraai. Hoe kan ek so ‘n onsinnige vraag vra as ek alreeds die antwoord daarop ken. Vir ons mense is hier niks meer oor in SA nie. Daar is geen toekoms vir jong kinders nie en daar is so ook geen toekoms vir ons ou mense nie. Daar gaan nie ‘n dag verby wat mens nie lees vir blanke mense wat vermoor word nie. Rus in vrede oom Poem.

pieter ·

Oom, dis baie hartseer hoe jy uit ons samelewing geruk is. Ons dag gaan kom,dat ons net mooi genoeg gehad het, en dan gaan ons hierdie moordenaars die see injaag.

Jef ·

Om te woon en te werk op plase vir veiligheid van ons boere is op sig n baie goeie idee maar daar sal niks van kom nie want ons wit mense is bang.
Ek lees baie kere dat ons moet saamstaan maar ons kan nie want ons is bang, Ons bly in ons huise en beskerm onsself en ons familie maar reik geen hand uit na ander wat ook beskerming nodig het nie.
Ons moet begin doen wat ons se ons wil doen.
Sterkte aan die familie

Chris ·

Sterkte aan die familie.
DIt gaan seker lelik klink maar plaas n foto van arme oupa sodat ons dit op social media kan verspry.

Zulu ·

Dit is deesdae aan die orde van die dag om weerlose ou mense aan te val, aan te rand en dood te maak? Hoekom hul dood maak? Vat wat jul wil he en los net die mense uit!!!! Wreed is ‘n under statement!!!!

Asjas ·

Die ANC, DA en EFF wil ons so graag weg he. Hoekom het hulle nog nooit daaraan gedink om ‘n fonds op die been te bring en ons dan as te ware te borg om die land te verlaat nie? Want glo my, ek is reg om te gaan, ek kan dit net eenvoudig nie bekostig nie. Komaan Zuma, make me an offer I can’t resist! Ek en al my nasate sal more op ‘n vliegtuig klim na waar ons welkom is.

Leon Pit ·

Die regering regeer soos die krimenele ons land so wat verwag jy dan . Eendag sal alles weer wees soos dit was. Glo en vertrou dis moeilik ek weet.

Avenant ·

Het julle ook nou geval vir die “PC” lewenstyl – die pad van die “appeaser”????
Hulle is niks minder as MOORDENAARS nie.
En as jul joernalis ‘n onderhoude gevoer het met die naasbestaandes, dan is die ras van die aanvallers ook bekend. Ek is doodseker dit was nie Japanese nie.
Publiseer dit – daar was nie gehuiwer om die “doodskis manne” se ras dmv van fotos te identifiseer nie.

Alida ·

Die fotos wat die polisie op die moordtoneel neem moet reg oor die wereld versprei word. Miskien gaan die MRK se oe dan oop. Ook die fotos van die moordenaars dan kan die hele wereld sien hoe moor huĺle die blankes uit op die wreedste moontlike manier. Die familie het reg op die fotos. Kry dit en publiseer dit reg oor die wereld dan kyk ons hoeveel toeriste kry SA.

Piet ·

Die groot probleem is eintlik dat mense sulke barbaarse gedrag goedpraat. Kyk gerus hoe ander lesers se kommentaar sulke barbaarse aanvalle regverdig, wanneer hulle byvoorbeeld se dat iemand sy werker te min betaal het en dit regverdig kwansuis haat. Hulle houding doen meer skade as wat die ANC in sy hele bestaan kon doen. Geen mens verdien sulke behandeling nie, maar as n oumens so genadeloos gemartel word dan besef mens net weer dat die duiwel los is in hierdie land van ons. Ek is jammer vir die naasbestaandes, ek wens dit het nie gebeur nie.

Conrad ·

Skokken dat iemand soos oom Poem wat deur die Hemelse VADER gespaar was vir 89 jaar op so wreede manier sy laaste asem moes uit blaas. Bietjie vir bietjie word ons boere uit gemoor. Ek wil graag aan die familie sé, oom Poem het nie verniet gesterf nie, ons Afrikaaners sal aan hom dink met elke gelofte dag. Die VADER slaap nie en sal die ‘anti christ’ eendag verantwoordekik hou vir hul dade. Rus sag oom Poem. Conrad

Alida ·

Ek se weer stuur die fotos die wereld in al is dit hoe seer vir die geliefdes. Die buiteland het nie n idee wat hier aan die gang is nie. Niemand kan jou verbied om dit te versprei nie.

Moeg vir suid afrika ·

Hoekom word net sommige misdade uitgesaai vir die wêreld om te sien maar as ñ boer wreed vermoor word kan dit net op media nuus gelees word?Niks van dit word op die televisie uitgesaai nie,en die wêreld sien nie wat regtig gebeur nie.Die nuuskanale moet begin om elke moord uit te saai op die televisie,nie net wat hulle pas nie.

Lance ·

Het die DA iets gese ….seker niks ! Waars die media nou ….nerens ….lamsakke !

Ampie Nortje ·

R I V Oom Poem.

Hoekom al die vrae? Wat verstaan ons dan nou nie so lekker nie, ons is verraai, Daar was hordes boeke geskryf oor die kamtige vryheids stryd, hoe hulle verdruk was ens, maar sien jy dat een van die lafaards wat die boeke geskryf het, enigsins iets te se het oor hul eie mense se lyding en die moorde.
Nee!!!!!!! en jy gaan ook nie, dit is die rialiteit, ons gaan nog baie elende ondervind.

Wens net partykeer ek het die hulpbronne gehad!
Iemand sal iets doen se almal, en wie sal daai iemand wees? Dit is jy en ek! Dit is wie dit is.

Pool ·

Oom Poen jy is nou by n beter plek. Die verlies wat jou kinders, familie en vriende ervaar het, kan ek myself net indink. Ek wil ook net n beroep op ons volk doen en nie net Boere nie….bemagtig julle self en wees paraat. Jou huishulp of tuinman kan jou jou lewe laat verloor. Wees paraat Burgers.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons is oorval van die swarte in die doodskisstorie maar geen nuus oor bv ‘n dame in Waterkloofrif wat verlede week deur 3 swartes in die nag aangerand is nadat hul alles gevat het wat hul wou he. Waarom die slagoffers so wreed seermaak?

Sarie van heerden ·

Ek antwoord MOEG VIR SUID AFRIKA. Waar dink jy sal die nuusmedia die tyd kry om al die moorde wat hul nie bekendmaak te publiseer? In ons omgewing is die laaste 3 weke 3 mense doodgeskiet sonder enige blootstelling daaraan. Aldrie is sonder rede eenvoudig doodgeskiet. Ek is ook sat vir hierdie land.

Denise ·

Dit is soos ek al hoeveel keer gese het dit raak net erger en niks word gedoen nie niemand doen iets ontrent die moorde van ons wit mense nie maar simpel goed kry aandag !!!! Elke dag word onskuldige mense VERMOOR < AANGERAND EN BESTEEL maar die MOORDE is die ERGSTE !!! Hierdie wreedaards moor nie sommer net nie hulle is opgesweep deur die KILL THE BOER liedjie!!!! without prejudice!!!

Marianne ·

Dit is hartseer om elke dag die koerant op te tel en te lees van nog n plaas aanval. Net jammer ons regering doen niks daaraan nie. Ons as burgers van Suid-Afrika wat se genoeg is genoeg, moet maar n petisie opstel en se bring die dood straf terug in SA. Dit werk nog goed in ander lande. Dit is hoekom ander lande se mense na ons mooi land toe kom. Om te moor.

GeorgeHavenga ·

Tragies.Waar is al die grootmonde met hulle plakate nou.Waar is die DA nou?Wit mense wat so wreed vermoor word haal nie eers meer die nuus nie.Skande.Waar is die pers nou??Sensasie van die doodskis voorval haal voorblaaie en al wat ñ nuusberig.

AmY ·

As die aanvallers blank was, sou die berig dit genoem het. Sonder twyfel. As ras nie genoem word nie, kan ons maar weet die aanvallers was nie blank nie. Ons is intellegent genoeg om dit te weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.