Lily-myn aangesê om te sluit

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga waarvan ʼn gedeelte Vrydag ineengestort het, het Maandag ʼn sluitingskennisgewing ontvang.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Maandag gesê dat sy departement ʼn art. 54-kennisgewing uitgereik het waarvolgens die myn gesluit moet wees terwyl die reddingspogings om die drie vasgekeerde mynwerkers te bevry voortgaan.

Maroela Media het vroeër berig dat drie werkers wat ten tyde van die voorval in ʼn skeepshouer was wat as lampkamer gebruik is, steeds gesoek word nadat die gebou met dié kamer onder puin en grond ingeval het. Volgens berigte het die bestuur van die myn Maandagoggend gesê reddingspanne het oudiokommunikasie met die vasgekeerde werkers bewerkstellig wat hoop skep dat die werkers steeds lewend is.

Zwane het gesê hy het Vrydag sewe uur lank met die bestuur van die myn vergader. “Ons het met die bestuur van Lily-myn ooreengekom dat, onder hierdie omstandighede, die myn gesluit moet word totdat die situasie genormaliseer het en daarom is ʼn art. 54-kennisgewing uitgereik,” het hy gesê.

“Ons was self op die toneel, het ʼn voorlopige ondersoek gedoen en het self gesien wat die situasie is. Dit is ʼn goeie voorbeeld van hoe ʼn art. 54-kennisgewing uitgereik moet word, eerder as dat dit uitgereik word terwyl ons in Pretoria sit.”

Volgens art. 54 van die Wet op Mynveiligheid het inspekteurs van die departement die mag om bedrywighede by die myn te staak indien hulle rede het om te glo dat enige gebeurtenis, praktyk of omstandighede die veiligheid of gesondheid van mense by die myn bedreig.

Zwane het gesê sodra reddingspogings en die ondersoek afgehandel is, sal die departement die kennisgewing aan Lily-myn hersien en die nodige stappe doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Ha, Ha, Ha. Lily man bestuur het s.
Al Vrydag die myn gesluit.
Deoptement proebeer nou net politieke punt en stemme werf vir plaslike verkiessing. Mooi hou so aan julle beindruk die mense.

Gert ·

Hi die myn word net gesluit deur die DMR vir n ondersoek om te bepaal wat was die oorsaak ens , daarna sal hy weer vir produksie oopgestel word.Ons myn was ook al gesluit vir n periode met n seksie 54 is maar net protekol na so ongeluk.

He in van Zyl ·

Die mense is besig met een van die grootste reddingsoperasies in ons land se geskiedenis, en dan kom hou die minister hulle 7 ure lank besig in ñ boardroom… Nee man

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.