Lily-myn: Werkers al 80 uur lank vasgekeer

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Na nóg ʼn dag se reddingspogings kon reddingspanne steeds nie daarin slaag om die drie werkers wat onder in die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, na veiligheid te bring nie.

Die bestuur van die myn het vroeër Maandag gesê hulle kon daarin slaag om oudiokommunikasie met die vermiste werkers te bewerkstellig wat die hoop wek dat hulle steeds lewend is ná meer as 80 uur onder die puin en grond. Volgens mediaberigte het ʼn woordvoerder van die myn, Mike Begg, aan verslaggewers gesê dat die reaksie van die vasgekeerde werkers al swakker raak, maar dat reddingspanne steeds positief bly dat hulle lewend gevind sal word.

ʼn Gedeelte van die Lily-myn het Vrydag ineengestort toe ʼn kroonpilaar meegegee het. Die drie werkers wat tans vasgekeer is, was ten tyde van die voorval bo die oppervlak in ʼn skeepshouer wat as lampkamer gebruik is, en tydens die ongeluk onder puin en grond verdwyn het.

Intussen het Cosatu Maandagmiddag teen die mynbestuur uitgevaar nadat sy verteenwoordigers glo toegang tot die myn geweier is. Fidel Mlombo, Cosatu se provinsiale sekretaris, het gesê beamptes van die federasie is na die myn gestuur, maar daar is aan hulle gesê dat slegs Amcu-verteenwoordigers op die perseel toegelaat sal word.

“Wat Cosatu woedend maak is dat die beamptes na die toneel ontbied is om by die minister van minerale hulpbronne [Mosebenzi Zwane] aan te sluit wat reeds op die mynperseel was, maar hulle is steeds toegang geweier,” het Mlombo gesê. “Hierdie arrogansie teen Cosatu deur werkgewers bevestig net ons siening dat Amcu-leiers in die werkgewers se sakke is.”

ʼn Art. 54-kennisgewing is Maandag aan die Lily-myn uitgereik waarvolgens die myn gesluit moet bly totdat die situasie genormaliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Amcu kaan mos nie aandrig om privaat eiendom te betreë nie. Wat se regte het hulle?

Sarel Strydom ·

1) Eerstens het hierdie vasgekeerdie mense n ehulle families soveel gebede en bystand as moontlik sonder negatiewe kommentaar. Laat ons dit doen want ons kan.

DPJ ·

Sarel, as jy reken Amco wil op die myn terein kom om groep gebede daar te bring maak jy ‘n groot fout. Hulle wil die eiendom betreë om moeilikheid te maak vir redings spanne en bestuur.
Gebede is wel nodig vir die redings spann, vasgekeerdes en familie deur geloweges wat gebede van gelowiges het baie krag by God drieenig. Het jy hulle al opgedra in jou gebede aan God?

Chris W ·

Waar Amcu teenwoordig is is daar net probleme .Hy is deur Malema gestig en befonds al is Malema nie in sig nie!Ek hoop regtig hulle gaan betyds by die werkers uitkom.Gaan my verstand tebowe waarom hulle so lank vat met hul reddingswerk.

Paul ·

Amcu is nie deur Malema gestig nie. Amcu is in 1998 gestig, toe Julius Malema 17 jaar oud was.

Louise ·

Ek hoop regtig die mense word lewendig gevind.
Dit moet baie erg wees om lewendig begrawe te word.
Weet hulle waar die werkers vasgekeer is en hoekom nie n gat boer en kos en water solank deur gee aan die werkers.

ELSA ·

HOOP EN BID HUL WORD LEWEND GEVIND VANDAG NOG – VADER BESKERM HUL EN
GEE KRAG AAN REDDINGSPANNE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.