Limpopo-gesin op kleinhoewe oorval

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Gesin is Vrydagaand op ʼn kleinhoewe buite Letsitele in Limpopo deur drie gewapende mans oorval.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê drie aanvallers met balaklawas oor hul gesigte het omstreeks 19:30 die huishulp in haar buitekamer oorval, vasgemaak en van haar selfoon beroof. Hulle is ʼn ruk later na die hoofhuis, waar hulle ʼn 46-jarige vrou en haar bejaarde ouers vasgebind het.

“Die verdagtes het kontant, selfone en juweliersware bymekaargemaak voordat hulle met die gesin se Toyota Tazz op die vlug geslaan het,” het Otto gesê. “Geen skote is afgevuur nie en niemand is tydens die voorval beseer nie.”

Otto het gevra dat die publiek op die uitkyk sal wees vir ʼn maroenkleurige Toyota Tazz met die nommerplaat CBP 199 L. “Enige persoon wat die voertuig opmerk of meer inligting oor die voorval het, word versoek om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree,” het sy gesê.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Grap ·

Die skelms raak al makker en die slagoffers meer weerloos. My opinie is wees paraat en verdedig jouself.

vince ·

stel ‘n potjiefakkel om jou plaashius op wat afgaan as die groenewalds toeslaan…

Veritas ·

Andrea ‘n pootjiefakkel is die Afrikaans vir ‘n ‘trip flare’. Dit is basies ‘n dun draad wat tussen 2 of meer punte, sowat 200 – 300mm bokant grondoppervlak gespan word. Indien die draad versteur word skakel dit ‘n meganisme in werking wat verligtingsfakkels aktiveer. Ek glo nie dit is in die handel verkrygbaar nie. Die nadeel hiervan is dat dit deur diere (mak of wild) ook geaktiveer kan word.

Jan maak n plan ·

Hulle het seker terug gekom oor n loon dispuut. Potjie fakkels sal nie werk nie, wees maar net oaraat en skiet eers en dan vrajy vrae.

Tiger ·

Baie dankbaar niemand is beseer in die rooftog nie.Mens moet dinge in plek stel wat jou vroegtydig waarsku as “ongenooide gaste” jou eiendom betree sodat mens kan gereed wees as hulle arriveer.Dit is die beste.Om voor ‘n tv verras te word deur gewapendes of ongenooides is net nie goed genoeg nie.Jy laat jouself en familie in die steek.

Yvonne ·

Ek het nou probeer naslaan wat ‘n potjiefakkel dan nou is, maar was onsuksesvol. Kan julle dalk asb help, Maroela?

Wat-ek-lees ·

Net huisroof terwyl hulle gewapen was? Seker dan messe?
Die CBP-registrasienommer is nogal vanpas wat beteken “Come Back Please . . . “

Lance ·

Jy moet weet wie by jou werk veral as dit net vir n dag is en dis iemand van die straat

sarie van heerden ·

Wat van ‘n bietjie kos met gif in. Of brandewyn met ‘n ietsie in.

Marianne ·

God dank niemand is beseer nie! Erg getraumatisseer maar ongedeund.
Aardse besittings kan vervang word, ‘n lewe nie!

Sputnik ·

Koop ‘n alarmstelsel wat bewegingsensors buit die huis het. Mens kan dit self doen. Makro verkoop selfs ‘n draadlose stelsel wat jy maklik self kan installeer (ek het meef as een). Communica vekoop ook – daar’s baie sulke stelsels. Dit is beter as niks. Verder, wees altyd paraat.

hercules ·

ek het so by my selwers gewonder hoeveel mense gaan weet wat ‘n potjie-fakkel is • Veritas jou beskrywing is egter 10/10

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.