Limpopo-leeuslagtings: ‘Moetie dalk vir kriminele’

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

Die vlaag leeuslagtings in Limpopo die afgelope week, hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat onder meer vir bemagtiging of kriminele elemente aangewend kan word.

Prof. Ray Jansen, medeprofessor in ekologie aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en navorser by die Nasionale Dieretuin, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy is byna seker ʼn sindikaat is vir die onlangse voorvalle verantwoordelik. Hy meen dit hou heel moontlik verband met moetie eerder as die Asiese swartmark.

“Groot katte word as baie kragtige moetie beskou en word al lank algemeen gebruik in tradisionele medisyne wat tradisionele genesers, sangomas en oudstes in landelike stamme in Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek voorberei,” het Jansen gesê.

Volgens Jansen glo gebruikers die moetie maak hulle magtiger as ander mense. Hulle dra die katte se tande, skedel, kloue, pote, stukke van die skedel en velle. “Die Asiese swartmark sal eerder organe, bene, vleis en ander dele stroop om te eet. As mens na die onlangse voorvalle kyk, is hierdie dele van die karkasse nie gestroop nie en daarom is die kans groter dat dit vir moetie gebruik word,” het hy verduidelik.

Die leeus is vermoedelik met die dodelike Temik vergiftig voordat die koppe en pote verwyder is. Jansen het gesê die gif hou nie ʼn gevaar vir moetie-gebruikers in nie, aangesien die dele wat verwyder is, nie geëet gaan word nie.

“Die dele word verkoop om gedra te word of om die nek te hang. Die gebruikers glo dit maak hulle kragtiger en dat dit bose geeste afweer. Hulle word oortuig dat hulle onkeerbaar is – onkeerbaar vir die polisie of enige elektriese heining of wapens.” Hy meen daarom wend van die gebruikers die “bemagtiging” aan vir misdade soos onder andere plaasaanvalle of renosterstropery.

Hy het gesê die kleur van die leeu speel nie juis ʼn faktor nie, hoewel albino-diere ʼn groter moetiewaarde het as gewone diere.

Jansen het bygevoeg dit vat lank om mense, wat in moetie glo, te oortuig dit werk nie. “ʼn Mens kan ongelukkig nie mense se jarelange geloof oornag verander nie. Dit neem baie tyd, opvoeding en hulpmiddels,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig altesaam vyf leeus is die afgelope week in Limpopo alleen vir hul liggaamsdele doodgemaak. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

Dis so hardseer dat hierdie pragtige diere afgemaai word vir sulke strooi….

M'Lady ·

Ek het alle hoop vir Suid-Afrika en sy diere verloor. Teen die tempo wat hulle uitgemoor word sal daar oor n paar jaar niks oor wees nie.

Voorlaaier ·

En dit is di mense wat die land regeer!!…..
Regeer met i bottel moetie in di bo sak en i leeu poot in di agter sak!!

vierkleur ·

Net soos die klomp by marikana gedink het die moetie wat hulle gebruik het,maak hulle onsigbaar vir die polisie……………………………………..hulle het n GROOT surprise gekry :)

Is daar dalk weer iets aan die broei dat hulle moetie bymekaar maak?

Karma ·

Weet jy …. dit is om van naar te raak!!! Sal ‘n mens ooit die …. goed – want mense kan jy hulle nie noem nie – opgevoed kry? Muti … Dit maak jou onsigbaar, dit maak jou ‘onkeerbaar’ vir die polisie, skerppunt ammunisie, elektriese skok en ‘n hond wat jou knaters afbyt. Nee maar raait, laat hulle dan maar in hulle muti glo!!! Marikana was klaarblyklik nie vir hulle ‘n les nie. Net jammer dat ons lieflike groot katte daar onder moet ly!!!

Kwaaitjie ·

Ons kosbare Wild, Skole, en Universiteite word afgemaai. Hier gaan niks oorbly vir ons nageslagte nie, nie soos dit nou aan gaan nie.

chris ·

Tog jammer hulle eet dit nie, dan sal die stropers ook tien voet onder die grond wees…
Eendag as hulle voor God staan hoop ek hulle kry wat hulle toekom…

Jef ·

Al die onsinnigheid om pragtige diere uit te moor, binnekort is al die wilde diere wat SA sy naam gee en waar SA dwars oor die wereld voor bekend staan verdwyn, So ook die fantastiese mooi natuur waar die diere in lewe.
Hierdie moeti gemors waar hulle in glo, kry ek die veronderstelling dat hulle die afgelope 400 jaar nog niks geleer het nie want hulle verstaan tot die dag van vandag dat die gemors geen uit werking op n mens het nie.

Oom Kalahari ·

Gaan kyk net hoe word die diere uitgemoor in Afrika, dit is skrikwekkend. Niemand gaan die geloof wat die Sangoma’s, Takhati Chiefs, Oudstes en Tradisionele genesers met hul moeti koors stories laat afwyk nie. Oorlewing van al die prag diere word ingeperk en die president besoek darem mos ook jaarliks die grootmanne wat hy so vrylik bevonds met motors en geld sodat die dolosse kan bepaal dat hy die groot stoel nog moet warm hou. So is die Sangoma’s ook naderby met al sy hofsakies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.