Lise weet nou haar kinders is oorlede

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Lise Brink het Sondag gehoor twee van haar kinders is verlede maand in ʼn ernstige motorongeluk oorlede.

“Die hartseer dag waarvoor almal sedert ons ongeluk op 16 Desember bid, het toe vandag aangebreek. Ek het Lise vertel van die dood van André en Rachel. Die impak is so hard op haar soos wat ʼn mens kan verwag, tog glo ek dat sy baie genade ontvang,” het dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en Lise se man, gesê.

“Die pad van fisieke herstel vir Lise kry vandag ʼn groot emosionele komponent by, en daarom vra ek vir mense se volgehoue gebede.”

Maroela Media het vroeër berig Lise toon daagliks groot vordering en het begin praat. “Lise fluister al sterker en praat meer samehangend. Soveel so dat ek vanoggend gewonder het of ek met haar moet gesels oor André en Rachel,” het Brink Saterdag gesê. Die besluit is egter geneem om haar nie toe te vertel nie.

Maroela Media het vroeër berig Danie, Lise en hul vyf kinders was verlede jaar op 16 Desember in ʼn ernstige motorongeluk betrokke. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood terwyl Lise kritieke beserings opgedoen het.
ʼn Gedenkdiens vir André en Rachel word op 22 Januarie gehou. Die diens sal om 14:30 in die ouditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria plaasvind.

Lise word tans in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Haar linkerbeen is geamputeer en haar galblaas is verwyder ná die ongeluk.

Danie het vroeër gesê Lise sal ongelukkig nie die diens kan bywoon nie en die familie sal by ’n latere en private geleentheid ’n teraardebestelling vir André en Rachel hou.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteuningsgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Beverley ·

Sterkte daar. Sal julle familie in ons gebede hou. Die Here sal hulle almal hier deurdra.❤

Nicolene Schultz ·

Here Jesus ek plaas hierdie mense ieder en elk van hulle nou in U hand, Ondersteun nou vir Lize ekstra omdat sy nou eers van die nuus verneem het, laat haar besef haar kinders is veilig by U! Wees met hulle Almal wat die gedenkdiens gaan bywoon, Net U kan onder hulle Almal berusting bring Jesus. Net U besit daardie Vermoë! Dankie Here Jesus. Amen en Amen ✋

Sterkte ·

Sterkte Lize ek dra jou al weke op in my gebede en weet ons hemelse Vader sal jou stukkende hart betet maak! Dr Danie jy is n ongelooflke dapper en sterk man vir jou bid ek ook elke dag ek dink dit was die moeilikste nuus wat jy nog ooit met jou vrou moes deel ! Baie baie sterkte vir jou en jou gesin!??????????????????

Ano ·

Mag God jou hand vat en jou lei deur hierdie dal van doodskaduwee Lize. Ek wil nie eers probeer dink hoe seer dit moet wees nie.

‘n BAIE onskuldige vraag (ek wil met ‘n opregte hart weet) Die ongeluk het 16 Desember gebeur – hoe hou mens eers meer as ‘n maand later ‘n teraardebestelling? Waar word daai ou lyfies gehou vir so ‘n lang tydperk? Is hier dalk iemand wat kennis het van die dinge wat nie sal omgee om my te “educate”” nie asb?

Alta van Zyl ·

Hulle lykies is gebalsem dit is al in vorige gesprekke gesê

Ano ·

Baie dankie vir die inligting Alta van Zyl. Ek het nie al die berigte gelees nie (vergewe my maar asb)

Velma Venter ·

Die arme, arme vrou. Sterkte en ons bid dat tyd ‘n mate van berusting sal vind. Dat een mens deur soveel seer in so ‘n kort tydjie moet gaan. Al wat ek kan doen is bid vir beterskap en hope ondersteuning. Ai, die lewe is soms so hard.

Sophia ·

Ano sover ek kan onthou is hulle gebalsem so tyd is glad nie ‘n kwessie nie

Dujon. ·

Ai,dit kon nie maklik gewees het.My hart gaan uit na die familie en vriende van die gesin.Ons bid dat Onse Vader vir hulle sal krag gee in die tyd..

Rina Kotze ·

Baie sterkte aan Danie, Lise en kinders.
Mag Hy wat sover by julle was, julle nooit alleen los nie!
Julle bly in my gebede!

Cacophony ·

Ek kan my nie eers die vrou se smart indink nie ook nie die van haar man wat met die wete moes loop vir weke. Mag die Here julle toevou in vertroosting.

Louise Els ·

Baie sterkte Liewe Jesus is met elke tree by julle. Ons hou julle in ons gebede.??

Marietjie Roux ·

Uiters ongevoelig……kan nie glo Lithop dat jou hart so hard is nie!

Amanda ·

Stem saam. Woorde soos dood en lyk is al telke male onnodig gebruik.

Elize Meyer ·

Al Wat ek kan se…. Die Smart van Danie …. sy kinders wat nie meer daar is nie,,, om die kinders wat nog daar is te ondersteun… Sy vrou wat so ernstig beseer is…. die Besluite wat hy moet neem wanneer wat die beste gaan wees…. Dra ek net aan God oor…. want Hy ken die smart van elke een van hulle.! Ek bid vir julle… ken julle nie…. Ek dink Altyd daaraan as dit Ek moes wees in so n situasie…..!!

Antoinette ·

Baie sterkte aan die gesin kan nie daardie seer wat hulle deurgaan beskryf nie. NET ONE HEMELSE VADER kan daardie seer ligter maak.

Petra Brummer ·

Ons bid dat Kosbare Heilige Gees self sal vertroos en elke leemte in daardie gesin sal vul.

Pastoor ·

Dit is bitter erg die verlies. Eintlik as die mens sterwe. Dan lewe hy eintlik verewig. Ons gaan almal sterf eendag. Daarom sê ons is jy dood seker. Die dood is seker en hulle is by Vader

Pastoor ·

Dit is bitter erg die verlies. Eintlik as die mens sterwe. Dan lewe hy eintlik verewig. Ons gaan almal sterf eendag. Daarom sê ons is jy dood seker. Die dood is seker en hulle is by Vaderamen

Skim ·

Hoekom lees hy dan die berig as dit hom nie aangaan en hy nie voel dat dit nuuswaardig is nie? So vreemd dat mense altyd aandag spandeer aan iets waarin hulle NIKS belangstel nie.

Nelita ·

Voel ook so. Dood en lyk is te hard veral omdat dit kindertjies is. Die arme man en vrou en families lees hierdie berugte. Die gebruikte woorde is koud en toon geen empatie nie.

charlene ·

Ek ken nie die familie nie maar ek het saam hulle die dag gevrees wat hulle vir Lise gaan vertel van die kinders. Daar is geen woorde wat die pyn kan beskryf en geen woorde wat dit net bietjie makliker maak. Liphop, ek is dankbaar die mamma is te swak om te praat dus is ek seker sy is te swak om jou gemors te lees. Mag God jou die pyn bewaar van so iets.
Aan die gesin moet ek sê daar is baie, baie vroue, mammas wat saam julle voel, baie van ons wat die pyn ken van `n kind terug gee. Ons bid vir julle as gesin en glo eendag gaan dit beter gaan, moet net nooit vergeet. Baie mense wil nie daaroor praat nie want dis `n taboe onderwerp maar vir `n ma kan dit help, luister na haar as sy wil praat oor haar engel kinders. Verstaan haar pyn – eendag gaan sy oor haar engel kinders praat en sy gaan nie meer huil nie maar sy gaan `n glimlag hê want dan begin sy die mooi onthou saam die seer.

Johanna ·

Sterkte aan hierdie familie. Spesiale gebed vir die moedertjie. n geweldige terugslag vir haar. Baie hartseer.

wes kaap ·

Ons Liewe Vader SAL hierdie hele gesin nog steeds vorentoe dra, vir die pad wat voor lê. Amen!!!!!

Hannelie ·

Here ek dra hierdie gesinnetjie aan U op. Omvou hulle met U liefde en gee hul vertroosting. Ek glo en vertrou dat hul in U Hande is en dat U genesing sal bring aan haar wat nog verskeie operasies moet ondergaan.
Sterkte aan julle as gesin. Ons bid vir jul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.