Ma, kind (5) val saam na dood

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Ma en haar vyfjarige kind het Sondagmiddag saam na hul dood geval.

Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 16:30 by ʼn woonstelblok, op die hoek van Claim- en Leydsstraat in Hillbrow, plaasgevind.

“Die 45-jarige vrou het vermoedelik selfmoord gepleeg. Sy het haar kind in haar arms vasgehou toe sy van die balkon van die vyfde verdieping van die gebou gespring het. Die ma en haar kind is op die toneel dood verklaar,” het Mamonyane gesê.

Die rede vir die beweerde selfmoord is nie bekend nie en die Hillbrow-polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leo ·

Ek verstaan dit nie….? Hoekom jou kind saamneem? Die vrees wat daardie arme kind moes beleef het.

CQ ·

Omdat hierdie Ma geen uitkoms gesien het nie. Omdat hierdie Ma eerder haar kind sou doodmaak saam haar, as om haar kind alleen agter te laat in die enigste omstandighede wat die ma geken het…. Hierdie vrou was duidelik verby raadop en moedeloos.
Arme arme kindjie

Asjas ·

CQ jy slaan die spyker op die kop. Dis Kersfees, mense verloor hulle werk want die regering kan nie werk skep nie. Hulle kan net verwoesting saai en hul ondeursteuners belieg en bedrieg. Wees kinders is baie erger daaraan toe onder die huidige regering en sal misbruik en mishandel word.
Hierdie Ma was lief vir haar kind en het nie ‘n ander uitkoms gesien nie.

Elize ·

Dis verskriklik. Sy moes so desperaat gewees het en vir seker ook nie kans gesien om haar kind in ander se sorg te laat nie.

Magda ·

‘n Klient van my was vroeer by my en my die storie vertel. Hy het gesien toe dit gebeur het en hy is verskriklik ontsteld daaroor. Dis baie tragies.

Christelle ·

Dit is ‘n jammerte. Ek verstaan waarom ouers hulle kinders ‘saam vat’ as hulle selfmoord pleeg. Die ouer wil nie die kind in ‘n wreede en onseker wêreld agter laat nie.

Nee! ·

Daar is geen verskoning vir so ouer nie. Omdat jy nie meer kans sien nie ontneem jy jou kind van ‘n toekoms? Daardie kind het potensiaal gehad. Dis selfsugtig.

Asjas ·

Jammer maar daar is nie hoop of ‘n toekoms in die land nie. Die arme kind sou op straat land, seks en dwelmslaaf. Hy of sy is nou op ‘n beter plek.

liefde en beskerm tot aan die end ·

sy het gedoen wat beste vir kind is.

Wenner ·

Was ons in haar skoene? NEE!! As jy nie in iemand se skoene
was nie, MOENIE OORDEEL NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.