Ma, seuntjie ongedeerd ná Ford Kuga aan die brand slaan

Ford Kuga Foto: IPSS

ʼn Ma en haar driejarige seuntjie het Saterdag ongedeerd weggestap nadat hul motor, ʼn Ford Kuga, aan die brand geslaan het.

Die voorval het op die N2 in ʼn suidelike rigting net voor die Tongati-tolplaza plaasgevind.

Paul Herbst, paramedikus van IPSS Medical Rescue, het aan Maroela Media bevestig die vrou en haar seuntjie het in die motor gery toe sy gesien het die enjin begin rook. “Toe sy by die tolhek aankom, het die noodligte aangekom. Die motor het ‘n paar meter voor die tolhek aan die brand geslaan,” het hy gesê.

Die ma kon betyds haar seuntjie uit die motor red.

Die vrou was op pad na Durban.

Maroela Media het vroeër berig Ford het in Februarie vanjaar in ʼn mediaverklaring erken dat hy gefaal het om duidelik met die publiek te kommunikeer oor die probleme wat lei tot enjinbrande in die Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost-sportnutsvoertuie en het om verskoning hiervoor gevra.

Ford het 4 556 Kugas, wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is, op 16 Januarie herroep nadat talle van die voertuie se enjins vlam gevat het.

Meer as 45 van die motors in Suid-Afrika het al aan die brand geslaan.

Lees alle vorige berigte oor die Ford Kuga op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

fransie ·

Nou het sy dan nie haar motor ingevat om hersien te word nie?

Tyd Geword ·

Dit het tyd geword dat Ford se fabriek en al sy motors geskrot word sulke dinge is geheel onaanvaarbaar

Vrae te vra? ·

1. Is die Kuga ‘n 1.6 Ecoboost in die groep van 4556?
2. Indien 1. ja is, is die Kuga deur die herstelproses?

Oupiet ·

Sien Dirk se plasing hieronder. My inligting is ook dat die een wat onlangs naby Klerksdorp gebrand het, wel “opgradeer” is deur Ford.

William ·

Ek stem saam met die vrae Hierbo!.
Ek is n’ FORD man deur en deur van die ou 390 Y block V8 , 351C , 3L Essex tot die moderne enjins.
Die KUGA met 2.5 Volvo Enjin (wat ek besit) was n’ goeie platform met baie krag, en gee nie probleme nie.
Voor dit het hulle die ESCAPE in VSA bemark met die 1.6 Ecoboost. Daar het hulle BAIE brande gehad met die einste model.
Daarna in hulle wysheid , skrap hulle die 2.5 Wenresep Kuga, vir die enkele platform 1.6 Ecoboost, en hulle weet mos al klaar daar is probleme met hulle in die VSA!..
Ek verstaan nie die Logika nie!..
Op papier reken hulle die Ecoboost en die ou 2.5 maak dieselfde krag.. glo dit nie. Die 1.6 is pap teen 2.5. Dit voel soos n’ kein motor in n groot motorkar.
Bemarkinings mense moet hulle koppe laat lees.

Michael ·

Ford moet nou tot verantwoording geroep word en al die kuga 1.6 en 2.5 vervang met veilige voertuie

Dirk ·

My skoonpa vertel altyd van ‘n Ford wat hy gehad het wat hom weg gegooi het op die Steytlerville pad in die vroeë ’60’s. Hy moes kilometers stap om water te soek vir die Ford (asook vir hom). Hy het gelukkig op ‘n windpomp afgekom op ‘n plaas langs die grond pad, maar dit was lankal te laat. Sy Ford het om verraai. Nadat hy uiteindelik in PE aangekom het, het hy ontslae geraak van die Ford en gesweer om nooit in sy lewe weer sy voet in een te sit nie. Dis meer as 50 jaar gelede. Ek dink meer Suid Afrikaners moet so besluit. ‘n Paar weke terug het ‘n Kuga gebrand wat wel deur Ford “herstel” is. Dit wys vir my 2 dinge. (1) Ford se dienslewering is tragies en (2) hulle voel maar min vir hulle kliënte, veral hoe hulle die hele situasie hanteer het van die begin af. Ek volg my skoonpa se advies. Ek bly so vêr weg van ‘n Ford as wat ek kan. Dis nou maar eens een vir altyd gemors.

cor ·

Dirk ek het groot geword met ‘n Ford toe dit nog Ford was sonder plasties en aluminium ek is nou 67 jaar oud. Maar toe Amerika sy probleem produkte in die Nuwe SA kom dump soos die oorskot hoender en Ford motors het ek betyds weg beweeg. Ek kan nie verstaan hoe kan iemand nog vertroue in n Kuga he nie raak ontslae daarvan anders gaan jy op jou voette gehelp word.

GES ·

Ford het iewers langs die pad iets verloor wat baie jammerlik is. My vertrou in Ford bestaan nie meer nie.

Robert Stoltz ·

Behalwe marshmallows, sou ek dink elke Ford moet ‘n brandblusser in hê!

moeks ·

Ek het ‘n Ford IKON. Baie gelukkig met hom en het geen probleme nie. Sal enige tyd weer IKON koop.

Kuga eienaar ·

Die Kuga wat Saterdag in Durban gebrand het, is die DERDE Kuga wat deur die herwerk-proses (sedert 16 Januarie 2017 se amptelike herroeping) is, maar nog steeds gebrand het.
Dit is die 52 ste Kuga in SA wat gebrand het.
Dit is egter nie die enigste Ford-produk wat spontaan aan die brand slaan nie. Baie ander modelle word wêreldwyd geraak.
Sedert 1 Januarie 2017 is daar reeds meer as vierhonderd duisend Fords wêreldwyd herroep (waarvan 230 000 in Noord-Amerika en Europa is).
Hierdie voertuie bedreig een en elke Suid-Afrikaanse padgebruiker, dit laat eienaars en hul gesinne getraumatiseerd en vernietig die eienaars se finansiële welvaart.
Daar is ‘n klas-aksie saak teen Ford SA gemaak, daar is twee petisies teen Ford SA op die internet, twee assuransie-maatskappye dagvaar vir Ford SA, die Nasionale Verbruikers Kommissie ondersoek Ford SA formeel en ‘n parlementêre kommissie is almal aan die gang teen Ford SA.
Ford SA sleep voete en bak mooi broodjies teenoor al die Kuga-eienaars al sedert Desember 2015, toe Radhall Jimmy in sy Kuga buite George (Suid Kaap) doodgebrand het.
Die herwerk-aksie is ‘n halfhartige poging van Ford SA om gemoedere te sus, en hul beeld te probeer beskerm…niks anders as ‘n rookskerm nie.
Die Kugas is o.a. ook in Australië en Nieu Seeland herroep.
Al die bostaande feite kan geverifieer word in die internasionale pers.
Waar is die SA Publiek? (Mag ek vra: Waar is Afriforum/Solidariteit? Hierdie saak raak een en elk van u).
Dit is tyd dat u ingelig raak.

Adam ·

Goeie kommentaar. Ongeveer 2001 het die nuwe reeks Ford Fairmont in SA na SA gekom. Dit was in Australie vervaardig en ek het die Ford vlagskip gekoop. Ratkasprobleme het veroorsaak dat ek Ford Motor Company moes nader tesame met al die ander relevante forums. Ford SA is ‘n organisasie wat hulle kliente met minagting behandel en ek was een van hulle slagoffers. Ek was altyd ‘n groot Ford ondersteuner en het nie eens onlangs my gade probeer keer om ‘n Ecosport te koop nie, maar met die betrokke Kuga’s het Ford aangejaag en hulle dans al om die probleem. Hoog tyd dat hulle aangevat word en dat hul kliente se belange ‘n slag voorrang geniet. Ek “gun” Ford al hulle probleme, net jammer dat onskuldige en lojale kliente deur al die trauma moet gaan.

tamboti ·

As ek so na die optrede van die Ford maatskappy se grootkoppe en woordvoerders ( ook na aanleiding van die stuurolie debakel artikel) dan is dit duidelik dat daar net wins en verneuk manne aan die stuur is.
‘n Maatskappy wat verantwoordelik en produk/klient gedrewe is sal:
1 – dadelik erken dat daar ‘n groot ontwerp fout is,
2 – ‘n dringende ondersoek geloods word met die hulp van onafhandelike ondersoekers
3 – in die lig van voorvalle van lewens verlies en risiko daarvan, elke motor in die model herroep en vir die klient ‘n nuwe motor verskaf (natuurlik van ‘n ander model) of hul geld terugbetaal sonder kibbel.
4 – DIE BETROKKE WERKNEMERS EN HOOFDE wat tot dusver by die ontken en toesmeer betrokke was, summier skors en enigeen wat wees nalatigheid of winsbejag die ontwerp fout deurgelaat het moet strafregtilik aangekla word.
Maar wat doen Ford, nee hulle sal eerder hul kans vat in die hof – ek hoop die hof straf hul hard en duidelik.
Ek is ook Ford liefhebber, maar ‘n maatskappy wat so maak met kliente, kan maar toegemaak word!

AM ·

Bravo Ford. Ek kan nie glo daar is nog mense wat Ford sal verdedig en hulle gesinne se veiligheid in die ingeneurs by Ford se hande sit nie. As werktuigkundige het ek al baie met ‘n groot deel van die Ford reeks te doen gekry. Ek kan met alle eerlikheid se meeste van hulle produkte is van ‘n lae gehalte en die woord “R&D” bestaan nie in hulle woordeskat nie.

Koos B ·

Ek wil weet wat moet jy nou doen om van jou Kuga ontslae te raak hy gaan duidelik geen tweedehandse waarde he nie en Ford gaan jou nie vir jou finansieele skade vergoed nie.

Riaan ·

Ek het n Ford Kuga as 2de prys gewen in n kompetisie toe vra ek die ou wat die 1ste prys gewen het of hy nie wil ruil nie, dit was vir n LG Tumbledryer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.