Malema vang weer graad

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema, leier van die EFF, ontvang Woensdag ʼn BA Honneurs-graad in filosofie van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Die EFF het in ʼn verklaring gesê Malema sal die graad tydens ʼn geleentheid op die Unisa-kampus in Pretoria ontvang. “Ons is trots op hierdie prestasie, aangesien dit aan almal die waarde van onderrig beklemtoon,” het die party gesê.

In Maart verlede jaar het die EFF ook aangekondig dat Malema ʼn BA-graad van Unisa ontvang het. Malema is vroeg in sy politieke loopbaan baie gespot omdat hy nie matriekwiskunde en houtwerk geslaag het nie.

Hy ontvang sy graad net drie weke nadat Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sy doktorsgraad in die filosofie van politieke studies van die Universiteit van die Witwatersrand ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Eish ·

Dis prysenswaardig. Julius is nou verder geleerd as baie van ons. Ek dink nie jy sal as filosoof, buite die politiek en akademie kan beweeg nie.

SUZETTE BOTHA ·

My Pappa se siening was bietjie anders – om net met woorde te werk was nie juis volgens hom, wat die aarde nodig het nie!

Maar nou ja, mooi so

LB S ·

Malema dink seker dit sal hom help om verder te stoor onder diè wat hom nie slaafs wil volg nie.

Kobus ·

ek gaan my 7 jarige ook sommer laat graad kry by Unisa.ek sien enige iemand kan n graad kry daar

Hanna ·

MM, Ndlozi het seker sy doktorsgraad verwerf (nie doktersgraad nie). Nietemin, welgedaan Malema. Eers as die EFF ophou om klasse by universiteite te boikot sal ek egter dalk begin glo dat julle werklik waarde heg aan onderwys.

Jacques Venter ·

Net omtrent 5 persent van volwasse Suid Afrikaners het B-grade. Die syfer vir honneurs grade is veel minder

Tinktinkie ·

Jacques, jy noem net volwasse SA-kaners, is daar dan kinders ook met BA grade??

Lukie Carelsen ·

Dit wys jou jou laag die standaarde van ons universiteite gedaal het. Dat ‘n totale onnosele sot ‘n graad en daarna ‘n honeursgraad ontvang terwyl hy nie eens wiskunde of houwerk of …. kon slaag op skool nie wys dat daar iets verskrikliks fout is met ons akademiese standaarde. Geen wonder ons “grade” word nie oorsee erken nie!

Landi ·

Met die standaard van Unisa skort daar niks. Met mense wat nydig is oor iemand anders wat homself verbeter, skort daar ongelukkig baie. Ek weet van baie wat op skool presteer het, maar nie die mas kon opkom op universiteit nie. Andersom ook. Hou nou op suur wees en leer bietjie by Julius.

KarenG ·

Kyk ek is beslis nou nie ‘n aanhanger van die man nie, maar ek weet ook vir ‘n feit dat om ‘n graad te ontvang ook nie so maklik is soos party mense dit wil laat klink nie.

Paul ·

AS jy ‘n rybewys kan koop in die nuwe verbeterde SA, waarom nie ‘n graad nie

Ig ·

Malema kan 30 grade verwerf maar boek geleerdheid maak jou nie inteligent en gee jou nie gesonde verstand nie.Sy tipe graad is ook nie veel werd behalwe in politiek nie.Miskien moet hy liewer n graad in Verdraagsaamheid en Nie Opstoking probeer want al wat hy doen is om agteraf betogings en rasse wrywing te orkestreer wat dan oorspoel in plaasmoorde en misdadigheid.

bgj van der westhuizen ·

wel ek het niks daar teen as eimant verder leer nie al wat ek graag wil weet het hy geleer vir dit of word dit net gegee en as hy geleer het en deur gekom het goed vir hom wand dan het hy darm eits gedoen om hom te verbeter hoop hy kan dan die res van sy aan hangers kry om ook klaar te maak dat ander ook kan gaan leer

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is beslis nie ‘n aanhanger van die wat die teenoorgestelde politieke oortuigings as ek het nie, maar ek haal my hoed af vir die leiers van die EFF wat nou almal gegradueerd is. Moet ook nie sommer UNISA se grade afmaak as “gekoop” nie want ek was 2 keer getroud en beide my mans het na hul aanlooop na meer kwalifikasies hul MBA deur Unisa studeer wat hoogs aanvaarbaar is selfs in die buiteland. Ek wens hierdie manne geluk met hul prestasies.

anton ·

Sarie jy sê nie in watter jaar jou vorige gades daai grade verwerf het nie.
Daar was n tyd wat die buiteland ons grade aanvaar het maar hulle doen die wat plus minus die laaste 20 jaar hier verwerf is, nie meer nie.
Hoekom dink jy aanvaar hulle dit nie meer nie?
Dit is eintelik maklik om uit te werk.

Williew ·

Se maar van Malema net wat julle wil,ek deel beslis nie sy morele en politieke oortuigings ie,maar wat ons blanke afrikaners nou bitter nodig het is ‘n leier soos Malema. As leier het ek vir hom respek,hy het gese wat hy wil doen,en dit gedoen. Hy se wat hy gaan doen en hy doen dit. Hy staan op vir sy mense,hy sal die duiwel aanvat,hy is nie bang nie. Hy se wat hy wil in die parlement,hy noem dinge en mense by die naam,hy noem probleme by die naam,en hy vat die gevolge,hy is nie bang nie. Hy laat hom deur niemand oordonder nie,tewens hy oordonder hulle, ag….gee my asb ‘n blanke afrikaanse leier soos hy,ons het so iemand nou baie baie dringend nodig….’n afrikaanse “Malema” wat verdomp vir NIEMAND bang is of stilbly nie….”Gee my ‘n man wat sy man kan staan,’n oog wat nie wyk…wat ‘n bars kan kyk….”
Besef julle almal hoe nodig het ons ou blanke nasie’tjie nou so iemand???
EK weet baie gaan my aanval en afkraak,maar kyk hoe baie gaan saam met my stem ook….

Liza ·

Williew ….. nee wat ek gaan jou nie aanval of afkraak nie, maar wat jy se is wragtig die waarheid…….ons het iemand in ons afrikaner volk nodig soos hy….wat vir niemand bang is nie, en wat op sy regte sal kan staan, nee Malema is baie slim, moenie hom weggooi nie…….slim kind hoor………..Vat my ook maar aan………

SARIE VAN HEERDEN ·

Williew en Liza, is dit nie almal se hartewens nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.