Man dood aangetref ná kragonderbreking

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

ʼn 36-jarige man is Maandag dood aangetref onder ʼn hout spantoring wat ʼn kragdraad en transformator opgehou het in Kirkwood in die Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandagoggend vroeg naby Moses Mabida plaasgevind. “Polisiebeamptes is in kennis gestel van die voorval deur werkers wat ontbied is ná ʼn kragonderbreking in die gebied.”

Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie, omdat sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Joann ·

Die persone is glo nie om 03.00 uit na die toneel nie maar eers 8uur vanoggend.

Joann ·

Moses Mabida is n swart woonbuurt. Die ou is dood geskok hy wou koperdraad steel. Glo paal afgekap. Ek woon in kirkwood en het maar by FB ouens gehoor

Koos ·

Skande dat die Stadsraat die draade so lewendig los – hulle weet mos daar is ‘n kaans dat iemand die kaabels sal wil steel. Dis soos om ‘n vergiftigste bottel drank in jou drankkabbinet te los vir die inbreekkers. Dis einklik moord.

Scalla ·

Die kabels en paal sal nie sommer net val nie, wou krag of kabels steel, die blinde sambok slaan baie hard.

Kapenaar ·

@ Koos, wat ‘n redenasie? Jy het seker plastiese veiligheids heinings om jou woning….. sodat hulle nie kan seerkry as hulle wil oorklim en inbreek nie!! Maar ja, die spelling is seker die antwoord !!

Andries Vermeulen ·

Kapenaar, Koos is eintlik sarkasties, behalwe vir sy spelfoute is daar nie iets verkeerd met sy sogenaamde redenasie.

Knersus D ·

Ek bly in Blue Gill Kempton Park. Vandag, vir die soveelste keer in die donker moes opstaan omdat die Glen Marais kabel gesteel is. Wens ons kon een van daai mense langs die ka(a)bels optel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.