Die man het glo die gif gedrink nadat hy deur die draaihekke verby veiligheidsbeamptes geloop het. “Hy het iets gesê en toe drink hy uit die botteltjie in sy hand. Ons het geskok toegekyk hoe hy inmekaargesak het,” het ʼn ooggetuie gesê.
Volgens ʼn personeellid het die man, voordat hy uit die botteltjie gedrink en inmekaargesak het, geskree: “Onthou julle my? Ek was hier op die 29ste…”.
Die man is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.
Peter Skosana, sekretaris van die wetgewer, het gesê die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie. “Ons weet nie wie dit is of wat sy geestestoestand is nie. Ons weet ook nie of hy wel gif ingeneem het nie.”
Skosana het gesê hy sal meer inligting verskaf sodra dit bekend is.
Sit kan net Zuma wees. Hy was daar die 29 ste….!
You wish!
Is dit nou nuuswaardig? As hy wil gif drink om aandag te soek los hom uit.
Ai niemand onthou jou nie mater, dalk moes jy die dokumentasie saamgebring het, ek hoop jy het dit gemaak, jy straf niemand behalwe jouself nie.