Man ernstig beseer tydens gasontploffing

Banie Coetzee in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Man van Heidelberg in Gauteng veg om sy lewe in die waakeenheid van ʼn hospitaal nadat hy Sondagaand erge brandwonde opgedoen het tydens ʼn gasontploffing in sy motorhuis.

Banie Coetzee (41) het brandwonde aan meer as 50% van sy liggaam opgedoen en sy longe en lugweg is ook beskadig. Hy word tans in ʼn geïnduseerde koma in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton versorg.

Thea Roode, Coetzee se niggie wat as woordvoerder vir die familie optree, het aan Maroela Media gesê Coetzee en sy vrou, Natasha, het Sondag geruik dat ʼn gasbottel in hul huis lek. Coetzee het die gasbottel in die motorhuis neergesit. Hy het later agtergekom hy ruik steeds gas en het die bottel toe buite gaan neersit. Hy en sy vrou is daarna albei by die huis weg.

Nadat Coetzee die aand teruggekeer het, het hy omstreeks 20:00 in die motorhuis begin om vir ʼn visvanguitstappie voor te berei. Volgens Roode was hy op pad uit die motorhuis en het hy by die deur ʼn sigaret aangesteek. Die gasdampe, wat sonder Coetzee se medewete steeds in die motorhuis was, het vlamgevat en ʼn reuse-ontploffing veroorsaak.

“Daar het niks van die motorhuis oorgebly nie. Twee blokke verder het die vensters van huise gebars. Die skroewe, bakstene en sinkplate van die motorhuis het so ver as 400 m van die toneel gelê. Dit was ʼn reuse-ontploffing,” het Roode gesê.

Banie Coetzee, sy vrou Natasha, en sy drie kinders, Mickayla, Tyrone en Jarred. Foto: Verskaf

Sy het gesê bure het Coetzee onmiddellik te hulp gesnel en die nooddienste ontbied wat binne minute op die toneel was. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Hy is Maandag na die Unie-hospitaal in Alberton oorgeplaas.

“Hy is Maandag ingeneem teater toe waar hulle sy linkerlong, wat platgeval het, herstel het. Hulle het ook sy wonde geskraap en gewas. Vandag het hulle hom weer teater toe geneem om die brandwonde te behandel,” het Roode gesê. Sy het gesê hoewel Coetzee se toestand steeds baie ernstig is, het die koors wat hy vroeër die week gehad het gebreek en is die suurstof wat hy ontvang ook ʼn bietjie verminder.

“Ons sien al soveel verbetering by hom en ons weet dit is mense se gebede wat hom so dra. God daar bo is vir ons verskriklik goed.”

Coetzee is ʼn kalibreerder van beroep en die pa van drie kinders tussen die ouderdomme van 7 en 18 jaar. Hy sal op 4 Junie sy 42ste verjaardag vier.

Roode het gesê Coetzee se mediese onkoste is tans ʼn groot bekommernis vir die familie aangesien sy mediese versekering binne die eerste dag in die waakeenheid uitgeput is. “Ons het omtrent R600 000 nodig vir die eerste 28 dae se behandeling in die hospitaal. Behalwe vir die hospitaalkostes is daar ekstra uitgawes vir dokters, narkotiseurs, fisioterapie en baie ander wat nog gedek moet word,” het sy gesê.

Sy het gesê die familie het ʼn geldinsameling begin en doen ʼn beroep op enigiemand om by te dra tot Coetzee se herstel. Vir meer inligting of om ʼn bydrae te maak kan Roode by 083 318 7697 gebel word. Donasies kan ook deur middel van PayFast gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Kloekie ·

Ai hartseer… watter mediese fonds is hy op, of is dit net mediese versekering?

Jan ·

Almal soek donasies vir hospitale. Gaan staat toe. Ons werk vir ons geld. Niemand gaan my help nie. Punt.

Cryosphear ·

Dis ‘n teer saak maar ek sou nie vra vir geld nie, sal eerder alles onder my alie probeer verkoop. Dis maar moeilik. As ons net ons oë kan oopmaak en sien wat rerig in SA gebeur met die Jode, ANC, Rusland ens

Adam ·

Jan, het jy al ooit gekla dat die Afrikaner nie “saamstaan” nie. Jy weet mos hoe die Parys boere se ondersteuners wil sien dat die Afrikaner saamstaan. Hier is jou kans!

Ai ·

Jan, hy werk ook vir sy geld. Vir baie is dit nogsteeds nie genoeg wanneer iets soos die gebeur nie. Nie almal kan n goeie medies bekostig nie. Die man het ernstige brandwonde en kan nie in onhigieniese plekke wees waar beddens vuil is ens. nie. Infeksie kan sy dood veroorsaak. Ai, dis een ding as jy nie geld kan of wil gee nie, dis n ander ding om dan nou nog nare kommentaar te lewer ook. Sies meneer.

Japie ·

Jan! Jou tipe het ons nie nodig, hoop nie jy bevind jou ooit in n slegte situasie nie.

Lulu ·

Jan, ek stem 100% met jou saam. Pleks van vra vir geld, klop vir hulp aan by n staatshospitaal. Ek was 3 maande terug vir n baie ingewikkelde en lewensnoodsaaklike operasie waar baie komplikasies kon intree. My operasie is op die ou einde by Leratong staatshospitaal gedoen. Hulle het my lewe verander en ek sal altyd dankbaar wees teenoor die dokter sowel as saal 18 se personeel. Ek kan glad nie kla oor my behandeling wat ek gekry het nie en boonop het ek geen komplikasies nie. As ek luister na mense wat die operasie by privaat hospitale gehad het en hulle komplikasies, dan is ek maar te bly ek was by Leratong.

H... ·

Ek bid uit die diepte van my hart vir hierdie gesin. Sterkte.

jan van riebeeck ·

so 6000 mense moet elkeen n R100 gee ? dit klink nie onmoontlik nie , ek sal van die geld wat ek nou nie meer by spur spandeer nie skenk

jan van riebeeck ·

ok ek het n paar bokke geskenk maar miskien moet maroela ons op hoogte hou van hoe dit met die man gaan , wil darem n positiewe storie hoor op die end , kom nou julle klomp ingt boere , julle kan nie daai geld saamat as julle opgaan nie , so julle kan dit net sowel skenk en vir julle skatte in die hemel bymekaar maak

Engela ·

Jan jy kan op Hero Burn Foundation die man se vordering gaan volg. Hulle ondersteun gewoontlik die families emosioneel ook en hou almal op hoogte van die pasient se vordering.

Ongevoelig ·

Jan ek kan nie glo wat ek in jou opmerking lees nie!! Skaam jou man!! As jy nie wil bydra of simpatie toon nie hou dan liewer jou onsensetiewe opinie vir jouself! Hierdie man het nou sy volk se ondersteuning nodig!

Sterkte aan sy geliefdes !

jan van riebeeck ·

moenie worry nie , ek het sommer vir my negatiewe naamgenoot ook n honderd betaal en 3 ander mense ook , hulle moet nou net nie huil as hulle geluk ook na my kant toe kom nie , jy weet mos hoe karma werk , wat jy saai sal jy maai
maar baie boere het dit vergeet , lees mos nie meer die bybel nie

jan van riebeeck ·

moenie worry nie ek sal n honderd insit namens hom , maar hy moenie huil as ek sy seen ook kry nie , wat jy saai sal jy maai , en as jy goeie dinge doen sal goeie dinge ook aan jou gedoen word

Chris ·

Jan niemand het gesê my moet geld gee baie. So Ek dink jy kan daai tipe komentaar vir jou self jou. Ek bid Jesus se Bloed oor hierdie gesin af. Mag hulle sterk Sal wees deur hierdie beproewing.

Ongevoelig ·

Dankie Jan van riebeeck jy het n hart van goud! Ek sal verseker my deel ook bydra dit gaan my wragtag nie armer maak nie!
Dis soooooo ontstellend dat daar sulke mense daar buite is!

san ·

Baie dankie Jan van Riebeeck . Dankie vir jou goeie hart en vrygewigheid. in vandag se tye het n mens baie steun van jou medemens af. Blykbaar verstaan jou naamgenoot nie die nood daarbuite. En dis nie asof die man wat beseer is nie voorsienning gemaak het nie. hoe weet mens ooit hoeveel sal genoeg wees?. sterkte en hoop op vinnige herstel vir jou mnr Coetsee.

Gesiggie ·

Jan…. So is ons geleer… Gee en vir Jou sal gegee word…Vat… en van jou sal weggeneem word…? niemand dwing jou om bytedra nie, die Familie vra net vir hulp… Almal kan nie altyd die beste bekostig… Have a Heart… hoop jy dink mooi na, na jou kras antwoord…. of soek jy net aandag?? Sterkte aan die Gesin… mag Banie 100% herstel.. en mag jul al die hulp ontvang wat nodig.

Johannes van Staden ·

Dit klink of dit meer as n gas lek was veral va so n lang tyd

Paul ·

En jy weet dit hoe? Enige ondervinding met gas-ontploffings?

Gas-ontploffings kan hele geboue vernietig. Dit gebeur elke nou en dan in die Noordelike Halfrond in plekke soos Europa en die VSA waar gas baie meer algemeen gebruik word in huishoudelike verhitting en stowe.

Geraldine ·

Mnr Jan van Riebeeck, ek se vir u bitter baie dankie .. U het my vandag gewys dat daar nog wel goeie mense is. En al het ek niks sal ek ‘n punt maak om iets vir hierdie familie te gee.

Ashlee ·

Lees gedurig van mense sonder versekering, en kla dit is onbekosbaar. Gebeur iets nou, en elger se hulp word verlang, selfs verwag, na aanleiding van menings hier. Ok, n Ou ry n blink nuwe motor, boot in die opry, gereelde vakansies ens. Lewe wonderlik, maar sonder versekering. Te duur. Ek jaag rond in n ou kombi, 1999 laas vakansie gehou, spaar elke sent vir die dag van more. Maar betaal n hengse bedrag maandeliks aan versekering. Waarom? My gesin se belange as iets ooit moet gebeur, meer werd as al die mooi karre, bote of vakansies. Nou moet ek n ander help???

Boertjie ·

Mense ek stem saam met Ashlee daar is baie mense wat nooit op vakansie gaan nie omdat hulle eerste na hulle nodigste en belangrikste uitgawes om sien. Dit is baie sad wat gebeur het met die persoon en sy familie, maar as ek die berig lees dan was dit ook maar nalatigheid of onkunde. Mense!!! asseblief moenie gas bottels binne in jou huis gebruik nie en die bottel het gelek so hoekom dit in die motorhuis gaan los. Hoop die persoon herstel ten volle.

Sandra ·

Ashlee en Boertjie. wat maak julle beter om nie op vakansie te gaan en te spaar. Wie se vir julle die visvang trippie is nie net by die rivier of die naaste dam aan hom. Wie se dit sou nie net n ontspaaning vir die dag gewees het nie en dit dalk die naaste aan n wegbreuk sou gewees het nie.. Nee regtig kan nie glo wat mense hier kwytraak

Annette Stander ·

Dit is so tragies maar as ek dit reg verstaan is dit ‘n sigaret wat alles veroorsaak het.

Adam ·

Ag asseblief hier gaan ons alweer. Dit was nie die sigaret nie dit was die aanstekker en die lekkende gasbottel. En dankie aan al die ouens wat Spur gelde skenk, mense om op trots te wees.

Heleen ·

Shoe maar julle is ‘n spul hartelose mense! Dit kon met enigeen gebeur het! Hopelik beland nie een van julle ongenaakbare mense in so posisie nie…onthou niks in die lewe is gewaarborg nie..

Grotman ·

Jan en Ashlee. As julle nie wil help nie bly dan eerder stil. Onthou julle kan ook in n situasie beland wat hulp gaan benodig. Moet nooit se Nooit nie. Jan Van Riebeeck! Jy staan as n goeie voorbeeld vir ander. Ja ek glo van harte dat wat jy saai, sal jy maai. Ons gebede is met die man wat nou veg vir sy lewe en sy gesin.

Elsa ·

Daars hy Jan v Riebeeck.. dit wat ons by spur spaar kan d man help.

Jaco ·

@mm Is daar enige moontlikheid dat daar gese kan word wie die mediese versekering is? Die spul is ook elke maand einde gereed om n mens se geld te vat (ook nooit bekostigbaar nie) maar dek selde enige iets meer as n panado. Name and shame this greedy bunch.

Daleen ·

Ek stem Jaco. Sterkte aan die familie maar dis waar wat jy sê mediese versekering al amper net so duur soos n fonds. Belaglik om te dink dis net een aand intesiewe sorg werd. Sal goed wees om te weet.

Versekering ·

Dis hoekom Gap Cover belangrik is.
Dit dek jou mediese uitgawes waar die medies uitgeput raak.

As jul meer inligting wil he ,ek ken n uitstekende Finansiele Adviseur.

carla ·

Jan van ribeeck…..jy is awesome, baie baie dankie, my man was ook in n gasbottelontploffing, die rekeninge hou nie by die hospitaal op nie, sy been is n jaar later geamputeer, nog steeds stroom rekeninge in, almal wil bitter graag dcie beste he vir die beseerde persoon
Dankie vir almal wat inspring en help

Juan ·

Nee rerig ek skaam my om te sê ek n blanke afrikaner om julle komentaar te lees. Nou verstaan ek hoekom daar ñ hel is.

Ai ·

Sterkte aan die gesin, ek hoop en bid hy sal gou gesond word en al die nodige hulp kry. Sjoe, verskriklike ongeluk.

charl ·

ek kry die man jammer my pa se sussie se kind is dood . Hy moes aan I gas bottle werk want hy was nie lekker daai gas bottle nie ander mense moes daai gas bottle binne kant skoon maak maar hulle het nie toe hy die weld mashin naby bring toe ontplof die gasbottle en toe is al sy klere aan die brand maar weke daarna is hy dood wat gisteraand was en hy het I 8maande oue baba nou moet hy so vroeg dood gaan sy begrafnes dink ek gaan miskien vrydag wees.ek hoop die man wat hier le raak gou gesond

Nita ·

Alle vorms van versekering buit die publiek uit. Verbeel jou nog Gap verekering uitneem boonop die helse premies wat jy betaal. Net nou sal dit nog Shortage versekering bo-op die Gap, bo-op die normale versekering wees! Waar gaan dit eindig????

Boerseun ·

Ai, ek is jammer vir die mense. Gelukkig sien ek hulle sê : God daar bo is goed vir ons. Nou ja, wat meer wil jy hê? Los die versekering en insamelings.

realis ·

Ek het groot simpatie met die gesin. Hoop die man herstel vinning en hou nie te veel letsels oor nie.
Dit is egter ‘n tragiese maar voldonge feit dat onkunde verantwoordelik is vir talle onnodige ongelukke in ons samelewing.
“n Gas reuk in jou huis mag nooit geignoreer word nie! Dra die gasbottel na buite en maak soveel vensters en deure oop soos omstandighede dit toelaat en vermy enige vonk of vlam totdat die huis behoorlik geventileer is.
Ek werk al jare met gas maar dit is geen waarborg dat dit nie ook met my kan gebeur nie.
Gesonde denke is hier van uiterste belang. :n Slang sal jou nie pik solank jy dit met versigtigheid benader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.