Man gee glo kind (3) brandewyn om te drink

Die Welkom-polisie in die Vrystaat het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om ʼn sleutelgetuie op te spoor wat glo gesien het hoe ʼn volwassene brandewyn vir ʼn driejarige seun gegee het om te drink.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die voorval het in Oktober verlede jaar in Welkom plaasgevind.

“Die seun het begin opgooi nadat ʼn 35-jarige verdagte vir hom koeldrank, met brandewyn in, gegee het om te drink,” het Thakeng gesê.

Die seun is na ʼn hospitaal geneem en is later ontslaan.

Die seun se ma het ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer by die Odendaalsrus-polisie aanhangig gemaak. Die Welkom-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het die ondersoek oorgeneem en die 35-jarige man in hegtenis geneem.

“Die ondersoek is tans in ʼn gevorderde stadium en die polisie is op soek na die sleutelgetuie om na vore te kom om met die vervolging van die verdagte by te staan.”

Thakeng het gesê die getuie is slegs bekend as “Mantwa”. Enigiemand met inligting oor waar hy hom mag bevind, word versoek om ao. Moyane Monei van die FCS by 057 391 6191 of 071 679 0988 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ralph ·

Rerig????? Hang ook af hoeveel. Maar as mense wil tekere gaan soos kinders op die blad dans dit lafhartig. Ek verstaan die beginsel. Maar kyk en luister eers altwee se kant v d storie

Cherokee ·

Wie s’n? Die 3 jarige en die volwassene s’n kante van die ‘storie’? Wonder wie die ondervraging sal doen.

w ·

Hier by ons ini Klein Karoo is drankmisbruik helse probleem. Ongebore babas ontvang al wyn. Ai die doodstraf moes hier van toepassing wees

Katryn ·

Soo ‘n blikemmer! Hy is nie werd om pa te wees nie! Hoekom is somiges so onvolwasse? Nikswerd!

Ada ·

Wie gaan die 3 jarige ondervra wonder ek.Dit is mos die een kant van die storie. Vra dan vir die kind hoeveel ml hy gedrink het en hoe laat i die dag. Vra vir die kind ook wat die naam , van en adres is van die man wat dit vir hom gegee het.Dan is dit mos regverdig Ralph of wat sou jy se?

Brannewalie ·

Ek drink elke aand n bottel brandewyn van jongs af. My vrou raas nou die dag en maak somme van wat dit kos per dag, maand en al 40 jaar lank, sy kom op n enorme bedrag af en reken my ek kon n vliegtuig gekoop het met daai geld. Ek vra haar toe of ek haar n vraag mag vra waarop sy sarkasties ja antwoord, Drink jy, nee nie n druppel nie. Nou wys my jou vliegtuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.