Man gevonnis vir moord op vriendin

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 29-jarige man is in die hooggeregshof in Virginia in die Vrystaat gevonnis vir die moord op sy vriendin.

Konst. Kethabile Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Maditaba Setsetse is op 3 Mei 2016 as vermis aangemeld by die Wesselsbron-polisie. Haar kêrel, Siyabonga Mbharu, is ondervra in verband met haar verdwyning.

“Intussen het twee polisiebeamptes na Mbharu se plakkershut in die Ithoballe-nedersetting in Monyakeng gery. Daar was ʼn slegte reuk terwyl hulle die plakkershut deursoek het,” het Mofokeng gesê.

Die beamptes het die bed opgelig, die mat verwyder en ʼn vlak graf gevind. “Die oorskot wat in die vlak graf gevind is, is later deur familie as dié van Setsetse geïdentifiseer,” het Mofokeng gesê.

ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en Mbharu is in hegtenis geneem.

Hy is op 30 Mei tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Wat n grap!!
Did nie meer lank nie dan word moordenaars net gewaarsku. Tot die regsly is down the drain.
Piesangrepubliek is nou moordenaars paradys.

broos ·

10 jaar…..5 jaar met parool….en dan vra almal hoekom daar so baie moord gevalle is????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.