Man gevonnis wat meisie vermoor

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is Saterdag in die Kuruman-streekhof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eks-meisie.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, sê Olebogeng Magara het sy meisie glo in Desember verlede jaar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek nadat hy haar met ʼn ander man sien praat het in ʼn kroeg naby Kuruman.

“Hy het na haar toe gestap en haar gevra waarom sy met ʼn ander man praat, waarna hy haar met die skerp voorwerp gesteek het. Sy het probeer weghardloop, maar het inmekaargesak,” sê Mooi.

Volgens hom het hy daarna ook sy eks-meisie se vriendin aangerand wat hulp van omstanders wou ontbied.

Vir dié oortreding is Magara tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en ses maande vir aanranding algemeen. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Magara is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Risimati Shivuri, het die vonnisoplegging verwelkom.

“Die vonnisoplegging sal dien as afskrikmiddel vir ander oortreders van geslagsgebaseerde geweld,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nolene ·

Verkragters kry lewenslank, maar moordenaars 20 jaar… ek verstaan glad nie ons land se regstelsel nie.

Cherokee ·

Die regter wat so ‘n ligte vonnis uitgespreek het behoort ook verhoor te word. Dit geld ook vir Shivuri wat die vonnis as van pas beskou. En vir Pistoors se aanhangers wat kla oor 6 jaar.

ML ·

Gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en vir aanranding?? Ek dog hy het moord gepleeg? Omw what a joke

Peter ·

Vir dié oortreding is Magara tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en ses maande vir aanranding algemeen. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. lt.genl. Risimati Shivuri, het die vonnisoplegging verwelkom.
“Die vonnisoplegging sal dien as afskrikmiddel vir ander oortreders sy koppie moet raas 3 jaar vir MOORD en aanranding en hy verwelkom die vonnis ? WHAT A JOKE dit was nie aanranding nie dit was MOORD

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.