Man in aanhouding aan nóg 18 ernstige misdrywe verbind

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 29-jarige wat in aanhouding is op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer word nou ook aan 18 ander baie ernstige misdade verbind.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Sipho Thomas Mdiniso kan danksy goeie ondersoekwerk aan 18 ander ernstige misdrywe verbind word.

“Die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in Rustenburg kon Mdiniso verbind met onder meer sewe verkragtings, agt huisrooftogte, een moord, een motordiefstal en een algemene diefstalklag,” het Mokgwabone gesê.

Dié misdrywe is tussen 2010 en 2016 in Boitekong en Tlhabane buite Rustenburg gepleeg.

Die verdagte het Donderdag 7 September in die Rustenburg-landdroshof verskyn waarna die saak tot 19 September uitgestel is vir die aanklagte om saamgevoeg te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wow well done ·

Ongelooflik, wow well done, dit is goeie werk, vat die gemors vas.

Johanna Botha ·

Kanse is goed vir n onsnapping uit aanhouding met die res van die poilsie wat so pateties is …wen aan die eenkant maar verloor meer om die volgende draai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.