Man in hof vir moord op kleuter

Nomthandazo Talakase. Foto: Verskaf

Nomthandazo Talakase. Foto: Verskaf

Die 34-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn vierjarige meisie van Vryburg in Noordwes, sal na verwagting Dinsdag in die dorp se landdroshof verskyn.

Die man is Saterdag in die Huhudi informele nedersetting vasgetrek vir die moord op Nomthandazo Talakase, wie se liggaam verlede week in ʼn veld buite Vryburg gevind is.

Die verdagte is ʼn inwoner van Huhudi en nie ʼn familielid van Nomthandazo nie.

Maroela Media het vroeër berig Nomthandazo is op 11 September die laaste keer lewend gesien, toe sy in die straat voor haar huis gespeel het. ʼn Jong seun het verlede Maandag op haar liggaam afgekom, toe hy in die omgewing van die Monotomosetlha-nedersetting in Huhudi gaan jag het. Die seun het die gemeenskapsleiers in kennis gestel wat die polisie ontbied het.

Die dogtertjie se linkerhand word vermis. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TJ ·

Nie mense nie maar hienas waarmee ons nou moet saamleef. Hulle loop rond en aas en slaan toe op weerloses en verslind hulle.

Vra maar net ·

Wonder wat sê die joernalis wat die regter aangekla het by die Menseregte kommissie nou?

Sarie ·

Dit was sò ‘n pragtige dogtertjie.. My innige meegevoel aan haar ouers..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.