Man in see vermis by Mosselbaai

Foto: NSRI

Ondanks ʼn uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van ʼn bemanningslid van ʼn boot wat Sondag vermoedelik in die see langs die kus by Mosselbaai beland het nie.

Andre Fraser, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Mosselbaai, het gesê die NSRI se plaaslike bemanning is omstreeks 09:20 Sondag ontbied nadat hulle inligting ontvang het dat ʼn 37-jarige man van Port Nolloth van die boot, Captain John K, vermis word. Pogings om die man aan boord die vaartuig op te spoor was nie suksesvol nie en daar word vermoed dat hy gedurende die nag in die water beland het.

Twee van die NSRI se reddingsbote is gestuur, asook ʼn sleepboot van die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) vergesel deur Corne Wessels en Konrad Beukes van die NSRI.

“ʼn Uitgebreide soektog het geen teken van die vermiste man opgelewer nie. ʼn Reddingshelikopter het later by die soektog aangesluit, maar nadat daar steeds geen teken van die man was nie, is die polisie se duikeenheid ontbied. Hulle gaan steeds voort met die soektog,” het Fraser gesê.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leahim ·

Dit is submarine se waters daardie ,ek hoop nie die ou het met hom paadjies gekruis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.