Man kritiek ná aanval op kleinhoewe

Raymond Forbes. Foto: Verskaf

Raymond Forbes. Foto: Verskaf

ʼn Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy op ʼn kleinhoewe buite Vereeniging deur gewapende rowers oorval en twee keer geskiet is.

Raymond Forbes (64) veg nou vir sy lewe in die waakeenheid van die Sebokeng-hospitaal, waar hy aan ʼn ventilator gekoppel is.

Wendy Barnard, Forbes se dogter, het Sondag aan Maroela Media gesê haar ouers en ouma het Donderdag in die vroeë oggendure geslaap toe ʼn geluid in die huis hulle wakker gemaak het. Forbes het gaan ondersoek instel en hom in die huis in een van die aanvallers vasgeloop.

“Hulle het een van die vensterknippe oopgebreek om die venster oop te maak en deur die venster die skuifdeur oopgemaak om by die huis in te kom,” het Barnard gesê. “Die aanvaller het op my pa geskiet, maar gemis en my pa het hom gestorm. Hulle het gestoei toe nog ʼn aanvaller van buite af ingekom en my pa twee keer geskiet het.”

Forbes is in die rug en arm gewond en het dadelik op die vloer inmekaargesak. Volgens Barnard is die aanvallers na haar ouma, wat in haar 80s is, se kamer waar hulle ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk en haar beveel het om te slaap. Daarna het hulle Barnard se ma, Hester (60), uit haar kamer gaan haal en haar gedwing om die kluis vir hulle oop te sluit.

Die vermoedelik drie of vier aanvallers het met juweliersware, elektroniese ware, selfone en die Forbes-egpaar se voertuig op die vlug geslaan.

Hester Forbes. Foto: Verskaf

Hester Forbes. Foto: Verskaf

“Toe hulle weg is, moes my ma in die donker deur die veld hardloop en deur draadheinings klim om hulp te kry, aangesien die aanvallers met hul fone weg is. Sy het by die bure gaan aanklop en hulle het vinnig kom help,” het Barnard gesê.

Sy sê haar pa se toestand is steeds kritiek, maar skanderings kan nie by die Sebokeng-hospitaal gedoen word om die presiese omvang van die inwendige skade vas te stel nie. “Hulle wil hom oorplaas na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg, maar sy toestand is nie stabiel genoeg nie. Ons hoop nou hy sal net ʼn bietjie sterker word sodat hy oorgeplaas kan word. Ons voel maar baie moedeloos,” het sy gesê.

Haar ouers bly al jare lank op die kleinhoewe, maar daar was nog nooit voorheen ʼn inbraak of aanval nie. “My ma en ouma is erg getraumatiseerd. Hulle was nog glad nie weer terug na die kleinhoewe toe nie. Dit het my net laat besef hoe bewus almal van hierdie dinge moet wees, want jy weet nooit wanneer dit met jou kan gebeur nie.”

Barnard het gesê sover sy weet is niemand sover in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die plaaslike polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Tess Riekert ·

Moor, steel, brand….afbreek. Dit is al wat hul goed kan doen. Roof is bysaak. Die Howe straf hul te lig. Uit en uit rasverwante agressie teenoor Wittes.

Natasha ·

Asb Maroela Media, hou ons op hoogte van sy toestand en die vordering van die ondersoek.

Beryl ·

Dit is onanvaarbaar dat hul weerlose mensies moet skiet om R2000 se ware te kry… ons is lief vir ons mense, nes hulle hul sin het. Daai man het ‘n huishouding versorg. Ons land maak armoede ons leuse…. Gaan klop by die owerhede aan om finansiele hulp. Een R2000 hou net een week dan wat dan?? Nog ‘n moord nog nog… maand gelede n skoonsus… n week gelede n kennis nou my oom…..

Joe ·

Dit is skokkend & so tragies oor al die aanvalle & misdaad ! Misdaad vier hoog gety & word net daagliks meer & meer ….. maar wreder ook !! Dit is so hartseer om hierdie tyd van die jaar ‘n slag offer te wees van wrede aanvalle …. verkragting …. moord …. roof …. geen mens is sy / haar lewe seker van al die misdaad nie …. mense lewe soos kluisenaars in huise agv wrede misdaad ….

PMB ·

Waar is die slap-gat politieke leiers nou? Niemand se n woord as wit mense vermoor en aangerand word nie? Dit is mos aanvaarbaar. Sterkte aan daai gesin.

thys kotze ·

Die lande noord van Limpopo het hulle bankrot regeer nou kom die uitvaagsels aas wat nog te ase is moor uit tot hier ook groot bankrotskap is dan gaan die hel los wees

Term ·

Wetenskaplikes het n term hiervoor maar wetenskap is nie polities korrek nie so die term sal nie genoem word nie.

Poppie ·

Elke keer as ek hierdie dinge sien of hoor dan huil ek saam met die mense. Ons volk word uitgemoor en die regering doen niks, ons hande is afgekap. Ek bly in Drie Riviere, Vereeniging, inbrake en rowe is net so erg hier, moorde het ook al hier gebeur. Kan iemand my se op watter plotte dit was, watter area asseblief.

Valarie Ceronio ·

Hi dit is ‘n plot tussen Vereeniging en De Deur uit op die ou Johannesburg pad

Poppie ·

Is daar nie n manier dat ons hierdie beserings en moorde teen die regering kan eis nie, aangesien hulle niks doen om ons te beskerm nie? Weet iemand?

Swanna ·

Poppie ek vra die selfde vrae. Is daar nie “n manier om alle finasiele verliese wat ‘n persoon aangaan na so ‘n aanval van die regering kan eis omdat hulle juis mie regtig aandag aan hierdie dringende saak aandag gee nie. Hoe groot is die geldelike onkostes vir so ‘n familie om deur hierdie trauma te gaan en meeste gevalle is die persoon dood wat geskiet is of sterf later in die hospitaal wat “moontlik” hier kan gebeur, ek hoop en bid nie so nie.

Laura ·

My hart is stukkend oor my boetie! So baie vrae,so baie emosies!

Wilbro ·

Dit sal voortduur totdat Blankes opstaan en sê “genoeg is genoeg”.

Karen van Zyl ·

“Wilbro” almal dreig en moedig dat ons moet saam staan maar niemand doen niks nie! Niemand staan op nie so dit gaan ‘n kwessie wees van die wittes wat vergaan.

Slimjan ·

Witmense, wees ASB meer paraat! Moenie waardevolle items in die kluis bere nie, of gebruik n extra kluis waarvan julle die sleutels by iemand anders los. Vul die kluis by die huis met waardelose items! Vuurwapens hoort onder die kissing in die slaapkamer of DRA dit 24/7, al gaan jy net toilet toe! Moenie een pad na die huis toe gebruik nie. Kry betroubare workers wat jy kan bel met n kodewoord voor jy huis toe gaan! Kry vir jou Jack Russels! As die honde nie blaf as jy tuiskom nie, moet nie ondersoek gaan instel nie, jaag weg en ontbied hulp! Moenie kanse vat nie!!! Hou op om goedgelowig te wees!!! Julle word uitgeMOOR!!!

jennefer ·

Enige soort hond, verkieslik meer, die honde moet in die huis slaap. wapens nie in kluis nie, verkieslik geen bediende ,sluit aan by jou GPF, selfoon met noodnommers erens weggesteek,sodat jy kan hulp ontbied. En laaste, bid vir jou gesin se veilige nagrus.

nhk ·

Dus die tragieste verhaal wat tans afspeel in ons land. Geen kerk of politieke party neem n standpunt in teen hierdie moorde nie. Die moordenaars regeer. Ons is verwyder soos die ooste van die weste. Wat het van ons Christelike beginsels geword? Wedekerige respek is daar nie meer nie. Sterf hierdie mense verniet? Die genade dood is moord volgens die hof. Dus onnodig om dit te wettig …vra net rond…..tragies …tragies

Theresa ·

Baie waar wat jy sê – sonder waarom hul so bewe onder mag van die wettelose moordenaars en vernielsugtiges?

snoefie ·

daar is deesdae soveel WATERSKEIDING sake wat geen word so niemand sal weet tot iemand nie probeer nie. staan op. dagvaar hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.