Man kritiek ná masjinerie op hom val

Argieffoto

’n Man in sy 40’s is kritiek beseer tydens ’n ongeluk in die fabriek waar hy gewerk het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ’n fabriek in Benoni plaasgevind.

“Toe paramedici omstreeks 09:00 by die toneel opdaag, is hulle na die pasiënt gelei. Hulle het hom aangetref waar hy langs ’n reuseraam en hystoestel gelê het. Dit het glo op hom geval,” het Meiring verduidelik.

Die man het volgens Meiring ’n baie ernstige kopbesering opgedoen en was in ’n kritieke toestand.

Hy is per mediese helikopter na ’n nabygeleë privaat hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magda ·

Bid vir sy spoedige herstel want dit mag miskien die familie se enigste broodwinner wees. Voorspoed.

Connie ·

Maroela hoekom kry ons deesdae so min nuus? Ek vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.