Man met duisende rande se kreef gevang

Argiffoto: SAPD

Argiffoto: SAPD

ʼn 26-jarige man is Vrydag in Kaapstad in hegtenis geneem, nadat duisende rande se kreef en kreefsterte in sy besit gevind is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê die polisie was besig met misdaadsvoorkoming in die Manenberg-omgewing, waar beamptes ʼn klopjag op ʼn huis uitgevoer het.

“Die huis is deursoek en die polisie het altesaam 2 543 ondermaat kreefsterte en 73 heel krewe gevind. Die kreef het ʼn geskatte straatwaarde van R300 000,” het Traut gesê.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van kreef en moet Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

Dit is hierdie lae lakke wat maak dat hierdie bron ook soos met perlamoen later vir die publiek onbekombaar gaan wees. Die seisoen om kreef te vang is reeds net n paar dae in n jaar oop maar as hulle soos op Paternoster toegelaat word om te plunder sal die kreefseisoen ook een van die dae vir die publiek gesluit word.

Jos ·

Hennie, die inspektoraat het al die ou manne laat loop en onbevoegde en bang mense aangestel om die bronne te beskerm. Hulle spits hul net toe op ‘soft targets’ soos mense wat hengel sonder of permit wat verval het. Nou moet die polisie hul werk vir hul doen. Ons bronne staar totale uitwissing in die oe.

Hengel entoesias ·

In KZN word kreef in die geslote seisoen langs die snelweg verkoop en niemand doen niks. Maar stop en koop kreef dan word die koper soms vervolg, maar nooit die stropers. By baie strande op die suidkus is daar stropers wat oop en bloot kreef steel

miv ·

Hoop net die vang gaan nie verlore nie. Neem ‘n foto wat as getuie van die vangs kan dien en deel dan uit aan kinder- en bejaardesorgsentrums.

zoom zoom ·

Hoelank het hy gevat om die krewe tr vang. Vir 1 persoon klink die getal eat gekry is dat die ou dag en nag sy krewe moes vang. Iets kort aan die artikel. HELP ASB

Regi ·

In Paternoster verkoop hul 365-dae van die jaar onwettig kreef op straat. Die brawe wetstoepassers doen absoluut ZERO…!

sioux ·

as viskonsessies nie aan alwat gabba is uitgedeel word nie, sal die werklose vissers nie gedwing word om te smokkel nie. MAAK DIE REGERING TOE!!!!

chris.l ·

zoom zoom waar het jy verlore geraak dink jy hy het daai kreef gevang nee hy het hulle laat vang
next to nothing betaal vir die kreef duikers en verkoop dit teen n ma se prys glo nie eers hy kan duik nie maar smokkel kan hy baie goed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.