Man op kleinhoewe in plaasdorpie doodgeskiet

Johan van Rensburg. Foto: Verskaf

Johan van Rensburg. Foto: Verskaf

Met sy laaste asem het Johan van Rensburg (62) verbete teen ʼn groep aanvallers geveg om sy verloofde, Dina, op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga te beskerm.

Wilma Botha (34), Van Rensburg se gebroke dogter, het Maandag aan Maroela Media gesê sy vind ʼn bietjie berusting in die feit dat haar pa soos ʼn held gesterf het.

Botha verduidelik ʼn buurvrou wat skuins agter haar pa woon, is Vrydag tussen 18:00 en 19:00 vermoedelik deur vier mans op haar kleinhoewe aangeval waartydens sy met ʼn graaf aangerand is. Die mans het laat spaander toe die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, ontbied is.

Van Rensburg, ʼn plaaslike houtkapper en -verkoper, en Dina het omstreeks 19:30 niksvermoedend by hul huis opgedaag.

“Hulle het net by die huis aangekom en uitgeklim toe my pa sien daar kruip mense agter hul vragmotor weg. Hy het vir tannie Dina beveel om in die huis in te gaan en het hulle afgeweer sodat sy genoeg tyd gehad het om in die kombuis in te gaan en die deur te sluit. My pa het met hulle gestoei en twee skote het afgegaan, een skoot het hom in sy kop getref,” het Botha gesê.

Die buurtwag, polisie en paramedici van ER24 was nog op die toneel van die eerste misdaad toe hulle die skote gehoor en gaan ondersoek instel het. Van Rensburg is op die toneel dood verklaar. Dina is ongedeerd maar getraumatiseerd. Die buurvrou is na die waakeenheid van ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Hennie Greeff, die buurtwag se voorsitter, het die voorvalle aan Maroela Media bevestig en gesê ondersoek word ingestel om te bepaal of dieselfde groep met albei voorvalle verbind kan word.

“ʼn Verdagte is Vrydagaand aangekeer en vir ondervraging na die Sundra-polisiestasie geneem,” het hy gesê.

Buurtwaglede het met die hulp van twee veiligheidsmaatskappye, die polisie en die Valke Vrydagaand en Saterdag na nóg verdagtes in die omgewing gesoek. Die soektog duur voort.

Dit is nie bekend of enigiets tydens die twee voorvalle gesteel is nie. Die Sundra-polisiestasie ondersoek die voorval. Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag nog vir terugvoer.

Botha het gesê sy sal haar pa as ʼn held onthou. “Hy was ʼn hero wat sy lewe gegee het om tannie Dina te beskerm, wat ʼn aanduiding gee van die goeie mens wat hy was. Hy het altyd baie hard gewerk om vir ons te sorg. Selfs in tye wat ons swaar gekry het, sou hy die min wat hy gehad het met ander mense deel. Hy het ʼn hart van goud gehad,” het sy gesê. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Greeff is vol lof vir die polisie en almal wat Vrydagaand saamgestaan en help soek het. Hy het sy innige dank en waardering teenoor die buurtwaglede, die polisie, die Valke, ER24, Maksimum Sekuriteit en AAA Sekuriteit betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Mariette Hammann ·

Baie sterkte aan sy gesin. Hy is ‘n held. Ek hoop geregtigheid sal geskied.

KP ·

Hierdie is terroriste van die regering wat toeslaan op weerlose mens, die publiek sal moet leer deur hulself ordentlik op te lei, om hulself te kan beskerm. My innige meegevoel.

Paul ·

Hoe maak daardie teorie van jou sin, KP?
Terroriste slaan toe op teikens met ‘n hoë waarde, hetsy ‘n hoë monetêre waarde of hoê skokwaarde.
Rowers wat enkele mense op afgeleë kleinhoewes aanval, is skurke, maar as “terrorisme” maak dit geen sin nie.

N ·

Dit is vreeslik. Rus in vrede oom. Ek wens mense wat op kleinhoewes woon wou trek. Dit is so gevaarlik. Ek weet ons is enige plek in gevaar, in die dorp ook, om elke hoek en draai maar kleinhoewes is veral nie meer veilig nie. Ons het familie wat ook daar bly. Ek bid vir hulle veiligheid. Sterkte aan die familie.

Theresa ·

Om so onverhoeds oorval te word. Simpatie aan die familie! Ek dink ek verstaan waarom ‘n leser die moordenaars as terroriste bestempel. In ‘n oorlogsituasie kan jy beplan en gereed wees of dan ‘n hinderlaag verwag. Soldate veg dan. Hierdie moordenaars in Suid-Afrika tree eintlik soos terroriste op, want hul val aan op die vreemdste plekke en daar is nie ‘n aangekondigde oorlog nie. Hul saboteur menseregte van onskuldiges. Hul saboteur die blote reg op vrylik rondbeweeg op jou EIE, GEKOOPTE grond. ‘n Terroris is ook ‘n lafaard in sommige opsigte – dus maak dit ook sin om hierdie tipe mens dit te noem.

Willie ·

Baie goed gestel Theresa! Dis n groot tragedie en weereens n sinnelose dood! Jy was dapper oom, en het jou lewe gegee vir iemand anders! Jy is n held!

Lance ·

Regtig so tragies ….wens die polisie wil iets doen en hulle fingers uit hulle neuse haal ! Die regering is net SO useless ! Regte regte regte …is om die burgers te beskerm …maar kyk wat gebeur deur die hele land wat moord verkragting roof breek en afbrand betref ….anc is totaal uitbeheer !

Lida ·

Lance verwag jy die polisie moet ‘n wag by elke huis in die land plaas? Dit is tog onmoontlik. Die polisie en buurtwag was tog betyds daar toe hulle van die voorval hoor. Soms verwag julle die absolute onmoontlike van die polisie. Hulle kan tog nie daar wees nog voor die voorval gebeur nie.

Jan ·

Ja Lida, hulle kan net daar aankom as die voorval klaar plaasgevind het en die mense reeds dood is, so dan het hulle eintlik geen funksie nie. Wie beskerm hulle nog?

Patriot ·

Is dit nie altemit weer lede van dieselfde groep misdadigers wat onlangs op Kriel aangekeer is en nou weer op borg uit is?

shirley ·

RIV jy was n held om jou verloofde te wou beskerm en al my simpatie aan al sy geliefdes

Patat ·

Dis so ongelooflik tragies en onnodig. Dit voel letterlik of die regering hierdie barbaarse gedrag aanmoedig. Dis absoluut skandalig dat daar kastig eenheid tussen die mense in Suid Afrika moet wees maar twee stelle reels. Het hierdie skurke geen inbors of integriteit of gewetes nie? Verregaande man!

Caja ·

Ek hoop dat elke liewe boer en sy gesin wat so sinneloos moes sterf in hierdie land, reguit Hemel toe sal gaan want ek kan julle verseker die mense wat vir hul dood verantwoordelik was gaan beslis nie daar wees nie! God slap nie!!!!!

Gerd Lourens ·

MAROELA!

Wat van die jongman wat Vrydag vermoor is deur kapers toe hy ‘n vrou se lewe probeer red het???

Andrea ·

Ja, Maroela, berig asb oor Reinhard Louw. Ook n held. Hy word Donderdag begrawe.

Liewe heksie ·

O my genade gaan kyk artikel van 94 taxi drywers al die wapens wat in hul besit gekry is ons moet hul begin inwag hul het baie groter planne gehad en net n paar rand vir polisie en hul kry daai wapens terug as ek dit so kyk is die oorlog op wit nou in erger gedrag so jammer aan oom se families RIV

Johan ·

Op hierdie uur kom ons saam en roep ons na U, o God,wat elke mens tot lewe roep en vir Wie die tyd van die lewe en die tyd van die dood geen geheim inhou nie.Self ken ons nie die tyd of die uur waarin die dood ons sal oorval nie.Tog is ons hier saam omdat ons glo dat U die mens deur die dood heen na U toe trek, danksy Jesus, u Seun.Here, God van lewe, ons bid U:wees by ons met u genade op hierdie dag,waarop ons U aanroep;wees hier aanwesig met u vrede soos ‘n vriend wat ons troos en ons pyn begryp.Kom ons geloof tot hulp, nou dat die lewe stil word waar ons afskeid moet neem van ons geliefde. Wees U ons krag en troos,ontferm U oor ons en oor ons oorledene,ontferm U oor almal wat op U vertrou.Pr. Spreek vandag u woord en maak ons ontvanklikvir u goedheid en u liefde;dat ons mekaar sal vergewe, soos U ons vergeef,dat ons mekaar sal ondersteun, soos U ons in u vaderhande bewaar. Neem ons in vertroue en hou ons in die lewe sodat u Wil van Liefde hier op aarde deur ons sal geskied.Versterk in ons die hoop op u toekoms,wat aan ons gegee is deur Jesus, u Seun. Amen.

JC ·

Shame, hy was ‘n goeie man gewees!
Ek dink ons Afrikaners moet vergeet van die rugby (ten minste die vervelige en patetiese springbokke) en eerder ons aandag DRINGEND begin spandeer aan SEKURITEIT, OPLEIDING, PARAAT WEES EN GEMEENSKAPS EN KULTUUR INISIATIEWE EN VERDERE STEUN AAN AFRIFORUM, AFRISAKE en ons moet ook begin om die kwessie van outonomiteit binne spesifieke gebiede aan te raak waar GEEN krimineel kan inkom nie, en hier moet Afriforum die leiding begin neem. Hierdie outonome gebiede moet afgesper word en bewaak word!! Dit is al hoe ONS GAAN OORLEEF!!

Lida ·

Ai Jan natuurlik kom die polisie na die misdaad op enige toneel aan. Hulle kon tog nie die moordenaar sit en inwag nie. Gebruik jou gesonde verstand man.

Ria van Rensburg ·

Mag my HERO van my lewe in vrede rus. Gaan Pappa baie mis. N groot deel van my lewe is uit geruk en niks of niemand gaan dit verbeter nie. Pa het nie verdien om vermoor te word nie. LIEF VIR PAPPA. ONS MIS PAPPA ALMAL. RIA NIC KIDS ASOOK MY SUSSIE WILMA EN MY BOETIE SEUN HULLE ALMAL.

Ria van Rensburg ·

AAN ALMAL WAT DINK DIE POLISIE ENS WAS TE LAAT OF WAT OOK AL HULLE WAS ALMAL REEDS IN OMTREK BESIG OM VERDAGTES TE SOEK. MY PA HET NET OP VERKEERDE TYD VERKEERDE PLEK GEWEES. ALMAL HET HARD PROBEER OM TE HELP EN JA DIE EEN VERDAGTE IS GEVANG EN HULLE IS VANAF SECUNDA ALMAL WAT BETROKKE WAS.

Dirk Le Roux ·

Ria, bitter jammer om te hoor van jou pa. Ek was Saterdag by jou boeta gewees om respek te toon.

Sien julle Woensdag op die begrafnis.

Liefde groete die Le Roux gesin.

Lance ·

Presies die polisie kom uit NA DIE TYD om die stukke optetel en in die proses vernietig hulle soos op tv gesien die forensiese bewyse. Dit is seker goedgenoeg vir sommige mense dat hulle tog na die tyd uitkom om bq te kom kyk …niemand is eers bang vir hulle ….hulle wek en bewerk nie wet en orde nie ….dis maar net n ou job. Regtig die polisie beskerm nie die mense in die land nie en niemand kan my anders oortuig nie …dis moord op moord …verkragting na verkragting ….hulle is 100% reaktief met geen intelegensie op die grond .. .so ja uiters useless en n groot joke !

stem ·

Stem 100% saam jou Lance…..ek bly ‘n paar plotte vanwaar hierdie voorval plaas gevind het. Glo my of nie,in 3 jaar se tyd kan ek op my een hand tel hoeveel ek ‘n polisie voertuig verby my plot gery het.
Ek was self in die polisie en glo my hier is geen intelligensie nie. Ad dit nie vir ons buurtwag was nie sal jy nie hier oorleef nie. Dis een groot sirkus……die polisie hier is vrot verby. Dit walg my om hulle naam te noem. Met die soektog het die buurtwag nie ‘n klip ongeroer laat bly nie…..dit is te danke aan hierdie manne se volharding dat die verdagte gearresteer is en so ook in ander gevalle. Baie dankie vir julle onbaatsugtige diens!!!!

Ben Prinsloo ·

Paul verduidelik asb vir ons volgens jou wat is dan n terroris.

Johannes Meintjes ·

Todat ons burgers se praat in effektiewe dade soos ‘n nasionale vlak GPF met deelname in elke stad, dorp, voorstad en plattelandse gebied (soos met die Kommandobeginsel) omskep word sal die sistematiese aanslag teen ons mense met sukses voortgaan.

wilma botha ·

ek wil almal net se. daar was n voorval voor my pappie se voorval. die hele sundra buurtwag en die valke en Sundra se polisies was almal daar. hulle hey nie hulle tyd gevat om daar uit te kom nie. hulle was daar toe dit net gebeur het. ek vra asb mooi dat mense nie nou moet slegte kommetaar moet gee nie. my pappie was nog altyd n held. en hy het ae ene gesterwe.. hy was my alles.. die begrafnis is Dinsdag die 30Ste Aug in Sundra by Pastoor Pieter van wyk. by die Dunamis kerk. mis pappie so so baie

Shantelle Burns ·

Ria van Rensburg vriendin ek dink aan elke liewe ene van julle jong,Dit is baie hartseer,Hy was en sal maar altyd n goeie mens wees no matter what.Hy het altyd gehelp as daar iets fout was of what okal.Oom johan rus in vrede oom daar by onse vader.sterkte aan elke liewe ene van julle vriendin ria,nick,kids,seun +sy gesin en wilma+gesin.sterk wees terwille van julle kids

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.