Man skiet homself glo in parkeerterrein

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Man is dood nadat hy homself glo Donderdagoggend in die parkeerterrein van ʼn maatskappy in Sandton, Johannesburg, geskiet het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 09:00 na die maatskappy in Graystonrylaan ontbied. Daar het hulle die man gevind waar hy in die bestuurdersitplek van sy motor in ʼn ondergrondse parkeerterrein gesit het.

“Die man het ʼn skietwond aan sy liggaam gehad. Paramedici het probeer om hom by te bring, maar daar was ongelukkig niks wat vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê. Sy wou nie die naam van die maatskappy waar die man gevind is, bekendmaak nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gesiggie ·

Depressie”’ ongelukig.. ? dit so jammer dat mense hul lewe neem”’ Ek het self al deur n moeilikke tyd gegaan die laaste paar weke, en glo my daar was n tyd wat ek gedink het of selfmoord nie die uitweg was, maar met die krag van God en die bystand van my vriende, het my denke verander” geen mens kan n mens oordeel wat self mord pleeg, ons ken nie die man se omstandighede” maar wens net daar kan net partykeer ook n Engel wees wat hierdie mense kan beskerm… voor hul, hul eie lewe neem. Of net iemand wees wat weer n bietjie moed in sy lewe kan bring

Hannelie ·

So baie waar Gesiggie. Ons familie ook deur so ‘n situasie gegaan. Mense kan nie ongevraagde goed kwytraak as hul nie weet waaroor dit gaan nie.

Thea ·

Dit is ongelukkig vir party mense die enigste uitweg. Ek sukkel self daarmee en om hulp te kry moet mens ongelukkig skat ryk wees want ‘n konsultasie by ‘n Psygiater kos vanaf R1500 vir 20 minute. Nie almal kan dit bekostig nie en daarom kies mens dan maar die maklike manier uit.

Willie ·

Ja en glo my vry, werksmense sal weet en n rug draai… Hulle is soms wel bewus….

pieter ·

ek was ook daar op die punt als het vir my induie gestort gelukkig kon ek sit en dink ek ken my nie so nie wat het verander al wat ek kon aan dink was my bloeddruk medikasie dit gelos stelselmatig verbeter na 3 weke uit gewerk en ek my ou self mense maak seker jou bloeddruk meds akodeer met jou hoeveel mense het al hul lewens geneem en dan was dit die bloeddrukk pille wat depressie veroorsaak

Gesiggie ·

Thea dit moet vreeslik wees, en depressie ontstaan a.g.v baie dinge, myne was a.g.v my suster wat oorlede is.. my skei saak.. en soveel dinge wat verkeerd gegaan het, maar hou jou kop hoog, praat jou hart uit met die Here en met jou geliefdes.. hou moed, vang spoed… en weet jy kan dit oorkom, jy kan dit verwerp” deur God wat jou die krag gee… Sterkte aan elkeen daar buite met die probleem..

johann cb ·

Depressie is ‘n bitter lelike ding. Ek het kliniese depressie en neem al 36 jaar anneen medikasie. Dit gaan bitter moeilik om jou lewe se stukkies te bly optel. Jy herstel net van een terugslag en die volgende een tref jou. Mense verwerp jou omdat depressie so stigmaties is. Daar is niks mee verkeerd om hulp daarvoor te kry nie. Die grootste hulp is mense se begrip en aanvaarding. Moet ons asseblief níé verstoot nie, trek ons nader want eensaamheid gekoppel aan depressie is die dodelikste kombinasies ooit! Ons is ook net mense en sal en kan niemand aansteek nie! Help ons eerder met goeie vriendskapsbande.
My simpatie aan die man se gesin en familie – ek verstaan waardeur hy gegaan het en hoe julle nou voel. Ons God sal julle vertroos. SSterkte!

Nico ·

Simpatie aan die oorledene en sy naasbestaandes. Die druk van die hedendaagse lewe en ekonomie moet nie onderskat word nie. En die verkeer Sandton toe en terug is ook nie rede tot optimisme nie.

Schalk ·

Depressie? Ek sien nerens in die berig dat hy depressief was nie.

SNEL ·

Schalk, ek hoor wat jy sê, en toe dink ek ja; nêrens staan dit nie, maar toe dink ek en begin ek om die ding uit te pluis, nou wat kan dan die rede tot so daad wees as dit nie depressie is nie….en aan alles wat ek dink gooi dit die situasie tog in die put van depressie, of dit druk by die werk is, vrou/man wat rond neuk, finansies, n ongeneeslike siekte of wat ook al, dis dinge wat n ou se oemf uitdoof en jou lus vir die lewe demp en mens se menswees en waarde aanval en dan gooi dit mens in n put van depressie en waar jy waardeloos begin voel en nie meer reguit kan dink nie, so my gevolgtrekking is; depressie is die nommer een oorsaak van selfmoord….of wat sal jy sê wat kan dit wees? Ek bedoel dit nie sleg nie, maar wonder nou self, wat anders kan dit wees as dit nie depressie is nie, of verstaan ek depressie verkeerd en is depressie en om neerslagtig te voel twee verskillende goed.

charlene ·

Schalk ek weet nie as jy dit besef nie maar voor jy as `n “depressie persoon”kan kwalifiseer moet jy `n dr sien en nog `n dr en dan nog `n dr…. wat almal geld kos. Geld wat nie elke mens het nie
As enige mens tot op daai punt kom waar hulle, hulle eie lewe neem is dit depressie, hulle sien nie `n ander uitweg nie, die pyn is net te veel (nie fisiese pyn nie) Maar alles is te veel. Maar ek sal nooit sê dis `n lafaart wat so iets doen want genade weet om dit te doen wat guts, en baie van dit. Sterkte aan die familie, vriende en almal wat na aan die persoon was. Na soiets is daar soveel vrae en so min antwoorde. Mag julle rus vind.

Lance ·

Het op radio gehoor dat mens net moet wag vir die dag van more …want dinge raak weer beter ….seker maklik gese ne

Anoniem ·

Hierdie man het saam met my man gewerk, in sy departement.

Sy kollegas is net so verras. Hy was ‘n baie oulike ou – geen teken van iets wat hom hierna sou gedryf het nie. Maar dan weer, ‘n mens weet nooit wat in mense se lewens regtigwaar aangaan nie.

R.I.V.

Hartseer ·

Mense neem aan dat dit depressie *moet* wees … en in die meeste gevalle is dit.

Maar nie altyd nie. Partykeer is dit net ‘n sameloop van omstandighede. Daar is baie situasies wat ‘n mens kan spekuleer – geld, huwelik, ens. Maar niemand weet nie.

Ek dink aan die familie. Ek is so so jammer vir jul verlies. My susterskind het verlede jaar ook selfmoord gepleeg en daar is so baie onbeantwoorde vrae.

martien ·

Dit is n swart put. Dit trek jou aan. Jy het geen verweer nie. Jy hang aan die rand van die put. Jou hande klou verbete vas aan die wal. Jy kyk af en sien die pikswart gat. Jy wil uitklim maar jou hande het nie krag om jouself uit te lig nie. Jou vingers raak seer en jy voel jy verloor jou greep. Jy is bang vir die swart put maar jy voel die magneet op die bodem wat jou nader trek…. en dan kyk jy vir oulaas op en sien die blou lug bo jou. En jy besef selfs n klein liggie van n kers kan die ergste donkerte verlig. Ek was daar……

Ella ·

Martien, goed beskryf. Depressie is ook die gevolg van ‘n chemiese wanbalans, en kan tot ‘n groot mate beheer word deur medikasie. Jou huisdokter kan ook help met ‘n voorskrif. Ongelukkig kan ‘n mens nie jou omstandighede beheer nie, maar kan probeer om jou reaksie daarop nie negatief te laat word nie. Maar, dit kos baie Genade, en ondersteuning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.