Man spring uit bewegende trok toe polisie hom jaag

Die gekaapte vragmotor. Foto: SAPD

Die gekaapte vragmotor. Foto: SAPD

ʼn Gekaapte vragmotor het Donderdag in stilstaande motors by ʼn motorhandelaar in Rustenburg ingeploeg nadat ʼn man daaruit gespring het in ʼn poging om die polisie te ontduik.

Volgens die polisie in Noordwes is die vragmotor Woensdag in Hammanskraal, noord van Pretoria, gekaap.

Die polisie en personeel van ʼn opsporingsmaatskappy het Donderdag die vragmotor in die dorp opgemerk en agternagesit.

“Die 45-jarige man het besef hy word agtervolg. Hy het uit die bewegende vragmotor gespring en te voet probeer vlug,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die vragmotor het teen ʼn afdak en voertuie by die motorhandelaar gebots en tot stilstand gekom.”

Die verdagte is agternagesit en aangekeer.

Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn gekaapte vragmotor. Hy sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KarooKlong ·

Die man het net aan homself gedink. Wat as daar ander mense te voet was wat die voertuie besigtig het of dalk iemand in ‘n motor gesit het? Hy is ‘n koelbloedige potensiele moordenaar.
Dit is absoluut skrikwekkend om te dink oor wat kon gebeur het.

Ben Prinsloo ·

So ken ons hom: sy hart is goed maar sy bene is beter. Wie gaan vir die skade betaal want hy gaan daarmee wegkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.