Man sterf in botsing; N4 gesluit

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Een man is dood en drie ander mense beseer tydens ʼn gru-botsing op die N4, in die rigting van Cullinan, waarby talle voertuie betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn motor het glo teen ʼn stilstaande bakkie wat naby die Donkerhoek-afrit in die noodbaan gestaan het, gebots. Die motor is weens die botsing oor die snelweg geslinger en het teen nog twee voertuie gebots.

“Die liggaam van die motor se bestuurder is in die voertuig gevind. Hy het reeds voor paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Meiring gesê. Die bestuurders van die bakkie en die twee ander voertuie het ligte tot matige beserings in die ongeluk opgedoen. Hulle is deur ER24 en die provinsiale nooddienste na nabygeleë hospitale geneem.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gedeelte van die N4 is gesluit terwyl die toneel opgeruim word. Die verkeer word deur beamptes herlei om die ongelukstoneel te vermy.

Dit was nie onmiddellik duidelik hoe lank die snelweg gesluit sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KLEIN ·

Wou seker weer in die noodbaan ander voertuig/voertuie verbysteek.

Alien ·

Hoekom het hy in die Noodbaan gery? Dit is slegs vir Nood Voetuie of as iemand se motor onklaar raak. As jy daar ry, moet jy tog op die uitkyk wees vir stilstaande voertuie of Nood Voertuie? Hoe vinnig het hy daar gejaag dat hy nie weer betyds kon terug gaan in sy baan nie?
Jammer as ek ongevoellig voorkom, maar ek is al goed g@tvol vir mense wat van die Noodbaan nog ‘n baan maak op die snelweg. Ons is almal haastig of laat, wat maak sommige mense meer belangrik as ander?

Eddie ·

Ja nee, die noodbaan is hier in Gauteng die haastige taxi baan

Lies ·

Daardie gedeelte van die N4 is nie so besig nie. Noodbaan word nooit hier deur taxi’s gebruik nie, want dit is nie nodig nie. Die venter trailer het nie remme nie. Dink die kar wat hom gesleep het het met ‘n spoed gekom, trailer het geskaar (jack-knife) omrede hy geen remme het nie, beheer verloor en ja….

Sus ·

Daar is gewoonlik vroegoggend baie mis op daardie pad en dan is die sig baie swak. Jammer vir die persoon se naasbestaandes wat in die ongeluk gesterf het.

Hendrik ·

‘n Groot probleem op hierdie pad is dat daar 2 stelle spietkop opereer. Die een groep staan tussen die bosse en hull beman die snelstrik teen die afdraend en die ander groep staan by die brug en kyk na lisensies. Daar word geensins tussenin gepatroleer nie.

lies ·

Dit het juis by die brug gebeur Hendrik. Die bakkie het onder die brug op die noodbaan gestaan en die polisie onder die brug. Ook 2 polisie voertuie het in die slag gebly. Of hulle (weer) die oorsaak was/is is nog nie bekend nie. Baie tragiese ongeluk!

Wat-ek-lees ·

My kommentaar nie noodwendig van toepassing op hierdie ongeluk MAAR die volgende is al oor en oor bewys as rampspoedig:
1) “Rather be late than ‘the late’ “. Verstaanbaar ?
2) “Train the mind to mind the train”.
3) In die kar nog ‘n sopie in die kerkhof nog ‘n hopie.
4) Ry 80 (myl per uur) en leef tot 40 (Jaar).; ry 40 (m.p.u.) en leef tot 80 (jaar).
5) En dan natuurlik is daar diegene wat net nie agter ‘n stuurwiel hoort. Dis ook die padvarke wat wil hê jy moet op die skouer van die pad ry.
6) GEDULD, GEDULD en nogmaals GEDULD.
7) Onoordeelkundige SPOED en VOLGAFSTAND.
Voorgaande is maar net enkele van wat ongelukke veroorsaak.

dries ·

Ek wil net vir die ouens laat weet, as ek in my baan ry en ek hou by die spoedgrens dan sal ek nie in die noodbaan ry dat jy kan verby gaan. Jy kan maar op my agter end ry tot jy beroerte kry. As jy n kans wil vat, vat hom. My lewe is meer werd as joune as jy soos n ??? wil ry. Die naweek Bloemfontein toe gery en as jy die spoed grens gehoorsaam dan kan jy sommer sien hoe die ouens rooi word. ASB, MOET NET NIE HARTAANVALLE KRY.

cobusp ·

Maroela nou het julle alweer my kommentaar op die artikel weggelaat?????????eish

Wiebo ·

Dit breek my hart om te sien hoe mense ongelukke maak met sulke mooi karre. Dit is asof hulle nie hul kar waardeer nie en onverskillig ry. Ek begeer n kar. Al is dit net n ou skedonk wat my werk toe en terug kan vat……………….

Des ·

Ek het al gedink my motor sowel as my vrou se motor se snelhydsmeter is buite werking, want as in die spoed beperking ry, nie stadiger nie dan gaan omtrent al die ander voertuie my verby. Veral in Zambesi rylaan en die ingaan van die N4 op pad vanaf Cullinan na Pta.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.