Man sterf ná rusie met vrou

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 33-jarige man is Dinsdagaand dood nadat ʼn vrou hom glo tydens ʼn argument by ʼn huis in Pretoria verskeie kere met ʼn mes gesteek het.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het by ʼn huis in Wolfaartstraat in Hercules, in die weste van die stad, plaasgevind. Die man en vrou was glo in ʼn verhouding.

“Die paartjie het vermoedelik baklei toe die vrou die man verskeie kere met ʼn mes in die bolyf gesteek het.” Die 32-jarige vrou is omstreeks 22:00 in hegtenis geneem.

Paramedici van Best Care het die man na die Kalafong-hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Die motief vir die moord en rede vir die argument word deur die Hercules-polisie ondersoek.

Die vrou sal later vandeesweek in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ai tog. ·

Ai tog, is dit werklik die moeite werd? Gelukkig was die bakleiery nie in ‘n Spur . . . ek wil nie onsensitief wees maar dink onwillekeurig daaraan.

Lou ·

Dis soos ‘n fight werk – Die wenner gaan tronk toe en die verloorder gaan lykhuis toe. Nooit die moeite werd nie.

Lynette ·

Selfs al is niemand beseer nie, beteken om die argument/geveg te “wen” nie noodwendig dat dit jou gelukkig gaan maak nie. Do you want to be RIGHT or do you want to be HAPPY?

LMF ·

Hul is blank en dit het in my straat gebeur buite gestaan en gewonder wat gaan daar aan en nou dit grote genugtig sou nooit sê die vrou is instaat om dit te kon doen nie my hart gaan uit na die kindertjies

Scalla ·

Sy moes vreeslik kwaad vir hom gewees het, wonder wat het hy gedoen of nie gedoen nie?

Hestie ·

Ek ken hierdie mense waarvan julle praat. Hulle was 10 jaar getroud en het 2 pragtige kinders. Bid maar net vir jou geliefdes dat dit nie oor julle ook sal kom nie. Dis baie jammer wat gebeur het, maar soms veg vrouens vir hulle lewens en vir die van hulle kinders. Die Here help hulle want sy gaan vir altyd verlang na die man wat sy eens lief gehad het, voor die “monster” van drugs en drank.

Sw ·

Verhoudingspatrone wat destruktief is, word gevorm wanneer ñ persoon in ñ lang verhouding is, en glo en hoop als gaan verander. So begin die siklus oor en oor van geweld.

Mirna Mare ·

Nogal gedink daar is drank of dwelms in die agtergrond…..

Cherokee ·

Onthou asseblief altyd daardie aanwysingsteken in die groot winkelkompleks. Daardie een wat wys waar die toilette is. Dit dui ‘Men to the Left because Woman always Right’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.