Man sterf toe bakkie oor krans ry

Argieffoto van Heroldsbaai in die Wes-Kaap (Foto: www.susandeacon.co.za)

Argieffoto van Heroldsbaai in die Wes-Kaap (Foto: www.susandeacon.co.za)

ʼn Man is Saterdag dood toe sy bakkie teen ʼn krans in Heroldsbaai naby George in die Wes-Kaap afgery het.

“Paramedici is omstreeks 10:00 in kennis gestel van ʼn bakkie, ongeveer 40 meter ver onder ʼn krans in Heroldsbaai in die Eden-distrik,” het Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid se nooddienste, gesê. “Die liggaam van ʼn volwasse man is onder die bakkie aangetref. Sy oorskot is met ʼn helikopter verwyder.”

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johann cb ·

Daar het die afgelope tyd baie sterftes in daardie area voorgekom. Dit lyk vir my na ‘n baie gevaarlike gebied. Miskien kan een van die inwoners kommentaar lewer.

Elize ·

Johann dit is nou eenmaal ‘n pad met draaie. Dit is berge en heuwelswereld en daar is oral borde wat aandui dat mense moet stadig maar sommiges steur hulle eenvoudig nie daaraan nie. Daar is ook ‘n alternatiewe roete met minder draaie en steiltes en kranse, maar dit bly paaie wat nie met spoed aangedurf kan word nie.

Sarah ·

Ek dink dat mis ook n groot aandeel het en soos Elize se die pad het baie draaie. Waar die seuns af geval het is egter op die kop as jy van Heroldsbaai se strand af kyk na die suide toe. Ek weet daar is n groot oop stuk grond en baie mense ry daar om te kyk na die ander strand se ligte.

Violet van Jaarsveld ·

Dit is n grondpad en daar is baie skerp draaie, maar dit is nie gevaarlik as jy stadig ry. Baie mooi uitsig van bo af en baie gewilde visvang plek maar jy moet te alle tye die see dop hou.

Xa ·

Daar is sover ek weet ook baie verdrinkings in die see, klink na n gevaarlike area.

MB ·

Dit is nie so gevaarlik die strande nie die verdrinkings is mense wat afgaan op gevaarlike rotse nie mense wat in see swem nie.Die pad daarbo is nie gevaarlik as jy stadig en in dag ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.