Man vas na moord op Gr. 1-juffrou

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn 21-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Kay-Leen Peterson, ʼn graad 1-juffrou van Virginia in die Vrystaat, het Maandag in die hof verskyn.

Bykomende aanklagte is op sy dossier bygevoeg, waaronder huisbraak, diefstal van ʼn motor en verkragting. Die man was op parool vrygelaat in ʼn ander saak van huisbraak, ten tyde van sy inhegtenisneming in verband met Peterson se moord, het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die beskuldigde word ook verbind met ʼn ander aanklag van seksuele aanranding in Meloding. Hy is Sondag aangekla van seksuele aanranding en sal binnekort in verband hiermee in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Kay-Leen is Donderdagoggend, 23 Maart, omstreeks 08:00 dood aangetref in haar woonstel. ʼn Familievriend en bure het haar dood aangetref nadat haar familie in Bloemfontein besorg was omdat hulle haar nie in die hande kon kry nie. Haar kollegas by die laerskool in Virginia het haar familie ook laat weet sy was nie Woensdag by die werk nie.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. Kay-Leen is dood verklaar op die toneel.

Die voorlopige ondersoek het die Virginia-polisie na Seloja, Meloding gelei, waar Key-Leen se swart Renault Clio gevind is. Die polisie het leidrade opgevolg en die 21-jarige man is ondervra. Nog ʼn man is ondervra, maar is later vrygelaat weens ʼn gebrek aan bewyse wat hom met die saak verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pieterdp ·

Hoe is dit moontlik dat die man met sooveel sake nog op parool vry gelaat word net om weer iemand dood te maak en n skruk bewind te voet. ????????

Daar sal n andwoord vir die oorledene se ouers gegee moet word as ook die pibliek

Naam ·

Dit skyn asof sy naam “man” is al het hy alreeds in die hof verskyn?
Die regstelsel sal ook nie leer oor wat vrylating op “parool” aan die gemeenskap doen nie.

Erick ·

Dis oor sulke goed dat mense sulke kommentaar lewer soos die man oor die Spur insident. Waar is al die mense nou? Hoekom veroordeel hulle dié man nie ook so vel? Veel verder dade gepleeg.

Ciwkie ·

Aai ons voel om op te gee in hierdie land wil nie meer hier wees nie ! :-) hemel is die beste plek :-) :-)

Bella ·

Skande! Mense wat Klein oortredings begaan sit in tronk terwyl sulke monsters losgelaat word op onskuldige mense. My hart Gaan uit na familie.

broos ·

jip….jy kan maar moor en verkrag en steel en vrygelaat word op borgtog maar boeta laat jy nou net nie jou tv lisensie betaal nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.