Man vas ná Pta-rooftog

Argieffoto: Nico Strydom

Vinnige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is kort ná ʼn sakeman buite sy winkel in Centurion beroof is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het gesê die rooftog het Dinsdag omstreeks 10:30 by ʼn supermark in Uitbreiding 23 van Olievenhoutbosch plaasgevind.

“Drie gewapende mans het na bewering op die 42-jarige sakeman toegeslaan terwyl hy voorraad uit sy voertuig gelaai het,” het Moloto gesê.

Die verdagtes het met ʼn bedrag geld en twee selfone in die sakeman se voertuig, ʼn silwer Toyota Corolla, van die toneel gevlug.

Verskeie eenhede van die polisie, waaronder die lugvleuel, honde-eenheid en die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid, het op die rooftog reageer. “Die voertuig is kort daarna naby Olievenhoutbosch Plaza opgespoor.”

ʼn 32-jarige man is in hegtenis geneem en twee kon daarin slaag om te ontsnap. Die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê. Die slagoffer se motor en twee selfone is ook teruggevind.

Die soektog na die ander twee verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Skote petoors… Goed gedoen SAPD… laat hom sommer vir die helicopter se brandstof betaal

snoefie ·

@pop…. sien dis hoekom mense altyd plaasmoorde noem. hierdie was bou net n roof en kyk Hoeveel polisie “resources” was ingespan. honde eenheid, wat goed op die plaas behoort te werk, lugvleuel wat uitstekende resultate kon kry. en misdaadvoirkomingseenheid vir n misdaad wat reeds geoleeg was. dit is hiekom mense plaasMOORDE altyd aanhaal. maar jy en ander soos jy wat voel plaasmoorde hoort nie genoem te word nie, kan julle die verskil sien? ek is seker die “sakeman” was swart (gegewe die gebied wat genoem word) laat my winder of hy enigsins inkomste uit daardue winjek verklaar.

snoefie ·

@pop…. sien dis hoekom mense altyd plaasmoorde noem. hierdie was nou net n roof en kyk Hoeveel polisie “resources” was ingespan. honde eenheid, wat goed op die plaas behoort te werk, lugvleuel wat uitstekende resultate kon kry. en misdaadvoorkomingseenheid vir n misdaad wat reeds gepleeg was. dit is hoekom mense plaasMOORDE altyd aanhaal. maar jy en ander soos jy wat voel plaasmoorde hoort nie genoem te word nie, kan julle die verskil sien? ek is seker die “sakeman” was swart (gegewe die gebied wat genoem word) laat my wonder of hy enigsins inkomste uit daardue winkel verklaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.