Man vas wat glo 12-jarige as seksslaaf aangehou het

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is Vrydagoggend in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo die afgelope twee maande ʼn graad 7-leerder as ʼn seksslaaf aangehou het.

Die 12-jarige meisie van Mamelodi is vroeg in September as vermis aangemeld. “Volgens berigte het sy haar vriende by ʼn park buite Silverton gaan ontmoet,” het kapt Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hier het sy ʼn onbekende meisie ontmoet wat haar toe na ʼn woonstel in Sunnyside geneem het en die twee meisies sou die aand daar oornag.”

Die polisie het gehoor toe sy die volgende oggend wakker geword het, het die verdagte op haar bed gesit. Haar nuwe vriendin was nêrens te sien nie.

“Die man het van daardie oomblik af die jong meisie as seksslaaf aangehou en haar herhaaldelik verkrag,” het Mavimbela bygevoeg.

“Die verdagte was vermoedelik besig om die meisie voor te berei op ʼn lewe van prostitusie. Sy is herhaaldelik geslaan toe sy motoriste nie kon voorkeer om met haar seks te hê nie.”

Die meisie is glo gister vrygelaat toe verbygangers haar gesien het terwyl sy uit die woonstel wou ontsnap.

“Die verdagte het later by die toneel opgedaag. Hy het ongewillig ingestem om die meisie kort daarna vry te laat. Die man is Vrydag in hegtenis geneem nadat die saak by die polisie aangemeld is,” het Mavimbela verduidelik.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek die saak.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van ontvoering en verkragting. Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M ·

Arme kind! Maar nou vra ‘n mens – 12 jarige alleen na ‘n park om vriende te ontmoet – saam met vreemde meisie om daar te gaan oorslaap… waar is die ouers en die opvoeding in die hele situasie? My kinders gaan nooit alleen iewers heen nie – en sal defnitief nerens oorslaap sonder dat ek die ouers van die vriende ken nie.

Lance ·

Daar is geen opvoeding nie, mens kan net besef hoe min eie trots die mense het wat nog van enige waardebesef of respek vir lewe

Hel ·

Eers is sy vrygelaat omdat verbygangers haar gesien het en dan is ongewillig vrygelaat deur die vark. Watter weergawe is nou eintlik reg???? Arme kind…..

Reinette ·

In hierdie siek wereld… n 12jarige ontmoet n maatjie en dan gaan hul in woonstel oornag? Waar de hel was die volwasse toesig? Ek hoop hierdie insident laat die ouers van Mamelodi wakker skrik.

zelda ·

Hoelaat jy jou meisiekind om so alleen rond te loop dis mos moeielikheid soek daai ?????

Louwrens ·

Ek mis iets. Sy is geslaan omdat sy nie kon regkry om haarself aan verbygangers te verkoop nie….! Dit impliseer dat sy tog by tye uit die woonstel was en dus voldoende geleentheid gehad het om weg te kom of hulp te vra.

Ja nee ·

Ja nee Lourens n 12jarige kan n volwasse slaan en weghol. Die bedryf is siek & wreed, hul word met vuurwapens gedreig dat as sy iets probeer sy geskiet sal word. Regtig n 12 jarige dogtertjie sal nie uit haar eie by so monster bly nie!

Doodstraf ·

Nuwe Mrk bring asb doodstraf vir moord en seks oortredings terug. Vat asb beskerming van moordenaars & seks misdadigers weg, hul slagoffers het geen beskerming gegad nie!

sue ·

Brandstapel vir hom… of …kook hom stadig soos jy met patats sou doen…

Aijajai ·

Louwrens dis mooi dat jy so onskukdig is en nie weet hoe die bedryf werk nie. Dink jy regtig hulle staan alleen buite en wag vir kliente? Al ooit gehoor van n pimp? Hoe dink jy weet hulle sy het dit nie reggekry om kliente te kry nie.

Louwrens ·

Jy’s heeltemal reg. Dalk weet ek nie hoe dit werk nie. Aangesien jy egter meer kennis dra verduidelik dan asb hoe dit moontlik is dat sy oor hierdie tydperk nog steeds as n “seksslaaf”, by implikasie n gevangene, in die woonstel kon wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.