Man verdrink by Llandudno

Llandudno (Foto: Maroela Media)

Llandudno (Foto: Maroela Media)

ʼn Man het Woensdag by Llandudno-strand naby Houtbaai in Kaapstad verdrink.

“Lewensredders het die man in die water opgemerk en hom na die strand gebring,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Paramedici het hom op die strand ondersoek, maar daar was ongelukkig niks wat hulle verder vir hom kon doen nie.”

Die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elo Quinn ·

Dis so ‘n mooi strandjie maar Manuel Escorcio se seun het ook daar verdrink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.