Man verdrink in plaasdam

Die toneel op die plaas in Mooibankweg, Potchefstroom waar 'n man op 5 Februarie 2016 in 'n plaasdam verdrink het Foto: ER24

Die toneel op die plaas in Mooibankweg, Potchefstroom waar ‘n man op 5 Februarie 2016 in ‘n plaasdam verdrink het Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, het Vrydagmiddag in ʼn plaasdam in Potchefstroom, Noordwes, verdrink.

“Plaaswerkers het paramedici van ER24 en die polisie se soek- en reddingsdiens na ʼn dam geneem op die plaas in Mooibankweg,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het leweloos in die dam gelê.”

Polisieduikers het die man se liggaam uit die water gehaal. Paramedici het bevind dat hy ʼn geruime tyd onder die water was. “Die man is op die toneel dood verklaar,” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.