Man voor vrou doodgery

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 27-jarige man is Dinsdagoggend voor sy vrou in Heidelberg in Gauteng doodgery.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 07:30 op die R23 langs die Heidelberg-gevangenis plaasgevind.

“Die man het saam met sy vrou langs die pad geloop toe ʼn wit Toyota Quantum-minibustaxi hom getref het. Die man en sy vrou het in die rigting van die dorp gestap,” het Tshilate gesê.

“Die taxi het die man glo getref toe die bestuurder van die voertuig ʼn wit Ford Bantam aan die linkerkant verbygesteek het.”

Die taxi het daarna teen die bakkie gebots en skade aan die bakkie se linkervoorkant aangerig.

Die voetganger is deur paramedici van Emer-G-Med op die toneel dood verklaar.

Die Heidelberg-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Skade aan die taxi. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lee ·

Hulle moet die klag verander na moord toe nie strafbare manslag nie. Taxis doen net wat hulle wil en kom weg daarmee en dis sommer nonsense. Pound sy taxi dat hy hom nooit weer terugkry nie. Die arme vrou. Voel so jammer vir haar. Dis tragies. Rus in Vrede xx

André Rademan ·

Wanneer ‘n persoon homself verdedig, en die aanvaller sterf, word hy van moord aan gekla tot die teendeel bewys word, al het hy wettig op getree. Hoekom is die Manslag, as die persoon die dood veroorsaak het, terwyl hy onwettig op getree het?

Boet Fasie ·

Lee – stem saam met jou, taxi bestuurders doen en ry net soos hulle wil op ons land se paaie. Die wat nog opgeneem word as bus besuurders in ons land se publieke vervoerstelsel, bestuur net so swak as toe hulle taxi bestuur het , met “n nog groter voertuig en meer lewens op die spel.

hein ·

Kom kyk hoe ry hulle in Zambezi dr in die ogende links verby en dit word openlik en met cell fone teen die oor gedoen .
Daars nerens enige verkeers manne tesien nie nerens .
Ek stem moord is n beter opsie as ons padreels moet na kom kan ons mede Suid Afrikaanse mense ook .
Of is dit n geval van equal rights kan almal nou maar so bestuur ( WET LOOS )

Penellope Jones ·

Dit kom voor asof baie min van die taxi-bestuurders geldige bestuurderslisensies het.
As hulle het, hoe op dees aarde het hulle die leerlinglisensie-eksamen geslaag???
En as hulle alles suksesvol geslaag het, hoekom doen hulle wat hulle doen wanneer hulle agter die stuurwiel inklim???

Carel ·

Ongelisensieerde bestuurders (en vuurwapens) is algemeen aanvaarbaar in ons wettelose land.

Johanna Botha ·

Die taxis gehoorsaam geen padreels nie, ry mense dood ,ry die paaie vrot, betaal geen tolgelde, weier om boetes te betaal, betoog en ontwrig almal en betaal geen belasting nie …en die regering doen net mooi niks ….so daar het mens dit nou …totale wanorde en n verlore lewe !

Chris Ws ·

Ek stem saam dat die eerste klag teen die taxi bestuurder beslis moord moet wees dan kom roekelose of nalatige bestuur by.
Of jy ‘n vuurwapen in jou hand het en iemand doodskiet daarmee en of jy ‘n voertuig se kontroles in jou hande het en iemand doodry soos wat hier gebeur het ,is vir my presies dieselfde.Dis moord.

Phillip ·

Wel n texsie is n wapen . Sal ook se dis moord . Iemand het gese as jy sien iemand voor jou is in die moeilikheid mag jy jou kar gebriuk as n wapen en hom om ry maar ook net een keer sou jy terug ry bo oor hom is dit moord

Lientjie ·

Ek sien nerens dat die bestuur inhegtenis geneem is nie, maar laat dit nou ‘n blanke was wat dit gedoen het was my rekenaarskerm nou te klein vir die opskrif gewees.

Willie ·

Ek stem, is hy inhegtins geneem? Meeste taxi bestuurders behoort aan mense wat die wet moet toepas.. Polisie, Metro Polisie ents…. hulle het meer mag in die land as JZ….

André ·

Hier gaan seker niks van kom nie! Die ou breek die padreëls soos hulle altyd doen en ry ‘n onskuldige man dood; dis moord! Ek hoop duisende blankes gaan by die hof wees tydens sy saak. Wonder hoe dinge sou uitspeel as ‘n blanke ‘n nie-blanke doodgery het! Hy sou seker doodsdreigemente kry of hulle sal sy huis plunder en aan die brand steek.

elize naude ·

op die foto sien ek net onfikse oorgewigte polisiemanne… hoe wil hulle boosdoeners agterna sit met so ‘n lyf? blykbaar is die geweld in SA geen groot issue nie!

madels ·

Ons was verbygesteek deur n voertuig op die linkerkant in gietende reen, kon nie veel voor jou sien nie. Net nadat die ou ons begin verbysteek, toe sien ek die pad vernou op die linkerkant, so daar is nie plek vir die ou wat nou sy aan sy aan ons linkerkant verby steek nie. Ek het onmiddelik vir my man gese en hy moes noodgedwonge die ou voor hom verbyvat sodat die mal bestuurder aan ons linkerkant kon terugkom in die pad, anders het hy ons getref en 10/1 n groot ongeluk veroorsaak. Ek kon nie my oe glo toe ek sien wat die mal bestuurder wou doen nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.