Man wat stiefdogters verkrag eers later gevonnis

hof-hamer

Argieffoto.

Die vonnisverrigtinge van die saak teen die 51-jarige man van Randfontein, wat skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters verkrag het, is Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel.

Regter Cassim Moosa het aan die man gesê die hof sal van Vrydag af op reses wees en daarom sal sy vonnisverrigtinge nie Dinsdag kan voortgaan soos beplan nie.

Die man is in Februarie skuldig bevind op aanklagte dat hy sy twee stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het. Een van die dogters was 11 jaar oud toe die onsedelike aanranding begin het en haar suster was 7 jaar oud. Die man se naam kan nie bekendgemaak word nie om die identiteit van sy stiefdogters te beskerm.

Adv. Rolene Bester, die staatsaanklaer, het tydens die man se vorige verskyning gesê ʼn lewenslange vonnis sal gepas wees vir die misdade wat die man gepleeg het. “Die gevolge van wat hy gedoen het, sal vir generasies lank nog ʼn impak hê,” het Bester gesê.

Sy het bygevoeg een van die dogters het gesê seksuele omgang op ʼn vroeë ouderdom was vir haar normaal en dit het daartoe gelei dat sy losbandig geraak het ná die mishandeling deur haar stiefpa.

Die man sal op 11 Mei gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ek glo dit nie ·

Hof in reses en so belangrike vonnis oplegging moet wag, mense mag dit met jul dogters gebeur dat jul die erns kan begryp en verstaan.

Jaco ·

Besef jy wat jy nou gese het? Net siek mense wens kwaad op ander. So laat ons nou die “ja maar…” stories hoor.

Ange ·

Hoekom word al die verkragters se name nie op n website gepubliseer soos in die V.S.A nie? In S.A se hulle dis om die kinders te beskerm maar die waarheid is dit beskerm die verkragter se identiteit. Wanneer die wetter weer vrygelaat word gaan hy aan met sy lewe en sy bure weet nie eers daar woon n verkragter langs hulle nie. Die naam moet opgesit word die oomblik wat hy vrygelaat word want dan het meer as genoeg tyd al verloop dat die publiek nie eers die saak onthou nie.

Die publiek kan ingaan en gaan kyk hoeveel van die monsters is woonagtig in hulle buurt en meer paraat wees.

Cherokee ·

Maroela kan mos sy naam agterstevoor skryf in die berigte.

Johan ·

Sò jammer die doodstraf vir verkragting is afgeskaf!!!! So ‘n vent moet swaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.