Maserati-boewe ontvoer twee werkers

Die handelaar waar die voertuig gesteel is. Foto: Via @Medi_Response / Twitter

Twee werknemers van ʼn Maserati-handelaar in Johannesburg is Saterdagoggend ontvoer toe een van dié luukse voertuie by die handelaar gekaap is.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:00 by die handelaar in William Nicolweg, Bryanston, in die noorde van die stad, plaasgevind.

“Die werknemers was op die perseel en was op pad om brandstof in twee voertuie te gooi, toe vyf gewapende mans hulle genader het. Die mans het die werknemers gedwing om agter in ʼn wit Maserati Levante sportnutsvoertuig te klim en het met hulle weggejaag terwyl die ander voertuig op die perseel agtergelaat is,” het Makhubele gesê.

Die werknemers is sowat ʼn uur later in veld in Bassonia in die suide van die stad vrygelaat. “Die werkers is ongedeerd en kon daarna hul werkgewer bel en hulp ontbied.”

Die mans het hul verklaring aan die polisie afgelê toe hulle veilig terug by hul werkplek was.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Volgens Makhubele is die voertuig ook nog nie opgespoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Voorlaaier ·

Daar is darem nie baie van hulle op di pad nie..so di publiek behoort hom vinnig te sien

Skepties ·

Wonder darem so in my siniese enigheid of dit nie ‘n inside job was nie…rustig afgelaai en toe hulle werkgewer geskakel? So teen ons land se algemene vlak van ordentlike rowers.

Piet Pompies ·

Soos bo genoem, wil voorkom of dit ‘n inside job is…

Siener van Melbourne ·

Een of ander ‘ma-se-laatie’ steel toe n Maserati!

Groenie ·

Jip defnitief.In SA kry mens nie oordentlike rowers nie.Het hulle van hulle EIE selfone af gebel? Was dit nie ook gesteel nie?Begin maar die ondervraging by die twee werkers sou ek se.Ondevra hulle apart.

Robert ·

Ek dog net arm, verontregte mense steel. Ai, ‘apartheid’ was erg…….

Varkie ·

So duur kar behoort mos “tracker” in te he of het splinternuwe karre nie so iets nie ? Anders dink ek hulle het dit geweet en by dit baat gevind..

LB S ·

He he, skerp Justice. ☺ Maar dit ly vir my gladnie na ‘n Maserati nie, dit lyk na net nog ‘n 4×4, so ek sal sommer bo-oor hom kyk.

Werner Herselman ·

Ja nee kyk ek stem, hier is gans en al op die oog af te veel rooi vlaggies wat op skiet met die insident se gebeure. Hulle kan maar intern begin en sal nie vêr en lank hoef te soek nie. Wat my wel tussen die oë slaan is dat daar sewe mans in een so tiepe kar rond ry en nie een Burger dit nie raak sien en rapporteer as verdag nie.

Wie glo dit! ·

INSIDE JOB!
Daai 2kies kon mos nou nie net daar gelaat word nie..
Hulle is ook geplaas sodat daar verkeerde rigting van di karred ook moes deurgee..
Rerig…

SARIE VAN HEERDEN ·

So ‘n duur motor kaap en steel! Waar gaan hy van die hand gesit word en as hy na buurlande geneem word kan hy mos by die grenspos vasgetrek word. Of miskien hom opkap en sy spaarparte verkoop? Aan wie? Erens ruik ek ‘n rot. ‘n Ontbinde een.

SARIE VAN HEERDEN ·

Geen kommentaar op hierdie berig na 13 ure? Is dit ‘n aanduiding dat nuusberigte nie meer so insiggewend en nuuswaardig is dat mense dit nie meer lees en kommentaar lewer nie? Dit sal jammer wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.