‘Mashaba moet nou vasstaan by beginsels’

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê die nuutverkose burgemeester van Johannesburg, Herman Mashamba, kan bydra tot ʼn florerende ekonomiese hoofstad indien hy by sy oortuigings hou.

Mashaba is Maandagaand tot die nuwe burgemeester van die Johannesburg-metro verkies, nadat hy die voormalige burgemeester, Parks Tau, met 144 stemme teenoor 125 uitgestof het. Solidariteit het Mashaba met sy verkiesing gelukgewens en gesê dit is van kardinale belang dat hy sekere kwelpunte, soos korrupsie, meriete-aanstellings en die bevordering van ʼn vrye mark daadwerklik moet aanpak.

Dr. Eugene Brink, politieke ontleder by die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Mashaba se woorde ná sy verkiesing beklemtoon deur saam te stem korrupsie moet die metro se grootste vyand wees. “Die omvang van vermorste en vrugtelose besteding wys tenderpreneurskap het gedy in Gautengse metro’s, terwyl alledaagse korrupsie deur staatsamptenare ook ʼn groot probleem is,” het Brink gesê.

Hy het benadruk meriete moet in die aanstellings en behoud van amptenare seëvier, terwyl goeie bestuur voorrang moet geniet. “Aanstellings op grond van ras en politieke affiliasie moet einde kry, sodat die beste mense die inwoners met hul kennis en vaardighede kan dien. Hiermee saam moet swak en lomp bestuurstelsels uitgerangeer en verbeter word, sodat operasionele doelwitte so goedkoop en doeltreffend as moontlik bereik kan word.”

Volgens Brink moet die staat se rol en grootte terselfdertyd ingeperk word. “Baie poste, veral in die groot metro’s, is onnodig en is slegs geskep sodat iemand werk kan hê sonder om aan die koste vir die belastingbetaler of die werklike doel van hierdie poste te dink. ʼn Deeglike oudit van die noodsaaklikheid al dan nie van alle poste moet weldra uitgevoer word.”

Brink het voorts gesê beide Johannesburg en Tshwane se administrasies sal met die sakesektor moet vriende maak en deur die vrye mark ʼn bemagtigende en bevorderlike omgewing skep vir klein ondernemings om sake te doen en werk te skep.

“Die staat moet uiteindelik meer werkende en betalende inwoners skep sodat dienslewering van hoogstaande gehalte kan wees, maar terselfdertyd moet nie te veel in die inwoners se lewens ingemeng word nie,” het Brink verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anti DA ·

As dit realiseer word ek pro DA maar met die EFF in die samewerkingsooreenkoms is sien glo

Cherokee ·

Die titel van die berig sê dat Mashaba moet vasstaan by beginsels maar dit lyk asof jy maar wankelrig is.

Koos Koek ·

Nee wat ons het nie negatiewe mense soos jy in die DA nodig nie. Gaan vra maar vir die FF Plus om jou te help. Verder se ek net sterkte aan alle DA raadslede ook die Afrikaans sprekende DA raadslede. Nou moet julle uithaal en wys. Sterkte want dit gaan nie maklik wees nie.

Katrien ·

Mnr Mashaba,ek wens jou alles van die beste toe.jy het my steun

Grap ·

Ons noem hom sommer Harry solank hy nie soos Sputla te werk gaan nie.

Jan ·

Ja, dit gaan ‘n stormagtige DA/EFF huwelik wees. Maar dis hopelik beter as die ANC eensaamheid.

Koos1 ·

JA, jinne maar soveel rassisme het ek lanklaas gehoor! Herman het uit niks uit ‘n sakeryk opgebou. Hy hoef nie die politiek te betree het nie, en ten laaste het hy die nie vir geld gedoen nie, ek dink hy het genoeg daarvan. Ek glo hy sal sy besigheids sense oordra na die Metro, want om ‘n Metro te bestuur is soos om ‘n besigheid te bestuur.
(Ek wens iemand kan die beginsels in Nr.1 se kop in kry!)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.