Maties-betoging: Klasse en toetse ontwrig

Veiligheidspersoneel staan wag by US. Foto: Percivale Young/eNuus/Twitter

Veiligheidspersoneel staan wag by US. Foto: Percivale Young/eNuus/Twitter

Toetse en klasse by die Universiteit Stellenbosch (US) is Vrydag ontwrig en moet herskeduleer word nadat betogende studente die kampus tot ʼn stilstand probeer dwing het.

Betogende studente het op die kampus rondbeweeg en probeer om kombuise te sluit en werkers te kry om by die protesaksie aan te sluit. Die studente het toegang tot sekere akademiese geboue verkry en klasse en toetse is ontwrig.

“Studente het ʼn reg op vreedsame protes, maar nie om geboue te beset, klasse en toetse te ontwrig of ander te dreig of aan te rand nie. Ons het opgetree om studente, personeel en geriewe te beskerm in belang van die akademie,” het prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier, gesê.

ʼn Groot aantal studente het ʼn massavergadering op die Rooiplein bygewoon, waartydens ʼn stel eise aan die bestuur, verteenwoordig deur die studentedekaan, Tonia Overmeyer, oorhandig sou word.

Volgens die US het dit op die vergadering duidelik geword dat Stellenbosch-studente en studente van ander universiteite verskil in hul benadering tot protesaksie. “Inligting dui daarop dat studente van ander universiteite meen die US-studente was nie selfgeldend genoeg nie. Die universiteit monitor die situasie en sal optree waar nodig, om personeel, studente en universiteitseiendom te beskerm.”

De Villiers het gesê die universiteit bly daartoe verbind om met studente in gesprek te tree oor studentegeld en ander kwessies. “As universiteite nie gegradueerdes kan lewer nie en nie nuwe kennis kan produseer nie, sal ons almal slegter daaraan toe wees. Laat ons dus almal saamwerk om te verseker die akademiese jaar word voortgesit en suksesvol afgehandel.”

AfriForum Jeug het intussen ʼn dringende beroep op die bestuur van die US gedoen om onmiddellik op te tree teen individue wat gister per bus aangery is om op die kampus te betoog.

Volgens die organisasie se inligting is dié individue nié studente aan die US nie. Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale woordvoerder, sê die universiteit moet ingryp om die regte van ingeskrewe US-studente te beskerm.

“Dit is duidelik uit die eise wat die moeilikheidmakers aan die universiteit gestuur het, dat hierdie gewelddadige optrede lankal nie meer net oor klasgelde gaan nie. Die betogers is besig om ʼn politieke agenda te dryf, wat daarop gemik is om die instellings te ‘Afrikaniseer’ wat uiteindelik op totale verval sal neerkom.”

Volgens Mostert het die “militante groepe” onder meer die onmiddellike opheffing van interdikte teen betogers geëis. “Hulle het ook geëis dat alle vorige studieskuld vir studente wat uit huishoudings kom wat minder as R600 000 per jaar verdien, afgeskryf word en dat die US die versoek vir massavergaderings en -optogte oor gratis, gehalte-, gedekolonialiseerde en swartgesentreerde onderwys moet ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kleintjie ·

Ons moes ‘n paar jaar gelede BETAAL vir ons kinders se studies. Op ‘n stadium 3 gelyk op universiteit gehad en ons was maar net polisiebeamptes.
Waar kom die GRATIS naskoolse opleiding dan nou skielik vandaan? Wat gaan soek hulle op universiteit as die ouers dan nou te arm is?
Ag nee magtag!!!!

Sakkie ·

Wim de Villiers is ‘n slapgat tweegat jakkals. Hy moet met dieselfde energie betogende mense aanspreek as die 2 dames wie se gesigte geverf was vroeër vanjaar.

abba ·

De Villiers beteken so niks nie. Hy praat maar dit is net wind. Weet nie wat die skepsel daar maak nie. Hy het alle respek verloor en sonder respek is jy n nul want dan kan jy nie lei nie. Dit is so duidelik soos daglig. Die skepsel moet verwyder word en vervang word met iemand wat respek afdwing en wat rugraat het.

-Jack ·

Daar is baie ouers wat baie geld betaal om op vir hulle kinders op US te studeer. Mense wat hard werk, partykeer twee werke het on vir die studies te betaal.
Di wat klasse ontwrig jaag hulle weg.

E. M ·

Ek voel so jammer vir die studente wat soveel ontwrigting en bykomende spanning moet verduur, en vir die ouers en voogde wat bloedsweet om hul studies te betaal!

Pro-Afrikaans ·

Raak eerlik asb. Naspers en hul Stellenbosse meelopers gee voor dat die US nog as Maties en as ‘n Afrikaanse universiteit bekend staan. Dit is hoegenaamd nie meer die geval nie. Hulle probeer net hul finansiële belange beskerm. Die nuwe aanstellings en studente praat almal van Stellies en die onderrigtaal is volledig Engels. Die Afrikaans op die geboue sit nog net vir die versiering daar. Moenie julle langer verknies oor die plek nie. Dit is wat gebeur wanneer daar teveel toegewings tov van taal gemaak word. Alle waarskuwings is verontagsaam. Akademia, ons nuwe private Afrikaanse universiteit, verdien nou al ons hulp, bystand en ondersteuning. Ons moet werklik nou afsluit wat Stellenbosch betref.

Boela ·

P-A, jy is helaas heeltemal reg. Hierdie spul ‘studente’ dryf ‘n politieke agenda. Wat is ‘gedekoloniseerde’ en ‘swartgesentreerde’ onderrig anders as ‘n verwerping van die kulturele en historiese fondasie wat Stellenbosch tot onlangs toe nog ‘n gerekende universiteit gemaak het? Nou het dit die tuiste geword van ‘n groep radikale wat net afbreek, vernietig en uitwis, maar duidelik nie in staat is om konstruktief en in vreedsame naasbestaan op te bou nie. Ek is nie bereid om my kinders, wanneer die tyd kom dat hulle naskools moet studeer, aan sulke onverdraagsaamheid en wrokkigheid bloot te stel nie. Ek sal definitief strategies kies wanneer dit by my kinders se naskoolse onderrig kom. En as enigiemand my daaroor van kulturele of intellektuele apartheid wil beskuldig, is hulle welkom. Ten minste weet ek dat my kinders hul naskoolse studies in ‘n veilige en akademies-gefokusde omgewing sal voltooi.

Andre ·

Naspers en liberale-wittes het juis bygedra om AFRIKAANS uit te werk by US.

Stephen ·

Gratis onderwys is miskien moontlik . Verminder die studente met 50% en laat net toe die wat presteer en wil studeer

Lance ·

Kom net so gou moontlik daar weg dis geen omstandigheid waaraan n student bloodgestel moet word as dit so gaan …mens kannie presteer nie !

Andre ·

Interessant hoe rugraatlose bestuur terugsit en toelaat dat enkele belhamels die harde werk van die meerderheid studente ondermyn. Tyd dat die ‘bestuur” dalk voor hof gebring word en persoonlike eise teen hul ingestel word.

Dabo ·

Beloftes skep verwagtings en beloftes maak skuld. Die regering het sonder beplanning beloftes gemaak wat duidelik nie uitvoerbaar is nie. Die prys is doodeenvoudig te hoog om te veel studente toe te laat wat nie oor die akademiese vermoeens en deursettingsvermoee beskik nie. Baie van die protesteerders val in die groep wat nie hieroor beskik nie en wat heel moontlik nie gaan slaag nie. Nou wil hulle dit vir die wat hard werk ook onmoontlik maak om wel te slaag.Daar is ongelukkig baie jongmense wat ” universiteitsopleiding” as die maklike uitweg kies in plaas daarvan om eers ‘n werk te soek en te spaar om ook by te dra tot hulle studies. Ek glo die oplossing le daarin om versigtig beloftes te maak, strenger keuring toe te pas, die belhamels vas te vat en ‘n ultimatum te stel aan die wat nie presteer nie. Universiteite is nie staatsgesubsideerde vakansie oorde nie. Dit sal ‘n jammerlike oplossing wees as universiteite op aanbeveling van Mantashe gesluit word om vir die verwoesters ‘n les te leer.Dink aan die gevolge vir die land as daar vir ‘n jaar nie afgestudeerdes tot die mark kan toetree nie. Dit sal ‘n enorme verlies wees en ‘n reuse onreg aan hulle wat hard studeer. Gratis onderwys is nie werkbaar vir almal nie. Help die wat oor die vermoee beskik en deur hulle prestasie en vordering toon dat hulle regtig wil.

Sarie ·

Die betogers het my niggie wat op US besig met haar MSc nou die dag toe sy by die bib verby stap toegesnou “settler” Wonder of daar ‘n universiteit sonder die settlers sou gewees het.

Christo ·

Good luck to Mr de Villiers and the university of Stellenbosch!

snoefie ·

hulle sit vir jare gratis op varsity. meeste grade word oor drie jaar bekom. xdaar is gevalle (soos medies) wat twee grade verg. elke jaar verander hulle van rifting omdat hulle alle vakke met die vorige kursus gedruip het en kry stores Bob weer toelating. die universiteite bring due twak oor almal met hulle ruggraatloisheid.

dea ·

Andre jy is heeltemal reg. Die Bestuur is die probleem. Dit het n probleem geword toe ene Wim sy verskyning gemaak het. Hy het van dag een betogings aangemoedig en nou het hy n monster ” create” wat buite beheer is. Hy en sy Bestuur maatjies is ewe skuldig. Die studente wat wel leer ly ongelukkig daaronder. Ek hoop hulle besef dat hulle nie respek afdwing nie en sonder respek is jy n nul en n niemand.

Bekkie ·

Uniersiteite sluit! Wat van ons kinders Wat by hulle finale eksamen in hulle finale jaar staan. Ons bars on studiegeld te bekostig maar Ons kind werk hard En presteer. Studente soos Sy het die Reg tot reframe klasloop. Die universiteit moet hulle Beskerm teen hierdie betogers. Ons betaal daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.