Mduduzi Manana bedank ná aanranding

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, het bedank.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder in die presidensie, het Saterdagoggend bevestig dat Manana sy bedanking ingehandig het.

Ngqulunga het in ʼn verklaring gesê sy bedanking is deur pres. Jacob Zuma ontvang en aanvaar.

“Die president het Manana bedank vir sy bydrae tot die werk van die regering gedurende sy ampstermyn,” het hy gesê.

ʼn Koor stemme het vroeër geëis dat Manana moet bedank óf afgedank word nadat hy in Augustus betrokke was by die aanranding van ʼn vrou in Cubana in Fourways.

Die voorval het vroeër in Augustus in ʼn kuierplek in Johannesburg plaasgevind ná ʼn hewige woordewisseling oor wie pres. Jacob Zuma glo moet opvolg. Die vrou het blykbaar aangevoer Manana is gay voordat die beweerde aanval plaasgevind het. Die woordewisseling het glo ook buite in die parkeerterrein voortgegaan. Die aanranding is by die Douglasdale-polisiestasie aangemeld.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan Mandisa Duma, haar familie, die regering en alle Suid-Afrikaners, veral vroue, rakende die voorval die afgelope naweek,” het Manana ná die voorval in ʼn verklaring gesê. “Ongeag die uittarting moes ek van beter geweet en beheer uitgeoefen het. Die voorval moes nooit plaasgevind het nie.”

Manana het op 10 Augustus in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Kom ons wees eerlik met mekaar hy sal net weer sy verskyning in ‘n ander pos en hoedanigheid sy verskyning maak as herontplooide kader.

Andre ·

Presies. Hy sal moontlik in ‘n ministerspos of hoof van een of ander departement aangestel word.

Cherokee ·

Ek hoop die volgende kommentare gaan minder swartgallig wees.

Basjan ·

Cherokee, moenie die raskaart uitpluk nie. Mote hulle dan witgallig wees?

Cherokee ·

Nee Basjan, slegs meer kleurvol as die huidige kleurlose kommentare.

Willa ·

Mooi man, goed om te sien dat hy ten minste nie sy sin gekry het nie

Eish ·

Dis die eerbare ding om te doen, indien dit sy eie besluit is. Baie lank getalm. Minstens kan die vervolging nou voortgaan.

Boetman ·

Hy sal niks oorkom nie. Hulle beskerm mekaar in sulke tye

andrea van vuren ·

Hy kan maar gaan. Niemand gaan hom mis nie. Soos ek verstaan het hy maar min uitgerig, baie partytjies gehou en saam met die blouligbrigade rondgejaag.

Freud ·

En waar is sy volgende possie?
Nie dat ek nou iets impliseer nie. Ek vra maar net heel onskuldig met my tong in my kies.

Tiger ·

Kan zuma nie ook die’ eerbare stap neem Manana se voorbeeld volg nie?DIT sal ‘n geskiedkundige dag in die’ land se geskiedenis wees!

Ekke ·

Zuma sal nooit bedank nie!!! Hy s te geldgierig en sy Guptatjies sal dit ook bie toelaat nie! Hulle lot verloor dab te veel! Dink net?

Johann Marx ·

Gmph!! Arme klomp verbitterde Suid Afrikanertjies….wat de hel? As die man nie bedank nie, dan lees die “kommin”-tare: “Nes ons gedink het, NIKS het met hom gebeur nie!” As die man bedank” “Ag, hier sal weer NIKS van kom nie, hy’s volgende week in ‘n ander pos!!” As die man op borgtog vrygelaat word? “Ja, jong, kry sommer net borgtog….as hy WIT was was hy toegesluit!!” As hy nie borgtog kry nie? “Ja, NES ons gedink het….wag net tot almal vergeet hiervan en dan word hy na twee weke seker weer vrygelaat!!” Wat op dees aarde sal julle almal “gelukkig” maak? My pa het altyd gesê “Ontnugtering, is die wreedste leermeester!” Ek raak al hoe meer ontnugter met my eie mede blanke Suid Afrikaner…..

Sê maar net ·

Nou wat wil jy hoor Johann Marx? Wil jy ook in die gehoor gestreel word? As die mense se kommentaar jou irriteer moet dit nie lees nie. Klink my jy het niks beter om te doen as kla oor kleinighede nie

Chris W ·

Johann, om volstruis te speel oor werklikhede wat dagliks in Suid Afrika onder die anc regime plaasvind soos baie ander mense gaan jou niks in die sak bring nie.Maar nou ja jy’s geregtig op jou standpunt soos ek oor myne.En so trek ons elk in sy eie rigting.Een ding is seker,die waarheid van wat dagliks plassvind mbt dubbel standaarde wat die wetstoepassers dagliks toe pas kan nie betwis word nie.Sela.

Cherokee ·

Johann Marx, lees my kommentaar in opvolg van die heel eerste kommentaar. Dit was voordat ek joune gelees het. Ek is net so geïrriteerd soos jy met dieselfde rympie oor en oor. Elke keer dieselfde met net ander woorde. Dankie dat jy dit gesê het; nou weet ek dat dit nie slegs vir my frustreer nie.

Johann Marx ·

Sê maar net, wat ek NIE wil hoor nie, is hierdie konstante rympie, wat net elke keer deur ‘n ander sanger gesanik word. Het die man homself wan gedra? Ja. Word hy daaroor vervolg? Ja. Gaan die blanke Suid Afrikaners in massa as “vroue-liga, jeug liga, ens.” by die hof opdaag en “eis” dat hy gevonnis word? Nee. Ons doen nie dit nie….ons sit en piep op Maroela Media….en maak nie saak WAT gebeur nie, daar sal altyd iemand wees wat ‘n sarkastiese opmerking maak soos “Kyk nou weer….as hy wit was, was hy toegesluit….Wat van al die plaasmoorde?….Die regter is seker swart?…Hoekom is die DA so stil?….Hy sal seker oor ‘n week na ‘n ander pos bevorder word…want dis mos soos “hulle” is….Wanneer gaan die regering so oë oopgaan?….Bring die doodstraf terug!!…Hahahahaha….ek ken al elke rympie wat hier gepiep word. Nou wag ek in spanning dat daar begin word met ‘n “aksie” om jou eie omstandighede te verbeter. Maar dit klink teveel na werk….dis makliker om ‘n debiet order te teken vir Afriforum of Solidariteit….en by elke berig vir hulle “SA!!! Vat hom!!’ te skree. (En net so tussen ons, het jy opgelet hoeveel “flack” hulle kry omdat hulle juffrou Engels se saak gevat het teen Mev Mugabe?)

Danie ·

Organisasies soos Afriforum en burgerlike instansaies moet hom dophou en die instansie opfoeter as hy weer wrk kry.

Johannes van Staden ·

Beteken dit nou volgens die anc as jy bedank dan word jy nie vervolg nie ? Hy moet vervolg word !

andrea van vuren ·

Ja Johannes. Hy sal nie vervolg word nie. So maklik soos dit!

Jana ·

Dis mos die selfde man wat tydens die plaasmoorde debat “bury them alive” geskreeu het? Wonder of die ANC womens league ook gaan protesteer tydens sy hofsaak, (en Mev. Mugabe)? Ha ha ha …ek glo nie. Vermoed ook ‘n doodse stilte, soos daar tans heers na Edward Zuma se uitsprake.

Cherokee ·

Die vrou wat deur hom aangerand is het dus die geveg gewen.

Ouboet 9 ·

Hy het blykbaar slegs bedank as adjunkminister. Nie as LV nie…

marie visser ·

Mnr Manana, dankie vir jou verskoning. Dis ‘n ware man wat soos jy in die openbaar verskoning vra en jouself geensins spaar nie
Ek skaam my vir van die bg. kommentaar. So dankbaar ek gaan eendag voor God staan en nie voor jul met jul verharde harte nie.

Dis eenvoudig ·

As jy dit nie wil hoor nie, mnr Marx, moet dit dan nie lees nie. So eenvoudig soos dit. Ons is weer nie lus vir jou negatiewe en onrealistiese kommentaar nie; dus lees ons dit nie.

Wonder ·

Die persone wat murmureer oor mense se geykte kommentaar moet ook besef dat dit soms die enigste emosionele uitlaatklep vir frustrasie is laat hulle asseblief begaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.