Meer leeus in Limpopo dalk vir moetie geslag

Een van die wit leeus wat op 'n plaas naby Stockpoort in Lephalale vergiftig voor die kop en pote verwyder is Foto: Heritage Protection Group - HPG, Facebook

Een van die wit leeus wat op ‘n plaas naby Stockpoort in Lephalale vergiftig voor die kop en pote verwyder is Foto: Heritage Protection Group – HPG, Facebook

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Skaars vyf dae nadat twee wit leeus op ʼn plaas in Limpopo vergiftig is voordat hulle koppe en pote verwyder is, is nog twee soortgelyke voorvalle by die polisie aangemeld.

Dit bring die aantal leeus wat die afgelope week vir hul liggaamsdele doodgemaak is op vyf te staan.

In die jongste voorval is ʼn bruin mannetjie en wyfie Maandag op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela vergiftig en geskiet voordat hul koppe en pote afgekap is.

Oor die naweek is twee wit wyfies op ʼn wildsplaas naby Stockpoort naby Lephalale (Ellisras) vergiftig voordat hul koppe en pote verwyder is. Die leeus is glo met Temik, wat in kos gemeng was, vergiftig.

Verlede week is ʼn bruin leeu, waarvan die geslag nie dadelik bekend is nie, op ʼn plaas naby Groblersdal onder soortgelyke omstandighede doodgemaak.

Die eienaars van die betrokke wildplase wou nie die name van hul plase bekend maak nie.

Die eienaar van die plaas naby Stockpoort het reeds ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting wat tot die suksesvolle vervolging van die oortreders kan lei.

Kenners van die HPG Spoorsnyers, Nasionale Dieretuin en Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is van mening die voorvalle hou verband met handel in die plaaslike moetie-mark. Die moontlikheid bestaan ook dat dit verkoop word vir handel op die Chinese swartmark. Otto het egter gesê dit is slegs bespiegeling en kan nog nie bevestig word nie.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Otto het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan kapt. Dave Retief van die Limpopo-polisie se provinsiale veediefstaleenheid bel by 082 319 9460.

Lees ook: Limpopo-leeuslagtings: ‘Moetie dalk vir kriminele’

WAARSKUWING: Die volgende foto’s is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

M'Lady ·

Hierdie leeus word vir geblikte jag geteel dis hoekom die eienaars nie hulle plase se name bekend wil maak nie. As dit nogal wit leeus is moet jy maar weet. Tien teen een n “inside job”.

Brenda ·

Dit is nie noodwendig waar nie. En al is dit waar, maak dit nie dit wat hier gebeur reg nie.

Gesiggie ·

Renosters word gejag vir hul horings? Nou Leeus… wat sal die rede agter dit wees, dit word gebruik vir n moetie… asb”’ so wat nou sal die kop gedeelte jou sterker maak… en die pote.. jou vinniger ? waar kom hul aan al die moetie nonsens, skere by hul voorvaders geleer… I am the Lion King.. I am strong…be course I have the spirit of the Lion in me… I took the moetie… ek hoop die eienaar kry vinnig die mense wat verantwoordelik is vir die sieklikke dade, wit leeus is so min om van te sien, en so n pragtigge dier… verdien dit nie..

Theresa B ·

Liewe genade tog. Wat is dit met diè spul??!! Idiote as jy my vra. Wessie, jy sal eers by my moet verby kom as ek hulle vang.

skaam ·

Wesens met NIKS tussen ore sal sulke optredes of gruwel dade verstaan.

Theresa ·

Dit word al hoe meer duidelik in ons land dat daar meer as een soort wese rond beweeg. Mense en bewegende wesens. Geen mens sal so iets doen nie. Hoop daar word baie moeite gedoen om hierdie booshartiges te vang. Moetie is outyds – waarom sou al die modernes nou nog steeds daarin glo? Of is die modern-look net aan die buitekant?

TP ·

Ek wonder net…..die gif wat gebruik was om die diere dood te maak, moes verseker deur die arme dier se liggaam gaan om hom/haar dood te maak. Nou gaan die idiote diè besmette liggaamsdele gebruik (indien dit vir die doel is) om aan mense in die vorm van medikasie te gee. HOW STUPID!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.