Meisie (7) verdrink amper

Foto: Rescue Care

ʼn Sewejarige meisie is in die hospitaal nadat sy Saterdag amper in die swembad van ʼn hotel in Umhlanga in KwaZulu-Natal verdrink het.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was die meisie in ʼn kritieke toestand. ʼn Dokter wat op die toneel was, het noodbehandeling op die meisie toegepas nadat sy uit die swembad gehaal is.

Volgens Lennox is die meisie aan ʼn ventilator gekoppel en is daar weens die aard van haar beserings besluit om ʼn helikopter te ontbied om haar na ʼn hospitaal te haas. Sy is na die Durban-hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Die presiese besonderhede oor hoe die meisie in die swembad beland het en die voorafgaande gebeure word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

André ·

Ai. Kinders moet nie alleen of sonder konstante toesig naby ‘n swembad toegelaat word nie. Nie eers net vir ‘n kort rukkie nie. Baie sterkte!

vicky ·

My pa het altyd gese… hy soek nie n swembad nie want ander mense se kinders kom speel daar en verdrink in jou swembad en jys die een wat sleg voel. STERKTE AAN DIE OUERS MET DIE BETERSKAP WAT VOORLE

SARIE VAN HEERDEN ·

Vicky, so ‘n waar se-ding van jou pa. Ons beste vriende se laatlam2 jarige seuntjie en sy pa se naamgenoot het soos blits (en toesig van sy tiener sussies) skielik die waaksame oe van mense om hom ontglip en in ons swembad verdrink. Dit het nie eens 5 minute (indien so lank) geneem om te gebeur. Dis meer as 40 jar gelede en steeds is ons vriende met die ouers maar as hul by ons kuier sit ons in die sitkamer en nooit weer agter op die stoep oorkant die swembad nie.

Marina Staub ·

Gelukkig was my ma by die swembad om die klein dogtertjie te kon sien en haar te kon help. Die Here is goed en hy beskerm almal daar buite en engele is verskuil tussen ons.

Antoinette de Greeff ·

Was daar nie reeds n voorval waar n kind in n hotel swembad beland het nie. Hoop nie dit is by dieselfde hotel nie. Verder is ouers verantwoordelik om te alle tye toesig oor hul kinders te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.