ʼn Onderwyser van die Wes-Kaap en sy vrou is albei gewond toe hulle Sondag in die vroeë oggendure deur gewapende rowers in hul huis in Melkbosstrand geskiet is.
Renier Basson, ʼn wiskundeonderwyser by Laerskool Goodwood Park, en sy vrou, Nicoleen, is Sondag omstreeks 01:30 deur drie gewapende rowers oorval nadat die boosdoeners die diefwering van ʼn kombuisvenster oopgebuig het om toegang tot die huis te kry.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Basson en sy vrou is beseer en verskeie items, onder meer ʼn televisiestel, juweliersware, skootrekenaars, selfone en ʼn kluis met twee vuurwapens daarin, is gesteel. Maroela Media verneem hulle was lank vasgebind terwyl die rowers in die huis besig was.
Rosemarie Marais van Laerskool Goodwood Park het aan Maroela Media gesê Nicoleen is tydens die rooftog in die been geskiet, terwyl ʼn koeël Renier skrams teen sy voorkop getref het. “Renier het gesê hulle het na sy gesig geskiet, maar hy het sy gesig weggedraai en die koeël het hom net skrams bokant sy oog getref. Hy moes steke kry, maar dit was gelukkig net ʼn vleiswond,” het sy gesê.
Volgens Marais sterk die egpaar tans by die huis aan en gaan dit onder omstandighede goed met hulle. “Ons is baie dankbaar dat hulle nie ernstiger beseer is nie. Dit kon soveel erger gewees het,” het sy gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Is die kluis nie veronderstel om vas gebout te wees teen die muur nie?
Dit was heel moonlik vasgebout gewees….
Verstaan nie hoekom sommige mense altyd fout wil vind by die slagoffers nie. Hulle diefwering was ook vas…..
Weer so bietjie inside information deur huiswerker uitgegee?
Bly julle is veilig die wapens moes vir julle gebruik gewees het nie in kluis.Asseblief mense as hy daar is om jou te beskerm hou jou vuurwapen naby.
Sterkte daar.
Skokkend! Bly julle is veilig. Ek woon in die omgewing en dit was weereens ‘n “wake-up call”.
Dit is baie slegte om die tipe goed te lees, maar wat my die meeste vang van dit is dat ons dankbaar is dat hulle nie ernstig beseer is en dat dit baie erger kon wees. Dit is nie veronderstel om in die eerste plek te gebeur nie… Die rowers en moordenaars van ons land weet hulle hoef nie verantwoording te doen vir hul dade en indien hulle wel gevang word en tronkstraf kry, betaal ons inelkgeval daarvoor. Die straf is oor die algemeen te lig.
Wonder of die media iets gaan doen aan Tesh Ndlovu as ek dit reg spel .. met al sy haatspraak..
Hoekom teiken hulle nou die Kaap? Gauteng is erg genoeg.
Iemand wat skryf as pietser het paar dae gelede gesê dit gebeur nie in die Kaap nie.
Hey ons nodig n breather in gauteng. As hulle die Kaap teiken dan kan ek een nag deurslaap
Sarel Booysen,,jou kommentaar het ‘n klein smile op my gesig gebring maar ook trane…so oor die land se misdaad..ons Kapenaars moet nou wys hoe staan ons saam…
Marinè Lourens… jy’s my heldin! Jy is ‘n joernalis so na my smaak… soos jy sê, hulle is rowers. Ek weet nie hoeveel lesers opgelet het maar jý praat nie van verdagtes nie maar van rowers.
Skokkend!! Ek is jammer om van julle trauma te lees!!!
Ek wil graag vra oor die alarm stelsels. Was daar een? Wat was die reaksie eenheid se tye ens. As daar een was, het hy af gegaan of was hy gedeaktiveer?