Metrobeampte-video: Motoris nou ook aangekla

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die motoris wie se selfoon na bewering tydens ʼn onderonsie met ʼn beampte van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) uit sy hand geklap is, word ook nou strafregtelik aangekla.

Maroela Media het vroeër berig Diederick Stopforth het verlede week ʼn video op sosiale media gedeel van ʼn EMPD-beampte wat hom op die R24 in Edenvale voorgekeer het. Stopforth beweer die beampte het aggressief teenoor hom en sy vriendin opgetree en onregmatig sy bestuurslisensie afgeneem.

In die video wat Stopforth met sy selfoon geneem het, kan daar gehoor word hoe hy die beampte vir sy naam en rang vra, voordat die beampte skynbaar die selfoon uit Stopforth se hand klap. Stopforth beweer die beampte het ook sy vriendin se selfoon uit haar hand gegryp en dit stukkend gegooi. Haar vingers is in die proses gesny.

Stopforth het later ʼn klag van aanranding teen die beampte aanhangig gemaak en die EMPD se integriteit-en-standaarde-eenheid het ook ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

Stopforth het egter Maandag aan Maroela Media bevestig daar is ʼn aanklag van crimen injuria teen hom aanhangig gemaak en hy word ook daarvan beskuldig dat hy inligting van ʼn metrobeampte weerhou het. “Dit is natuurlik absolute nonsens. Ek het my bestuurslisensie aan hom oorhandig, wat hy toevallig nou nog het aangesien hy dit sonder my toestemming gevat het. Hy het ook my motor se registrasienommer afgeskryf, so watter inligting het ek weerhou?” het Stopforth gesê.

“As ek dan nou inligting weerhou het, hoekom het hy my nie op die plek in hegtenis geneem nie? Hoekom het hy weggery toe die beamptes van die SAPD daar aankom? Hy is die een wat nie vir my ʼn amptelike bewys wou toon van sy aanstelling as EMPD-beampte nie.”

Stopforth het gesê hy is gevra om Woensdag saam met sy regsverteenwoordiger by die polisiestasie aan te meld.

Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê hy is bewus daarvan dat daar aanklagte teen Stopforth aanhangig gemaak is, maar hy kon nie bevestig watter aanklagte nie. Hy het beklemtoon die aanklagte is deur die betrokke metrobeampte aanhangig gemaak en nie deur die EMPD nie.

Kgasago het gesê die EMPD is steeds besig met sy ondersoek na die voorval. Op ʼn vraag of die metrobeampte geskors is hangende die ondersoek, het hy gesê die EMPD skors nie net beamptes as ʼn lid van die publiek ʼn klagte indien nie. “Na gelang van die erns van die voorval mag ons dalk besluit om ʼn beampte te skors hangende ʼn ondersoek, maar in hierdie geval is niemand geskors nie.”

Hy kon ook nie bewerings dat daar nog twee aanklagte teen dieselfde metrobeampte hangend is bevestig nie. “Ek weet nie van nog aanklagte teen die beampte nie. Die integriteit-en-standaarde-eenheid sal daarvan weet indien dit die geval is.”

Lees alle vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sokkies ·

Dit is nou SO tipies van die regstelsel in SA. Die MOTORIS sal nou skuldig bevind word en die metrocop ONSKULDIG want hy het net sy werk goed probeer doen. Dit is tipies, dit is belaglik, het dit so verwag. Jy mag jou mag misbruik en soos ‘n vark optree teenoor die publiek, as ‘n lid van die publiek dit sou WAAG om terug te praat dan word hy aangekla en strafregtelik vervolg en die metrocop loop VRY anderkant uit, want hulle gebruik ONS belastinggeld om die cop mee te verdedig. BELAGLIK soos alles in SA. Die beampte is nie eers geskors nie, vreemd as hy WIT was sou hy al AFGEDANK gewees het. Hangende ‘n ondersoek? Daar gaan niks met hom gebeur nie, die enigste een wat gaan afchop is Stopforth, sterkte ou maat!

Jaques ·

Nou hoekom verras die berig my gensins nie…
Eintlik het ek gewag om te hoor van die kamtige teenklag komende van die vark wat homself ‘n geregs dienaar probeer noem.

Louis ·

Ek gaan waag om te sê dat die metro lid weer die raskaart gaan speel!

Geen vertroue ·

Die regstelstel in S.A. is in sy malle pekie in. Ek VERYROU GLADNIE MEER polisie beamptes OF verkeers beamptes nie.

Sêmaarnet ·

Mr Stopforth ek sal nie verbaas wees as hulle jou Woensdag by die polisiestasie in hegtenis neem en jy oornag in die selle nie. As ek jy is, stuur ek net my regsverteenwoordiger!

Asmain ·

Dis n ou truuk…ek dink hulle kan n persoon vir 48 uur aanhou voordat hy in die hof moet verskyn…hof sit nie op n naweek nie dus is die 1ste verskyning eers Maandag….

Smiley ·

Dis vreeslik dis ook nie die eerste keer dat die EMPD en SAPD van Edenvale die “headlines” maak dit was paar maande op Carte Blanche

Katryn ·

Die beampte moet mos nou so opgelei wees dat hy situasies kan ontlont. Watse nonsens is dit nou met ‘n teenklag. Ek kla al hoe minder oor my belasting. Dit sluit deesdae ook vermaaklikheid in.

willie ·

omgekeerde rassisme in die ergste graad ongelukkig ons voorland! troos jou ons mede goeie nieblankes kry net so swaar! hartseer situasie

Belastingbetaler ·

Waarom gee ons nog ons belastinggeld net so sonder enige verwagtinge vir beter en eerlike diens aan hierdie munisipaliteit en regering? Moet Ons nie begin eise stel nie?

gieljam ·

Sluit die selfoon in die hoofregter se kantoor toe dan kan dit gesteel word. Gelukkig het jy dit op sosiale media geplaas. Dit sal dus nooit kan verdwyn nie

Jaco ·

Iemand hierbo gebruik die uitdrukking “omgekeerde rassisme”. Oppas daarvoor. Dit skep die indruk dat rassisme eers net van wit mense af gekom het en nou eers deur swart mense gedoen word. Rassisme is bloot rassisme en kom wereldwyd onder alle rasse voor; ook rasse wat nie “wit” is nie

willie van der schyff ·

moes eindlik gelees het waarvan ons valslik van beskuldig was! maak ñ groot verskil jy is reg!

Annelize ·

Dis nou so TIPIES, dis om van naar te wil word. Die onskuldige wat opstaan vir sy regte sal altyd as die skuldige en verkeerde party uitgekryt word. Laat ek liewerster my mond verder hou…

Frannie ·

Jy moet jou besonderhede aan ‘n vredesbeampte gee as hy jou daarna vra. Hierdie “lid” het geen identifikasie gehad of sy aanstellingskaart gewys nie, dus is dit mos net ‘n “gewone lid van die publiek” en jy hoef hom geen info te gee nie.

Frieda ·

Soos altyd word niks daaraan gedoen en die” beampte ” is skotvry en onskuldig!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Mnr Stopforth word nou teen-aangekla na die onderonsie met die metrobeampte. Net na die berig verskyn het het ander Maroelalesers berig dat hulle ook ‘n probleem met die beampte gehad het. Wat het nou van hulle geword?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.