Militêre man in hof ná skietery in verkeer

Marakalla (voor in die pak) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Jacob Marakalla, die militêre beampte wat na bewering vir Carine van Staden (28) in Augustus in die noorde van Pretoria ten aanskoue van haar verloofde geskiet het, het Donderdag vir die eerste keer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Marakalla, geklee in ʼn swart pak, het vlugtig op aanklag van poging tot moord voor landdros Mothloki Rapulana verskyn.

Staatsaanklaer Craig Snyman het versoek dat die saak na die streekshof oorgeplaas word. Rapulana het die aansoek toegestaan en die saak is tot 8 November uitgestel. Marakalla is op waarskuwing vrygelaat.

Van Staden was nie self by die hof nie. Haar ouers, Louise en Johan van Staden, grootouers, Louise en Phillip Myburgh, en verloofde, Johan Harmse (29), het die verrigtinge bygewoon.

Van Staden se familielede buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Haar pa het buite die hof sy misnoeë uitgespreek dat die saak so lank sloer. “Byna drie maande nadat my dogter geskiet is, loop die man nog steeds vry rond terwyl my dogter in pyn lewe,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Carine en Harmse was op 10 Augustus omstreeks 18:00 van Daspoort, waar hulle woon, op Harmse se motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig Harmse se motorfiets skrams getref en weggery het.

Die paartjie het hom agternagesit en by ʼn verkeerslig voorgekeer, waarna hy Carine glo op ʼn kort afstand in haar linkerbors geskiet het. Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Die weermaglid, vermoedelik ʼn motorbestuurder vir ʼn generaal, het glo aan die Sinoville-polisie gesê hy het gemeen hy word gekaap.

Aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied asook roekelose en nalatige bestuur teen die weermaglid aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is.

Die saak is intussen na poging tot moord verander en die man het in September kennis van die Nasionale Vervolgingsgesag ontvang om in die hof te verskyn. Hy is nooit in hegtenis geneem nie.

Van Staden moes intussen talle operasies ondergaan om haar wond te behandel en sy sterk tans tuis aan.

Lees alle vorige berigte oor Carine van Staden op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

MANIE ·

Nou waar is die optogte deur die anc vir die rassis by die hof. Skiet n persoon en op borg met waarskuwing. Boer in Brits weet hulle nie eens of hy n persoon geskiet het maar mag nie borg kry????

Boet Fasie ·

Simpel vraag , hoekom word hy op waarskuwing vrygelaat maar die KFC en Brits plaasboer word borgtog geweier en bly in aanhouding – word daar teen blankes deur die howe gediskrimineer of wat!!!!!!

Tanya Kruger ·

Nie eers nodig om jou vraag te antwoord nie want jy en ek en almal van ons ken daardie antwoord!

frans ·

Ek sien daar word verwys na n militere beampte, ek sou eerder se n militere misdadiger, maar nou ja net nog n hofsaak wat uitgerek gaan word,sy president word nie vervolg nie hoekom sou hy, en hulle weet dit

Speedguard ·

Ek hoop werklik die berig of inligting is verkeerd, waarom sou hul die ander sake trugtrek, die Poging tot moord saak staan op sy eie, versuim om stil te hou na ‘n botsing staan op sy eie asook die roekeloos en nalatig staan op sy eie, die klagtes moet bly hul kan en mag dit nie terugtrek tensy die aanklaer nie sy werk behoorlik doen nie! Die feit dat die man op eie verantwoordelikheid op borg is (Waarskuwing) dui duidelik daarop dat iets nie reg is nie!

Jacques ·

Ek dog poging tot moord is n ernstige misdaad ??? Kyk na die KFC en Doodskis voorval , daai mense sit in die tronk en word borg geweier . Hierdie karakter loop in die straat rond asof niks gebeer het nie , nou wat nou . Hoe verstaan ek die regstelsel ? Duidelik een rigting stelsel en dit neem nie n NASA wetenskaplike om dit agter te kom nie .

Besorgde ·

Was die situasie omgeruil dan was dit tronktoe sonder borgtog.
SA se hele regstelsel is n GRAP.

Pop ·

Ek dink ek moet afriforum bedank. Hoekom stuur hulle nie vir Nel om daai misdadiger vas te vat nie. Ek hoory aan die org. Omdat ek dink hulle kom op vir onheregtigheid teen wittes.

Frikkie (Nie pienk) ·

Poppie, Adv Nel werk nie vir peanuts nie. Afriforum betaal hom ‘n salaris om namens hul lede op te tree in verdienstelike gevalle. As jy dus nie ‘n betalende lid is nie, kry vir jou staatsregshulp.

Adam ·

POP, Gerrie Nel kan nie betrokke raak alvorens die staat besluit het om nie te vervolg en ‘n sertifikaat nolle prosequi uitgereik het nie. Gerrie Nel kan dus nie hier optree nie en enige kritiek teenoor hom of Afriforum is gewoon onvanpas. Regshulp is ook net vir beskuldigdes wat kwalifiseer volgens ‘n “means test”, en nie vir klaers nie.

Veronica ·

Kyk!! Nou sê ek nie meer n woord nie! As daar nog iemand is wat twyfel oor wat in hierdie land aan die gang is, is jy n bleddie fool!! Verskoon my engels!!!!

Siestog ·

Uiteindelik verskyn die SANW terroris in die hof – wow bortog en die Brits boer bly in aanhouding. Dan praat ons nie eers van die KFC en doodskis beskuldigdes nie.

Pop ·

Frikkie ek is n betalende lid, so jou sarkasme is onnodig. Wat jy dus sê is dat adv Nel net vir betalende lede sal optree.

Lee-Anne ·

Die 2 de Mei 2015 was my skoonouers in n masiewe motor botsing betrokke. Hulle was van die kerk af oppad huis toe toe n taxi my skoonpa aan sy kant tref. n Taxi het oor die stop teken in hulle vas gejaag. My skoonpa is aan sy beserings op die toneel dood en my skoonma was vir twee maande in n koma. My skoonma het breinskade op gedoen en sal nooit weer heeltemal die selfde persoon wees nie. Die taxi se insittendes het hier en daar seer gekry maar nie erenstig nie want die taxi het ge rol en die bestuurder se een oor was afgeskeer en sy been was gebreek. Dit het agterna aan die lig gekom die taxi het teen n spoed van 160km/h oor die stop gejaag in my skoonouers vas.
Wel n paar maande na die ongelluk het hy weer taxi be stuur. Daar was n hof saak waar hy n ” hou op doe hand” gekry het. R10 000 boete en hy bestuur vandag nog. Die rede volgens ons regstelsel die ongelluk was agv maintenance failure gebeur en die taxi bestuurder was nie voor af n krimineel nie. En dit alles na dat daar passasiers was wat gesê het die taxi bestuurder het roekeloos gery…. Ons regstelsel is in sy glorie in en is in die krimineel se guns geskryf wat hulle kom letterlik weg met moord.

Speedguard ·

Lee -Anne, die regsstelsel word werklik net met een oog toegepas, kry vir u ‘n goeie eerlike prokureur(wat skaars is,ek weet) maar is daar ook eerlikes, hy sal optree en eis teen die Padongelukke fonds, geld kan NOOIT jou geliefdes terugbring of die trauma spaar nie maar het julle nou alles nodig wat in plek is om dit maklikker te maak met jul skoonma,asook die begrafniskoste, dit sal ook nie jou frustasie wegneem nie maar lo my het almal in die Taxi ‘n eis ingedien vir een of ander besering asook trauma met “Pyn en Leiding”, sterkte ,ek hoop jy kom reg !

Peet J ·

Ek het so ‘n spesmaas dat die aangeklaagde ‘n baie ligte vonnis gaan kry die ander aanklagte teen hom is met ‘n doel weggelaat, waarom was sy vuurwapen nie gekonfiskeer nie hy skiet ‘n persoon wat nie eers ‘n wapen op hom gerig het nie maar verkeer onder die indruk dat hy gekaap word en na die skietery het hy nie eers die ordentlikheid om hulp vir die beseerde persoon te reël nie, ook was die polisie nie na die toneel ontbied nie .Ek dink hierdie is ‘n goeie saak vir AfriForum om meer vertroue by die publiek in te boesem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.